Dít maak plaasaanvalle anders

dr-theo-de-jager-01

Dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai. Foto: Verskaf.

Deur dr. Theo de Jager

Terwyl daar ’n dramatiese toename in plaasaanvalle en -moorde is en die openbare diskoers daaroor in sowel Suid-Afrika as die buiteland toeneem, word een van die mees polariserende kwessies die vraag of hierdie gruwel maar net die verlengstuk van algemene wetteloosheid op die platteland is.

Heelwat politieke kommentators, joernaliste en selfs landbou-unies maak die verskynsel af as dieselfde tragedie wat homself daagliks in townships en stede afspeel; mense word beroof en vir ’n selfoon of ’n paar rand vermoor. Getalsgewys is bendegeweld op die Kaapse Vlakte selfs erger as die verskynsel van plaasmoorde, word daar gesê, en hier word vroue en kinders ook, soos op plase, die slagoffers van endemiese misdaad.

Dit is veral op sosiale media waar klaers oor plaasmoorde verguis word omdat hulle daardeur “spesiale aandag vir die landbougemeenskap opeis”, terwyl stedelinge en veral townshipbewoners ook daagliks uitgemoor word.

Maar plaasaanvalle en veral plaasmoorde is nie dieselfde as die ander wegholstatistieke van roof en doodslag wat aan Suid-Afrika algaande weer muishondstatus verleen nie. Dit is hoogstens ewe tragies, ewe skadelik vir families en gemeenskappe, en skree om ewe dringende aandag. Daar is egter veral drie dinge wat plaasmoorde van die res onderskei, en wat daarom buitelandse ingryping en spesiale voorkomingsmaatreëls noodsaaklik maak.

Eerstens vra niemand in die openbaar dat township- of bendemoorde gepleeg moet word nie. Daar is nie ’n populêre aanhitsing tot stedelike moorde nie. Dit is nie die tema van politieke toesprake nie, en die massas dreunsing nie “Kill a city dweller, kill a township family” nie. Daar word nie doelbewus ’n politieke klimaat geskep wat dit, soos in die geval van plaasmoorde, aanmoedig nie.

Tweedens gaan rooftogte en stedelike moorde nie met dieselfde mate van brutale marteling gepaard nie. Kinders word nie gedwing om te kyk hoe hul ma verkrag word nie; haar oë word nie uitgesteek nie; en Ouma word nie met ’n staalboor deur haar knieë vermink nie. AfriForum het op 4 Junie vanjaar met absoluut skokkende syfers daarop gewys dat daar in byna die helfte van hierdie onmenslike geweldpleging niks eers gesteel word nie. Dis moord vir die lekkerte daarvan.

Derdens is daar nie ná townshipmoorde, veral op sosiale media, die luidrugtige applous daarvoor nie. Honderde radikale Twitter-rekeninge, met of sonder skuilname, verwelkom elke berig van nóg ’n grusame marteling of moordtoneel, en roep sonder enige gevolge vir meer daarvan. Wetstoepassers het oënskynlik nie die intensie, vermoë of wil om enige iets daaraan te doen nie.

Wat kan hieraan gedoen word?

Die ANC-regering moet die probleem eerstens erken. Daarsonder gaan geen oplossing moontlik wees nie. Dit gaan waarskynlik nie vanself gebeur nie. Sosiale, politieke en veral buitelandse druk sal gebruik moet word om die ANC daartoe te beweeg.

Tweedens moet die ANC sy eie neus afvee en openlik sy rug keer op slagspreuke uit sy geesteserfenis, soos “Kill the farmer, kill the boer”. Hy moet verder gaan en, soos Mandela, sê daardie dreunsang sal nie langer geduld word nie. Dis fundamenteel verkeerd, ongeag die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se omstrede bevinding daaroor. Suid-Afrika hoef hom nie deur gekaapte artikel 9-instellings te laat definieer nie, veral nie nadat die internasionale mening reeds daaroor praat ten opsigte van ’n misdaad teen die mensdom nie.

Daar moet tot aksie oorgegaan word. Daar moet ’n spesialiseenheid in die lewe geroep word wat ook deur intelligensieskakeling voorkomend kan optree. Dis onvergeeflik dat die polisie se verbintenis ná die ontbinding van die kommando’s, naamlik om ’n reservistemag op die been te bring, ná 15 jaar nog niks gevorder het nie. In die lig van president Ramaphosa se ontkenning van plaasaanvalle by die VN in New York verlede jaar, en die ANC-regering se skreiende versuim om iets tasbaars daaraan te doen, kan hy sekerlik nie geskok wees as al meer Suid Afrikaners en die internasionale gemeenskap onraad vermoed nie?

Ek wens dikwels politieke kommentators en die veiligheidsministers, of die president self, wil net één maal saamgaan na so ’n plaasmoordtoneel. Hulle moet dit ruik en sien: die dierlike brutaliteit van die marteling, en die bloed teen die plafon en die mure.

Eers dán is hulle gekwalifiseerd om oor die ooreenkomste en verskille tussen plaasmoorde en ander misdaad te praat.

  • Dr. Theo de Jager is die direksievoorsitter van die Suider-Afrika Agri Inisiatief (SAAI) is ’n landboubelangenetwerk vir boere.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Andre Du Toit ·

DANKIE vir die ingeligte en feitlike artikel, Theo (Ps 91; Joh 8:32; Ef 6:12)!

George Heppell ·

As ons dir artikel in engels kan kry, kan dit soveel verder gestuur word en onder soveel meer mense se aandag gebring word.

Boerboel ·

Hierdie plaas moorde sal nie stop nie. Die buiteland moet druk plaas op die regering . Dis waar wat Theo hierbo se. Waarom die mense martel voordat hulle dood gemaak word?
Hierdie moorde is sywer politiek. Op die stadium is net Agriforum en VF plus wat vra vra. Die res is doodstil ?

Nienie ·

Ja, die politici moet bietjie verduidelik hoekom plaasmoorde applous kry, maar nie township- en bendemoorde nie. Ons moet aandring op n antwoord hieroor.

GP ·

Weet mens kan dit nie vergelyk nie, maar met renoster stropery word daar gruwel fotos versprei op sosiale media. Kras om te vergelyk, ek weet, maar miskien moet dieselfde gedoen word met plaas moorde. Mens kry nie die werkike beeld deur net te lees nie.

Ek persoonlik dink nie die regering of buiteland gaan ooit iets doen nie. Wend eerder al die energie aan om onwettige uitlanders uit te kry en grense te beskerm. So iets sal alle rasse baat en nie oorwegend net die blankes nie. Ons is die minderheid, stem nie vir die ANC nie en die getal moorde is ‘n baie klein persentasie van totale moorde, soos die artikel noem,

Laastens is ek altyd verbaas oor hoe maklik boere aangeval word. Geen of min diefwering, deure wat oopstaan, mense wat deur die nag in hul kamers verras word, geen alarms nie. Ek weet niemand kan permanent parraat wees nie, maar kan nie help om te dink hul is maklike teikens nie. Begin met huis verharding en lees die boek Oorleef plaas aanvalle deur Lucas Brits.

Ora ·

Onse minister van polisie is gou om polisie–en ander gesinne, ook bendegeteisterde areas, te besoek wat iemand aan die dood weens moord af gestaan het. Het hom nog NIKS in die media gesien dat hy by die mense wat ‘n plaasaanval oorleef het, uitgekom het nie. Dit spreek boekdele.

Dawie ·

Jy kan nie ‘n mens met ‘n renoster vergelyk nie. Jy kan nie die oorledene (slagoffer) nog meer straf om fotos van hom/haar in die wêreld in te stuur. Ongeag oorlede, daardie persoon het steeds die reg om met waardigheid behandel te word. Met eer en met respek. Al het hy/sy geen sê meer nie. Die laaste ding wat ons vir so ‘n slagoffer kan doen, is om sy/haar eer en waardigheid te beskerm. Om ‘n verminkte liggaan op sosiale media te wys, gaan beslis nie die oorlede se eer en waardigheid beskerm nie. Verder is daar die wat agter bly. Hulle, moet ook beskerm word. Gaan dit vir JOU lekker wees om jou naasbestaandes maande/ selfs jare na hulle vermink is, se verminkte liggame op sosiale media te sien rond vlieg. Ek dink nie so nie. Verder meer, behalwe vir die doel wat jy hier voorstel, kan sulke verminkte lei na verdere geweld en verminkings, want die een gaan probeer erger wees as die ander. Maak liewers ‘n voorbeeld, van die persone wat skuldig is aan die plaasaanvalle…..as wat jy die slagoffers verder straf. SIES vir jou!

Dirk ·

Die antwoord op jou vrae Theo is die volgende: Die modus operandi in sommige aanvalle dui op sluipmoordaanvalle wat deur ex militere/SAPD lede met militere presisie uitgevoer word. Die wreedheid wat egter daarna daarmee gepaard gaan kan maklik op die oog af dui op wraak, alhoewel en wanneer politici se haatuitsprake oor grond in ag geneem word, dit ook dui op georkestreerde terreurdade met die doel om vrees in te boesem by die boeregemeenskappe, “in order to break the spirit of resistance of the white farming community”! Die polities georkestreerde terreuraanvalle word dus ingewerk en verdoesel tussen gewone misdadigheid. Ons mag nooit vergeet dat die ANC en terreur, sinoniem was met mekaar. Niks verhoed die ANC/eff om weer gebruik te maak van georganiseerde misdaad “death squads” om boere te forseer om die land op te gee. So wat is die oplossing? Eerstens om boerdery gemeenskappe deur spesiale wetgewing te beskerm. Tweedens om boerdery gemeenskappe te organiseer en toe te rus as teeninsurgensie gemeenskappe. Die staat sloer doelbewus om n SAPD spesialiseenheid tot stand te bring. So n eenheid sal ook in elk geval nie ten volle vertrou kan word nie.

Boerboel ·

Dink jy internationale intelligensie organisasies weet nié dat hierdie georganiseerde moorde is nie? Ons vyand is baie groter as sir ANC en EFF.

Daar moet meer gedoen word om hierdie feite by die algemene buitelander te kry. Hoeveel betaalde radio/tv advertensies is al op internationale stasies geplaas? 0

AI ·

En weereens net in Engels. How ernstig is ons oor Internationale hulp en kennis op hierdie onderwerp? Jy gaan hierdie nêrens op HSM sien nie.

Mv ·

Uit ons plaaswag, wat baie aktief en doeltreffend is tans, kom baie inligting uit wat rerig vir my meer en meer sin maak. Ja dis negatief en bitter, maar dis ook goed om te weet dat ons meer leer. Die hartseer nuus is, dit raak meer, die media dek minder, en waar die aanvallers se identiteite uitkom, is dit gereeld Namibiese ex-soldate. Hulle tree op, val aan, en kom uit met skerp opleiding, sein scramblers en is topfiks. Baie van hulle was gevang met fotos van die binnekant van huise. Hoe? Wees verdag van almal en alles, skakel aan by julle plaaswagte, wees aktief en paraat maar leef julle lewens asb. Dis altyd kommerwekkend om wel te sien hoe boere tot nuwe vlakke moet daal om hulle self te verdedig. Ons gaan soos die aanvallers word…

Frank Gaudin ·

Is dit moontlik om n Engelse vertaling van die artikel te kry?

Johan Schoeman ·

Kan boere nie gewone dorpenaars en jong mense bv. na hul plase nooi vir ‘n minimale fooi ( of gratis ) om oor te bly en kennis in die proses op te doen nie? Dan is daar ten minste meer mense op die plaas en kan hulle saam ‘n buffer vorm teen hierdie gewentenlose aanvallers. Die boere kan miskien op elke plaas ‘n skietbaan/fasiliteite aanbied om die stedelinge meer van vuurwapens te leer. In die proses kan dit die weerbaarheid opskerp en dalk as afskrikmiddel dien teen voornemende aanvallers. Elke groep kuiergaste sal net moet reël vir wagstaan en patrollie-ry vir die betrokke tyd. Dis maar ‘n voorstel, maar miskien kan ons dan meer van mekaar leer en omgee……

Isabella E van der Merwe ·

Dankie vir Afriforum e Sodidariteit vir julle goeie werk en insette. As dit nie vir julle was nie sou ons lankal in stof en as gesit het. Dankie vir goeie werk om ons Afrikaners nog spesiaal te laat voel. Die Here seen sal julle seen en julle bewaak en aan julle vrede gee Amen!

HenkT ·

Baie goeie artikel. Jammer dit is nie in Engels nie. Dan kan dit op sosiale media versprei EN gelees word.

Izak Kirsten ·

Uitststekend uitgespreek Theo. Jammer ons moet ooit oor so iets praat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.