Ag nee! Die Romeine het Liederlix gevange geneem om vir Caesar as ’n geskenk te gee. En Caesar is van plan om hom vir die leeus te gooi. Daar is net een manier waarop Asterix en Obelix die dorpsanger kan red: hulle moet gladiators word!
Asterix die gladiator is die vierde boek in die gewilde Asterix-reeks.
Oor die vertaler:
Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R100-00*
*Prys onderhewig aan verandering