Video: Selfbestuur is die enigste oplossing

Ernst Roet en Flip Buys bespreek die boek ‘Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur’. (Foto: ‘n Skermgreep uit die video.)

Te midde van al die talle uitdagings wat die Afrikaner kan kniehalter, is daar ’n werkbare oplossing, naamlik groter selfbestuur. Die feite spreek vanself – staatsbestuur het misluk in Suid-Afrika, maar nuwe werklikhede kan geskep word.

Boonop is geen goedkeuring van die regering hiervoor nodig nie en implementeer talle Suid-Afrikaners reeds dié moontlikhede deur die gebruik van, onder meer, privaat mediese dienste, privaat sekuriteit en privaat opleiding.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, en Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, bespreek die implementering van groter selfbestuur en die identifisering van ankergebiede waar die Afrikaner in groter hoeveelhede gekonsentreer is.

  • Maroela Media plaas elke Vrydag en Woensdag een van ʼn reeks van vyf video-onderhoude waarin Buys en Roets, enkele brandpunte wat die toekoms van die Afrikaner raak. Dié sake word volledig in Buys se nuwe boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur, uiteengesit. Die pad na selfbestuur word deur Kraal Uitgewers uitgegee en is hier beskikbaar teen R300.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Boeke, Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan Maritz ·

Hoekom dink julle wil hulle grond onteien want hulle is bang juis vir dit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.