Wen: Bennie Boekwurm se mooiste sprokiesboek

bennie-boekwurm-se-mooiste-sprokies-2

Drie lesers kan ʼn geskenkpakkie met ʼn eksemplaar van Bennie Boekwurm se mooiste sprokies 2 en ʼn Bennie Boekwurm-kussinkie wen. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Sleuteltjie, sleuteltjie op sag satyn, laat tog ʼn storie uit die boek verskyn!

Daar is generasie wat goed sal onthou as dié woorde gesing word, is dit storietyd en nou kan ʼn jonger geslag weer nader skuif om van die wêreld se gewildste sprokies te kom saamluister.

Hierdie keer is dit Rooikappie, die skoenmaker-kabouters, die dieremusikante van Bremen, Duimelina en Sneeuwitjie wat in die tweede boek in hierdie gewilde reeks met nog klassieke verhale verskyn. Bennie Boekwurm se mooiste sprokies is die ideale boek vir voorlees met slaaptyd.

Oor die skrywer en illustreerder:

Louise Smit woon in Duitsland. Sy is bekend vir haar suksesvolle kinderprogramme vir radio en televisie wat Wielie Walie, Haas Das se Nuuskas, Pumpkin Patch, Kideo en Mina Moo insluit. Louise het al verskeie pryse vir haar werk verower. Sy is ook die skrywer van boeke soos Die Bybel vir kleuters, Wielie Wielie Walie en Professor Fossilus en die dinosourusse

Johann Strauss het al vier ATKV-veertjies vir sy werk ontvang. Hy is ook in 2014 met die Media24-boekeprys bekroon vir sy illustrasies in die kinderboek In die land van Pamperlang. Johann woon tans in Pretoria.

  • As jy meer wil weet van kinderboeke, kan jy die Facebook-blad Storierak besoek en volg. NB-Uitgewers besit die blad en dra al die nuus oor oulike Afrikaanse kinderboeke wat ideaal is vir kinders tussen 2 en 10 jaar.

Uitgewer: Human & Roussseau

Prys: R160*

*Prys onderworpe aan verandering.

Die wenners is:

Baie geluk aan Charlene Bisschoff, Cara Otto en Marlené Veldman wat die wenners van hierdie kompetisie is. Julle geskenkpakkies word binnekort uitgestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.