Bella blaas graag borrels bo-op die dak van die groot gebou waar sy woon en soms baljaar die wind saam met haar.
Alles deur die skrywer Chantel van Niekerk
Hoe masjiene werk
Verken die wetenskap agter eenvoudige masjiene en meganismes – van hefbome, ratte en katrolle tot sperratte, kamratte en krukasse. Bou dan jou eie masjiene en ontdek self hoe dit werk.
Die leeu wat skaam was
‘n Storie oor selfvertroue
Die beste troeteldier
‘n Heerlike, humoristiese soektog na die heel beste troeteldier!
Die olifant wat bang was
‘n Storie oor bang wees.
Die sebra wat hartseer was
‘n Storie oor hartseer wees.
Die seekoei wat gelukkig was
‘n Storie oor gelukkig wees.
Die tier wat kwaad was
‘n Storie oor kwaad wees.
Bastian Blom en die pratende portret
Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture.
Bastian Blom en die Gillende Geraamte
Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture.
Rocksusters
Elle kan nie wag vir die Musikanto-fess wat Oktober in Parys plaasvind nie. Selfs al is dit die Parys aan die Vaalrivier en nie die een aan die Seine nie.
Glam-Divas: Didi
Didi, Lienka en Talia is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Saam is hulle die Glam-divas, ‘n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee.
Huberta se Swerftog
Huberta het in 1928 haar 1600 km-lange tog tussen St Lucia en die Oos-Kaap aangepak. In dié tyd het sy mense gaande gehad: waar sou sy volgende opduik? Die ware verhaal van Huberta die seekoei word in dié boek in fiksievorm oorvertel.
Die wiele van die bus
Wie bestuur die bus? Wie wip op en af op die hobbelrige pad? Blaai om en kyk hoe die diere deur die uitgeknipte venstertjies verskyn en verdwyn.
Die ongelooflike liggaam: ‘n opwip-en-uitvou boek
Al ooit gehoor van ‘n boek met ‘n lewensgrootte mens binne-in? Hier is dit!
Tot siens, Koning Arthur
Ligte, lekkerlees-boek wat vermaak, maar ook beslis meer diepgaande kwessies raak.
Hoopvol
Aangrypende gegewe van ‘n seun op soek na sy pa en ‘n jong meisie wat haar plek in die lewe bevraagteken is erg meesleurend en roerend.
Knolle, bolle en tuinkaperjolle
Kinders van ses tot nege jaar oud is die teikengroep vir dié eg Suid-Afrikaanse boek oor groentetuine.
Die Loraks – Dr Seuss
Die Loraks is nie net ‘n wonderlike vermaaklike rymstorie nie, maar dra ook ‘n sterk boodskap oor omgewingsbewaring – iets wat vandag uiters relevant is.
Samba
Samba is ‘n versameling van Jeanne Els se rubrieke wat oor die jare in koerante en tydskrifte verskyn het.