Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse

Die motor wat gebruik is in die sluipmoordaanval teen Radovan Krejcir

Die motor wat gebruik is in die sluipmoordaanval teen Radovan Krejcir

Brendan Harrison, wat daarvan beskuldig word dat hy betrokke was in ‘n komplot om die omstrede Tsjeggiese sakeman, Radovan Krejcir, te vermoor, het Maandag weer vlugtig in die Germiston-landdroshof verskyn.

Harrison, wat voorheen vir Krejcir gewerk het, is in Augustus borgtog geweier nadat ondersoekbeamptes beweer het sy lewe sou in gevaar wees as hy nie in aanhouding was nie.

Die saak is tot 11 November uitgestel sodat bewyse teen Harrison na die direkteur van Openbare Vervolging (DOV) gestuur kan word sodat die DOV ʼn ingeligte besluit kan neem.

“Die verdediging is van mening dat die DOV ʼn besluit moet maak oor die meriete van die beweringe,” het Jack Gerber, Harrison se prokureur, aan die hof gesê.

Hy het gesê die verdediging het teenstrydighede in die bewyse teen Harrison gevind, maar wou nie daaroor uitbrei nie. Harrison bly in aanhouding totdat hy weer in die hof moet verskyn.

Harrison was ten tye van dié bisarre sluipmoordaanval, wat mens aan ʼn James Bond-rolprent laat dink, in aanhouding. Krejcir is op 24 Julie in ʼn parkeerterrein in Bedfordview aangeval. Skote is van 12 geweerlope gevuur wat agter die nommerplaat van ʼn rooi Volkswagen Polo versteek is. Krejcir het gesê hy het aanvanklik gedink dit is klappers wat geskiet word, totdat hy gesien het sy koeëlvaste Mercedes Benz is vol gate geskiet. Klik hier vir foto’s van die voorval.

Lees ook:
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.