Sy het sowaar met haar woorde geskilder! Kom lees dié treffende gedig.
Alles deur die skrywer Sune van Heerden
Pastoor wat glo verkrag voel “onveilig”
ʼn Pastoor van Limpopo wat daarvan aangekla word dat hy drie lede van sy kerk verkrag het, het Vrydag in die landdroshof in Polokwane beweer dat die polisie wil hê dat hy deur die ander gevangenes aangerand moet word.
Brand woed steeds naby Swellendam
Brandbestryders in die Overberg sukkel Vrydag steeds om ʼn veldbrand in die berge bo Swellendam te blus.
5 vermeende renosterstropers gevang
Vyf vermeende renosterstropers is in die Noordwes-provinsie in hegtenis geneem, het die Valke Vrydag bevestig.
Passasierskepe glo nie meer welkom by V&A Waterfront
Die stad Kaapstad is besorg oor ʼn besluit wat deur die departement van binnelandse sake geneem is wat voortaan passasiersbote sal verhoed om by die V&A Waterfront te anker, en vermoed dat dit die toerismebedryf negatief sal beïnvloed.
Wit haai by St Francis Bay
Mense moet versigtig wees by die St Francis Bay-kuslyn in die Oos-Kaap waar ʼn wit haai opgemerk is, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Vrydag gesê.
Media was nie verkeerd om Kotze se naam te publiseer nie, sê NPA
Mediahuise het geen misdryf gepleeg deur Johan Kotze se naam te noem of om besonderhede van sy vermeende misdryf te publiseer voordat hy in die hof verskyn het nie, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NPA) Vrydag gesê.
Dakar: De Villiers vaar steeds uitstekend
Die Suid-Afrikaner Giniel de Villiers het sy algehele posisie in die Dakar-wedren Donderdag met een plek verbeter. Daar is nog drie skofte oor in dié uitmergelende wedren.
E-tolstelsel vir eers uitgestel – Sanral
Die beplande aanvangs van die e-tolprojek volgende maand in Gauteng is vir eers uitgestel om die publiek se besware aan te spreek, het die raad van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) Vrydag gesê.
Foto’s: “Modimolle-monster” se slagoffer word begrawe
Foto’s van Conrad Bonnette se begrafnisdiens.
Gautrain-bus slaan om
ʼn Gautrain-bus het Vrydagoggend op die Ben Schoeman-snelweg naby Trichardtweg omgeslaan en erge verkeersopeenhopings veroorsaak.
Nie vir koue pampoen skrik nie
Waar kom die uitdrukking vandaan?
“Modimolle-monster”: derde verdagte vas!
Kort ná Johan Kotze Vrydag in die hof verskyn het, het die polisie bevestig dat hulle ʼn derde persoon in verband met die aanval op sy vervreemde vrou en die moord van haar stiefseun, vasgetrek het.
“Modimolle-monster”: vervreemde vrou vertel
Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” se vervreemde vrou het ‘n eksklusiewe onderhoud met Die Pos-koerant in Limpopo gehad. Die onderhoud is nou ook op Maroela Media beskikbaar.
Selebi distansieer homself van “Lefika Project”
Jackie Selebi, die veroordeelde voormalige kommissaris van die polisie, sê hy het geen opdrag aan die sogenaamde “Lefika Project” gegee om namens hom aansoek te doen vir mediese parool nie.
Johan Kotze verskyn in die hof
Johan Kotze (50) en sy mede-beskuldigde het Vrydag vlugtig in die landdroshof in Modimolle verskyn en sal tot hul volgende verhoordatum in Februarie in aanhouding bly.
Foto’s: Johan Kotze in die hof
Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” sal Vrydagoggend sy eerste verskyning in die hof maak.
Swerm bye val skoolleerders in Oos-Kaap aan
ʼn 14-jarige seun is dood nadat hy Donderdagmiddag tydens ʼn skooluitstappie in Queenstown deur bye gesteek is, het die Oos-Kaapse departement van gesondheid gesê.
“Ek wou haar net klein bietjie seermaak,” sê “Modimolle-monster”
Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster”, wat daarvan aangekla word dat hy ʼn aanval op sy vrou beplan en sy stiefseun vermoor het, verskyn Vrydag in die landdroshof in Modimolle.
Zola Budd gaan die Comrades hardloop
Een van die beste atlete wat Suid-Afrika ooit opgelewer het en voormalige wêreld landloopkampioen, Zola Budd, het haar deelname aan die Comrades Marathon van Pietermaritzburg na Durban op 3 Junie, bevestig.