Luister: Só lyk stand van alkoholmisbruik in SA

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Kelsey Chance/Unsplash)

Volgens Willie Pienaar, wat meer as dertig jaar in die veld van verslawing gewerk het, is alkoholmisbruik ʼn probleem wat deur miljoene Suid-Afrikaners van alle ouderdomsgroepe en geslagte ondervind word.

“Almal wat te veel, te lank, te gereeld drink, kan ʼn alkoholprobleem ontwikkel,” sê Pienaar in die eerste episode in Maroela Media se podsendingreeks oor alkoholmisbruik.

Hy brei uit oor die sosiale en ekonomiese effek van alkoholverslawing op die samelewing, hoe algemeen verskillende vorme van alkoholmisbruik in Suid-Afrika voorkom, wie die meeste daardeur geraak word, en watter maatreëls in plek gestel kan word om dit te verhoed.

In die tweede aflewering van die reeks, gesels Pienaar oor wat as ʼn gesonde hoeveelheid alkohol-inname beskou word, en waar die grens tussen sosiale gebruik en verslawing lê.

Die reeks is gegrond op Pienaar se boek, Sober: ʼn Praktiese gids na vryheid van verslawing, wat deur Luca, ʼn druknaam van Lapa Uitgewers, uitgegee is.

  • Luister boaan na die eerste episode van Maroela Media se podsendingreeks oor alkoholmisbruik.
  • Sober kos R240 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek by Graffiti Boeke aan te skaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wonder ·

In die middel van die artikel kry ek n advertensie wat specials op alkohol het, interessant.

Pieter9 ·

Daar is nie iets soos ” ‘n gesonde inname van alkohol” nie; alkohol is GIF vir die menslike liggaam en moet geheel en al vermy word. Kan soveel navorsing, mediese joernale ens as verwysings gee as wat gevra word. Moet nie bemarkings-praatjies glo nie. As begin, kyk na die onlangse sensus opname om die sosiale impak van alkohol te sien dan praat ons nie eers van die fiesiese impak op menslike gesondheids-syfers nie. Niks goed aan alkohol verbruik, ongeag in watter ‘gewaad’ dit verpak word nie.

SjN ·

Die Ds spreek sy gemeente hard aan tydens erediens deur te se dat statistiek bewys het dat hul dorp die 2 de hoogste drankgebruik in die land het, waarop n wind dronk gemeente lid opspring en se vir die Ds dat hy persoonlik die manne sal aanspreek aangesien hulle nie settle vir n tweede plek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.