Woord: kardoes

Foto ter illustrasie (Foto: congerdesign/Pixabay)

Woord:
kardoes

Betekenis:
1 (verouderd) Buskruitlading vir geskut, gepak in ʼn sak van katoen of papier of in ʼn papier- of metaalhuls, of kruitlading vir ʼn voorlaaiergeweer, gepak in papier.
2 Kleinerige, tuitvormig gedraaide papiersakkie vir lekkers, tabak, ens., of kleinerige papiersak met ʼn min of meer vierkantige vorm.

Waar kom dit vandaan?
In bet. 1 uit Ndl. kardoes (1593). Bet. 2 het in Afr. self ontwikkel. Volgens Scholtz (1972: 130) is kardoes tot die middel van die 18de eeu net as benaming vir ʼn houer van buskruit gebruik. Die kardoese vir die kruit is self in die 18de eeu gemaak. Die papier wat hiervoor gebruik is, is later ook vir ander doeleindes gebruik, bv. om iets in toe te draai. Die gebruik van kardoes in bet. 2 is volgens Silva (1996) in vroeë Afr. mntl. versterk deur Maleis cardus “kartondoos”. Eerste optekeninge in Afr. in bet. 1 by Changuion (1844) en in bet. 2 by Pannevis (1880).

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)   

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.