Woord: jansalie

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

Woord:
jansalie

Betekenis:
1 Iemand sonder fut en energie; lamlendige, sufferige persoon; lamsak: Hy is darem ‘n regte ou jansalie. ≈ Die man… wat nie durf kies tussen goed en sleg nie; die versigtige jansalie (N.P. van Wyk Louw).
2 Volksnaam vir Salvia dentata (fam. Labiatae), struik met vaalgroen blare en blou, tweelippige blomme in are gerangskik, met taamlike groot groen kelke wat blywend is tot die neutjies ryp word. In Garies opgeteken.

Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

VaalDonkie ·

UIteindelik na 22 jaar weet ek wat dit beteken. Baie dankie. Ek het die woord in ‘n Casper De Vries show gehoor en gewonder waar hy daaraan gekom het.

Nierkie ·

“Soos ‘n ou jansalie hurk hy in die hoekie, met ‘n allemintige bollie in sy broekie” het die meester Casper mos gesê

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.