Boek: Ouma Voëltjie

Benji Davies

Dit is somer en Noi gaan by sy ouma bly. Ouma woon op ’n rots ver weg. Noi is eers nie baie opgewonde oor die kuier nie. Ouma doen vreemde goed soos om haar tande in ’n fles te bêre en sop van seewier te kook. En sy is altyd besig met iets en het geen tyd om met hom te speel nie. Een oggend sluip Noi uit op soek na avontuur. Maar daar kom ’n storm op, die gety kom in, en hy probeer sy pad na Ouma se huis terugvind. En dan oortref Ouma al sy verwagtinge!

Dit is ’n pragtige verhaal van ’n kleinkind en sy ouma wat ’n hegte vriendskap ontwikkel terwyl hulle windverwaaide voëltjies red.

Oor die outeur en illustreerder

Benji Davies het animasie studeer en werk deesdae aan ’n verskeidenheid projekte, wat onder meer prenteboeke, kort animasieprente en advertensies insluit. Sy eie boek The Storm Whale het die Oscar’s Book Prize gewen. Dit is deur Protea Boekhuis as Die stormwalvis uitgegee. Sy tweede boek, Grandad’s Island, deur Protea Boekhuis uitgegee as Oupa se eiland, het die AOI World Illustration Award in 2015 gewen, asook die Children’s Book of the Year-toekenning in 2016.

Genre: Prenteboek
Ouderdom: Drie tot agt jaar
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.