Boek: Mynhardt die moeilike kind

Michael Sussman

Mynhardt is ’n moeilike kind. Altans, so dink sy ouers. Toe hy probeer verduidelik dat ’n yslike slang hom lewend ingesluk het, sê sy ouers dat hy veels te oud is om hom sulke onsin te verbeel. Waar het hy daardie slangkostuum gevind en kan hy dit asseblief bêre? Wat moet arme Mynhardt doen wanneer sy ouers net nie na hom wil luister nie?

Oor die skrywer

Michael Sussman, ’n kliniese sielkundige en oorlewende van moeilike ouers, is die skrywer van die prenteboek Otto Grows Down en twee romans, Crashing Eden en Incognolio.

Oor die illustreerder

Júlia Sardà is ’n illustreerder van Barcelona. Ná afloop van haar studie het sy twee jaar lank as koloris in ’n ateljee gewerk wat handelsware vir Disney/Pixar vervaardig. Sy het daarna begin om vryskutwerk te doen. Sardà se werk strek van die ontwerp van konseptuele kuns vir rekenaarspeletjies tot kinderboekillustrasies. Sy het die geleentheid gehad om klassieke boeke soos Alice in Wonderland, The Wonderful Wizard of Oz en Charlie and the Chocolate Factory te illustreer.

Oor die vertaler

Rentia Bartlett-Möhl is ’n redakteur by Protea Boekhuis en het al verskeie kinderboeke vir dié uitgewer uit Duits, Nederlands en Engels in Afrikaans vertaal. Sy was ook verantwoordelik vir die vertaling van ’n reeks citybooks en radioboeke vir die Vlaams-Nederlands kultuurhuis deBuren in Brussel.

Genre: Prenteboek
Ouderdom: Vier tot agt jaar
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.