Wag maar, die Lions het nog niks bereik nie, want hulle het nog nie vanjaar teen die Nieu-Seelandse spanne in die Superreeks gespeel nie.
Alles vir Dinsdag 18 Julie 2017
Mandela-dag vandag wêreldwyd gevier
Nelson Mandela-dag word Dinsdag by verskeie geleenthede en op plekke reg oor Suid-Afrika gevier.
Nuuskommentaar: Het ons reeds onomkeerbare staatsgreep beleef?
Talle organisasies trek vandag saam om konferensie te hou, in wese met die hoofdoel om pres. Jacob Zuma uit die stoel gelig te kry. Kan dit die oomblik wees waar die moedeloosheid gestuit word omdat wetstoepassingsagentskappe skynbaar niks doen aan klagtes teen Zuma-beskermlinge nie?
Man (40) in hof ná hy glo vriend se dogter (12) verkrag
Die man het die meisie na ʼn agterkamer gesleep, haar mond toegedruk en haar verkrag.
Skermswewer tref huis
Die man het veelvuldige beserings opgedoen toe hy ʼn muur van ʼn huis tydens die skermsweef-poging getref het.
Man sterf toe motor hom teen boom vaspen
Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die man was tussen die motor en ʼn boom vasgepen by die aankoms van nooddienste op die toneel.
Gedagte vir die dag: Skakel die masjiene af
Verdra mekaar en as enigeen ’n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het. (Kolossense 3:13)