Feestyd-oordenking: ‘Die Here is by jou’

kruise_son_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: Pixabay)

“Die naam van die maagd was Maria. Toe die engel by haar kom, sê hy: ‘Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou.’ Sy was verbysterd oor die woorde en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken. Die engel sê toe vir haar: ‘Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en ʼn seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.’” (Lukas 1:27-33)

Ivor Swartz, jeugleraar by die NG gemeente in Oosterlig, Pretoria, herinner ons in sy feestyd-oordenking opnuut daaraan dat God met elkeen van ons is.

In sy boodskap sê Ivor dat daar twee belangrike betekenisse opgesluit lê in die feit dat God vir Jesus aarde toe gestuur het om by ʼn maagd, Maria, in Nasaret te kom stilstaan.

“Dit sê eerstens die Here is bewus van waardeur jy gaan en Hy is bewus van elke detail van jou storie. Daar is niks wat in jou lewe gebeur wat nie onder sy radar is nie. Die tweede roetemerker wat hierdie storie vir my en jou gee, is dat ongeag of jy ontsteld, verward of deurmekaar is, jy bly God se geseënde.”

Ivor se wens vir jou is dat jy die engel Gabriël se woorde aan Maria, soos wat dit in Lukas 1 geskryf staan, hierdie Kersfees jou eie sal maak.

“Moenie bang wees nie, want God het besluit om jou te seën. Somtyds is, lyk en voel daardie seën nie tasbaar nie, maar dit beteken nie dat dit waar is nie. Maak dié feesseisoen jou hande, hart en gesinslewe oop en sê: ‘Ek aanvaar ek is God se begenadigde en Hy het my geseën.’”

Kyk hier na Ivor Swartz se Feestyd-oordenking:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.