Literator Ampie Coetzee sterf

Ampie Coetzee (Foto: Litnet)

Ampie Coetzee, ʼn letterkundige en emeritusprofessor in Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand en die Wes-Kaap, is op 15 Oktober in die ouderdom van 81 dood.

Coetzee het sy doktorsgraad in 1971onder leiding van NP van Wyk Louw voltooi. Sy gepubliseerde proefskrif oor “Ritme en skandering” is ’n deeglike ondersoek van dié aspek van die poësie.

Hy studeer verder by die Rijksuniversiteit van Ghent in België. Coetzee het later by die Universiteit van die Witwatersrand en die Universiteit van Natal in Durban klasgegee. Hy was ook ʼn gasprofessor in Duitsland by die Universiteit van Essen en in Nederland by die Universiteit van Utrecht.

Saam met Ernst Lindenberg en John Miles stig Coetzee in 1975 die onafhanklike uitgewersmaatskappy Taurus, wat hom ten doel stel om boeke uit te gee wat ander uitgewers weens die streng sensuurwette nie in belang stel nie. Vanaf die stigting van die uitgewer in 1975 tot met die ontbinding in 1990 is hy ’n direkteur daarvan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dries ·

Jammer om te hoor. Sou bitter graag wou hoor wat hy nou te sê het oor die gemors wat hy en sy Dakar maatjies help skep het

Dries ·

N ware intillektueel. N man wat meer woorde benodig om te vertel wat hy nie weet nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.