Skryfnet: Kry 50%-afslag op alle skryfkursusse op Swart Vrydag!

skryfnet-swart-vrydag.jpgAs jy nog altyd ʼn skryfkursus wou doen, maar dit nog nooit kon bekostig nie, is dit nou jou kans!

Hierdie Swart Vrydag sal jy 50%-afslag ontvang op enige aanlyn Skryfnet-kursus van jou keuse in 2023.

Al wat jy hoef te doen, is om tussen 25 en 28 November 2022 hier te klik (die skakel sal nie vooraf werk nie) om jou skryfdrome waar te maak.

Hier is ʼn lys van die opwindende kursusse wat vir 2023 beplan word en waaruit jy kan kies:

hans-du-plessis-02

Hans du Plessis in sy studeerkamer. (Foto: Nardus Nel)

Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns

Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns is ʼn inleidende, praktiese kursus in die skryf van verhalende prosa, met spesifieke verwysing na die skryf van ʼn kortverhaal. Dit is ontwikkel deur prof. Hans du Plessis. In hierdie kursus, wat gefasiliteer word deur Elzebet Stubbe, word deelnemers toegerus met die teoretiese kennis en praktiese vaardighede om ʼn eie verhaal te beplan, skryf en ontleed.

Dié kursus is agt weke lank en vind plaas van 27 Februarie tot 24 April én 24 Julie tot 18 September.

madri-2022-9.jpg

Madri Victor (foto verskaf)

Skryf ʼn Liefdesverhaal

Skryf ʼn Liefdesverhaal is ʼn praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van liefdesverhale. Dis ontwikkel en word aangebied deur die gesoute boekeredakteur, Madri Victor. Deelnemers sal aan die einde van dié kursus toegerus wees om ʼn boeiende verhaal te skryf.

Dié kursus is ses weke lank en vind plaas van 13 Februarie tot 24 Maart én 4 September tot 16 Oktober.

Skryf ʼn Kinderverhaal

Skryf ʼn Kinderverhaal is ʼn praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van kinderverhale. Dis ontwikkel deur Carina Diedericks-Hugo en word aangebied deur Nanette van Rooyen. Deelnemers sal aan die einde van dié kursus toegerus wees om stories te skep vir kinders tussen agt en 12 jaar oud.

* Dié kursus is ses weke lank en vind plaas van 17 April tot 29 Mei én 9 Oktober tot 20 November.

Gemeenskapsjoernalistiek

Gemeenskapsjoernalistiek is ʼn praktiese joernalistieke kursus vir diegene wat passievol is oor nuus en dit met integriteit wil oordra. Dit is ontwikkel deur Maroela Media en fokus op die fynere detail van joernalistiek, spesifiek in die digitale omgewing. Ná afloop van die kursus sal deelnemers gerat wees om gemeenskapsnuus doeltreffend weer te gee.

Dié kursus is tien weke lank en vind plaas van 15 Mei tot 24 Julie én 7 Augustus tot 16 Oktober.

Skryf ʼn Liedjie

Skryf ʼn Liedjie is ʼn praktiese kursus vir enigiemand wat graag liedjies wil skryf wat met die hart praat. Dit is ontwikkel deur kenners in die musiekbedryf en kombineer vier teorie-weke met ʼn praktiese tweedag-sessie om alle aspekte van die liedjieskryfproses vas te vang.

Dié kursus bestaan uit ʼn vier weke lange aanlyn sessie en twee dae lange praktiese kontaksessie en vind plaas vanaf 2 Mei tot 10 Junie. 

Deelnemers wat ʼn kursus voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia.

Vir meer inligting oor elke kursus, besoek ook Skryfnet se webwerf, stuur ʼn e-pos na [email protected] of volg ons op Facebook en Instagram

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.