Woord: straatgans

Argieffoto (Foto: Kathy Bugajsky/Pixabay)

Woord:
straatgans

Betekenis:
Voetganger wat in stryd met verkeersreëls strate oorsteek waar daar geen voetoorgang is nie of wat verkeersligte wat tydelike voorrang gee vir voertuie, ignoreer: Moenie ʼn ander voetganger volg sonder om self op die verkeersligte te let nie — u is moontlik op die hakke van ʼn straatgans! (Padverkeerskode, s.j., 22).  As u ʼn straatgans is — die soort voetganger wat te onbedagsaam of ingedagte is om te berus by die reëls van verkeersveiligheid — loop u gevaar om ʼn afspraak met die dood te hê as u die paaie bewandel (Huisg., 18 Apr. 1947, 23).  Die munisipaliteite… gee aan hul verkeersdepartemente opdrag om strenger op te tree teen straatganse wat nie kyk waar hulle loop nie (Burg., 26 Nov. 1956, 1).

Waar kom dit vandaan?
Dit is ʼn samestelling van straat en gans, waarskynlik so genoem omdat voetgangers wat verkeersreëls oortree aan lomp ganse herinner wat op ʼn werf dikwels onder ʼn mens se voete beland.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.