Wie kan help as ’n mens ’n GROOT bekommernis het? Daar is iets groots fout met die pragtige nuwe wolmus wat Dirk persent gekry het en die skape gee vir hom allesbehalwe goeie raad! Gelukkig weet Dirk sy pa is altyd daar vir hom . . .
’n Heerlike opvolg tot die baie gewilde prenteboek Dirk soek ’n drukkie. Deernisvol en bekoorlik.
Sir David Graaff se unieke Suid-Afrikaanse storie begin waar hy as arm plaaskind skape en varke oppas op Villiersdorp. Soos ’n sprokie word hy as tiener deur ’n welgestelde oom na Kaapstad geneem om by dié se slaghuis te werk. Binne enkele jare is David nie net aan die hoof van die slaghuis nie, maar is hy die verkoelingspionier wat koelstore vir die eerste keer na Suid-Afrika bring – en so sy fortuin maak.
Sonja Loots Dit is die jaar 1903. St. Louis in die Amerikaanse staat Missouri is ’n rokerige, raserige rivierstad. Dit lê ingewig in die samevloeiing…
Willem en Adriaan is terug vir hulle derde avontuur saam! Nadat hulle Europa en die Indiese Oseaan deurkruis het, is hulle dié keer op eie bodem doenig: in die Laeveld, waar daar in die gebied rondom tannie Lolla se plaas op renosters jag gemaak word. Willem-hulle word ingeroep om die stropers te help aankeer.
“Ek is Mara, die dogter van Bavaria Mara gebore ter see.” So begin die Sandveldse roman oor die wel en wee van Mara, dogter van Bavaria Mara en Jakop Brandt, die tweede seun van ‘n Sandveldboer van die plaas De Heuwel, teen die oewer van die Bergrivier
Wen kaartjies na Jannie du Toit se vertoning!
Bederf jou gesin dié naweek met ‘n heerlike kaas-en-aartappel-frittata.
Loof die Here, want Hy is goed; aan sy liefde is daar geen einde nie!