ʼn 42-jarige man is Woensdag vir die grusame aanranding van ʼn vrou van Modimolle in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo gesê.
Alles deur die skrywer Sune van Heerden
Herrie los oor kantoorpark by Chapman’s Peak
Dis een van die Kaap se bekendste toeriste-aantreklikhede, maar die herrie is tans los in Chapman’s Peak oor ʼn kantoorpark wat moontlik daar gebou gaan word, het EWN Woensdag berig.
“Verkragter” kom sy moses teë!
Vermeende verkragter kom sy moses teë met ‘n 14-jarige dogter!
Daaglikse dosis Afrikaans
Het jy geweet dat jy elke dag jou daaglikse dosis Afrikaans reg hier op Maroela kan kry?
Rabbedoe
Waar kom die gebruik vandaan om ‘n dogter ‘n “rabbedoe” te noem?
Man snorkel en verdrink by St Francis Bay
ʼn Man van Kaapstad (50) het Dinsdag by St Francis Bay verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Gauteng-treine deur weerligskade beïnvloed
Weerligskade by ʼn substasie by Kaalfontein in Midrand het ʼn vertraging op verskeie spoorlyne veroorsaak, het die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (PRASA) Dinsdag gesê.
Solidariteit Helpende Hand spring in om brandbestryders op Tulbagh te ondersteun
Die Solidariteit Helpende Hand-tak in Ceres het hulle naam gestand gedoen deur gisteraand inderhaas ondersteuning te verleen aan ongeveer 200 brandslaners in die Tulbagh/Wolseley-omgewing waar verwoestende brande sedert Saterdag woed.
Dakar: Giniel de Villiers en ander SA-ners vaar steeds baie goed
Die Suid-Afrikaner Giniel de Villiers het sy vyfde posisie algeheel in die Dakar-wedren in Chili behou ná hy sesde in die agtste skof tussen Copiapo en Antofagasta geëindig het.
Polisie konfiskeer wilde tier se karkas uit restaurant
Polisie het die karkas van ʼn bedreigde wilde tier uit ʼn restaurant in Hanoi, Viëtnam, gekonfiskeer waar hulle glo besig was om dit te kook om ʼn duursame tradisionele medisyne daarvan te maak.
Veldbrand woed steeds in Tulbagh
Die veldbrandseisoen in die Wes-Kaap het met ʼn reuse veldbrand in die berge buite Tulbagh in die Wynlande begin, het EWN berig.
Omstrede hoëspoedspoorlyn in Londen goedgekeur
Die Britse regering het die oprigting van ʼn omstrede hoëspoedtreinspoor tussen die land se twee grootste stede goedgekeur, ten spyte van teenstand van meeste inwoners wat langs die voorgestelde roete bly.
Landswye beurtkrag weer ‘n moontlikheid, sê Eskom
Eskom het aangetoon dat daar ʼn groot kans is dat kragonderbrekings in die land kan voorkom, het EWN Dinsdag berig.
Video: Stormloop by UJ
‘n Video van die stormloop Dinsdag by die Universiteit van Johannesburg.
Selebi steeds kritiek
Die veroordeelde voormalige polisiehoof, Jackie Selebi, is steeds in ʼn kritieke maar stabiele toestand by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria, het die departement van korrektiewe dienste Dinsdag gesê.
UJ-stormloop: meer inligting
Die moeder van ʼn voornemende student is Dinsdagoggend dood en 20 mense beseer tydens ʼn stormloop by die Universiteit van Johannesburg (UJ), het Johannesburgse Nooddienste gesê.
Unisa-professor wat glo verkrag weer op vrye voet
Die polisie het die professor in sielkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) wat van verkragting aangekla word, op borgtog vrygelaat aangesien dit blyk dat die twee vermeende slagoffers toestemming tot die daad verleen het.
Bybel glo gewildste boek in Noorweë
“In Noorweë is dit nie Harry Potter of Lord of the Rings wat boaan die trefferlys van boeke staan nie. Dit is die Bybel,” skryf Leopold Scholtz in sy rubriek in Beeld, 9 Januarie 2012.
Stormloop by UJ: dinge nou weer rustig
Alles is nou weer rustig by die Universiteit van Johannesburg ná ʼn stormloop vanoggend waar ʼn voornemende student se moeder gedood en 17 ander beseer is, het EWN berig.
Waterkloof 4: hof moet nou besluit
Die prokureur vir twee van die sogenaamde Waterkloof-vier sê die hof moet nou ʼn besluit neem oor die lot van die twee wat vrygelaat is, berig EWN.