Woord: onkruidsig

Argieffoto. (Foto: White77/Pixabay)

Woord:
onkruidsig

Betekenis:
1
 Onnutsig: Ou Dominee wat so ʼn strik man is, dat sy kinders so onkruidsig kon wees! (J. v. Graan in Sarie, 19 Nov. 1969, 136).  Elsie wonder of hy nou aan die onkruidsige seuns met hul sproete en bakore (dink) (F.A. Venter: Bedoelde Land, 1968, 203).
■ Selde t.o.v. diere: Daar (is) ʼn onkruidsige hond… wat lus is vir pret maak (F.A. Venter: Werfjoernaal, 1965, 98).
2 Skelmagtig: Hy moet maar gedurig dophou, want die mensdom is onkruidsig… Dis nie maklik om kanaalwagter te wees nie (D. Beukes in Huisg., 29 Jan. 1981, 47).

Hierdie interessante brokkie verskyn in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ʼn Woord-projek.

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ronel ·

Nog nooit in my ampter 60-jaar van die woord gehoor nie – wys jou mens nooit te oud nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.