‘Donkies’ laat ’n half-miljoen vermoordes in ’n vlak graf; ons kort perde

Genl. Bheki Cele, minister van polisie (Foto: ANA)

Deur Ian Cameron

Om met die huidige wetstoepassingstruktuur in Suid-Afrika misdaad te wil bekamp, is dieselfde as om te poog om die Durban July met donkies te wen.

Suid-Afrika het in ’n vlak graf ontaard weens die konstante aanslag op mense se lewens. In die afgelope 24 jaar is daar al reeds sowat 500 000 mense vermoor en volgens die jongste getalle, is daar sowat 57 mense wat per dag in die land vermoor word. Dit bring ons by sowat 175 000 moorde die afgelope 10 jaar – meer as die dodetal tydens die onlangse oorlog in Afganistan wat sowat 144 000 lewens geëis het.

Kompeteer ons nou met lande soos Irak en Somalië wanneer dit by moordsyfers kom?

Terwyl ek die 2017/2018-statistieke van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vergelyk het, het ek gevind dat daar uit die 20 336 moorde wat plaasgevind het, slegs 3 601 gevonniste moordenaars (moontlik) agter tralies sit. Verskeie van die suksesvolle vervolgings en inhegtenisnemings is in verband met moorde wat vroeër jare gepleeg is, en juis om hierdie rede gee dit ’n duidelike aanduiding dat vervolging van hierdie misdaad en die SAPD se pogings nie met mekaar strook of enigsins versoenbaar is nie.

Dit het maklik geword om altyd net die vinger na die SAPD te wys, maar dit is egter nie die enigste uitdaging nie. ’n Tragedie staar Suid-Afrika in die gesig wanneer dit kom by die suksesvolle vervolging van geweldsmisdadigers. Kontantverlies in transitorooftogte het met sowat 57% toegeneem in die afgelope boekjaar. Hierdie soort misdadigers is nie amateurs nie. Nee, hul geweldsmisdade het in winsgewende loopbane ontwikkel as gevolg van die gebrek aan die “vermoë” om hulle werklik te straf, en ʼn oneffektiewe misdaadintelligensiediens. Dit veroorsaak dat die NVG slegs daar is as ’n vangnet vir prima facie-sake en dat die SAPD ’n verwysingsagentskap vir versekeringsmaatskappye en saaknommers word.

Ons uitdaging is veral by middel- en topbestuur van hierdie instansies waar politieke aanstellings gedoen is sonder dat meriete in ag geneem is. Ek het simpatie én empatie met grondvlakbeamptes in die SAPD wat gekaap is van die hoë standaard-opleiding wat hulle eens ontvang het. Die toedeling van hulpbronne in die SAPD is eintlik ’n baie meer eenvoudige taak. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) meen duidelik dat die toename van meer as 1 320 moorde in die afgelope boekjaar toegeskryf kan word aan so min as 30 polisiestasies in die land – inderwaarheid ’n baie “eenvoudige” gebied om op te fokus. Dus gebeur 50% van moorde in die land slegs in 13% van polisiëringsgebiede.

Ons minister van polisie, Generaal Bheki Cele, het in sy tyd as nasionale kommissaris voor die Wêreldbekersokker-toernooi duisende rekrute ná drie, partykeer vier, druipslae in die polisiekollege toegelaat. Cele het voortgegaan om verskeie modules uit polisieopleiding te verwyder sodat meer mense vinniger deur die spreekwoordelike worsmasjien kon vloei. Alhoewel Cele se charismatiese uitsprake die moraal in die polisie vir ’n kort tyd verbeter het, is hy self verwyder weens sy betrokkenheid by korrupsie as nasionale kommissaris van die SAPD.

Ondanks die feit dat Bheki Cele vanjaar die minister van polisie geword het, is verskeie spykers in die doodskis geslaan tydens die kaderskuif na ander departemente. Ryah Phiyega word beskryf as die “laaste spyker” weens haar optrede ná die Wêreldbekersokker-toernooi. “Generaal” Phiyega het vir haarself ’n 10 jaar-diensmedalje toegeken ná minder as 2 jaar in die SAPD. Sy het voorts vir haarself ’n medalje toegeken vir diens tydens die sokkertoernooi en selfs ’n toekenning vir dapperheid. Met die bekendstelling van AfriForum en die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) se Broken Blue Line 2-verslag was Phiyega meer bekommerd oor haar gesig op die voorblad as die inhoud van die dokument.

Die SAPD en selfs die NVG moet in hul totaliteit geherstruktureer word en ’n fondament van kundigheid, meriete en vertroue moet gelê word.

Enige lid van die samelewing sal kan bevestig en verder inkleur op wat ek reeds hier geskryf het, maar dit los nie die probleem op nie. Vir ons as aktiewe burgers, is daar net een keuse: neem eienaarskap van die krisis waarmee ons worstel.

Elke persoon wat hom of haarself beskou as iemand wat gaan vasbyt, saam hoop skep en saam gaan bou, moet eenvoudig betrokke raak by elke moontlike teenmisdaad-inisiatief wat beskikbaar is. AfriForum ontwikkel daagliks meer kapasiteit vir veiligheidsstrukture se uitbreiding landwyd. Daar is selfs ander buurt- en plaaswagte waar jy kan betrokke raak. Moet jy betrokke raak? Sonder enige twyfel.

Dit is dikwels moeilik vir ons om die regte vertaling van die Engelse woord “resilience” in Afrikaans te vind. Die meeste woordeboeke dui op “veerkragtigheid”. Nic Arnold, AfriForum se bedryfshoof, reken dat dit eerder beskryf moet word as “die vermoë van yster om, indien dit gebuig en later gelos word, terug te keer na sy oorspronklike vorm”. Deur eienaarskap van die situasie te neem, word ons daardie yster.

Om ’n gemeenskap teen misdaad in die land te vorm, moet ons presies hierdie definisie toepas. Christian Aid noem 3 faktore wat “resilience” vervolmaak: om vooruit te beplan, te organiseer en aan te pas. Die verdoemende gevoel wat baie van die misdaadstatistieke vir mense gee is nie wat ons toekoms of sukses mag bepaal nie. Dit skep ’n geleentheid om eienaarskap te vat en daar waar ons dit reg toepas met beplanning, organisering van gemeenskappe en aanpasbaarheid, kan ons oorleef. Ons kan saam hoop skep.

’n Mens kan nie die Durban July met donkies wen nie, ons het perde nodig. Miskien is die gemeenskap die perde wat opgewasse is om die resies mee aan te pak. Daar is geen twyfel dat ons moet aanhou druk toepas op die staat nie. Ons moet egter ook self ’n nuwe volhoubare toekoms skep.

  • Ian Cameron is hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Rasper ·

Dankie Ian. Dit word opreg waardeer. Saterdagaand, het ek weer die buurtwag in aksie gesien, 20h30. Voor die polisie was hulle daar. Sondag het ek van die manne in die Kerk gesien, en ek is seker ek gaan van die ander erens in die dorp raakloop hierdie week. Werk in die dag, veg in die nag. Baie edel, maar nie volhoubaar nie. Dit kan nie ‘n toekoms wees wat ons vir ons kinders wens nie. Dan moedig ek eerder die mense aan om op te pak en te gaan. Ek verstaan dat buurtwagte as ‘n tydelike maatreel kan werk terwyl ‘n groter plan later kan inskop. Wat is daardie “groter” plan? Dit is nie kritiek op Afriforum of wat hulle nou doen nie. Verseker ook nie op Ian nie. Ek wil maar net weet of ons almal na dieselfde einddoel werk.

Henk ·

Regters en landdroste het justisie en die polisie se tande getrek. Daar waar landdroste met ruggraat nog waag om kriminele te vonnis, word hulle vonnisse op hersiening verminder en gekke van die landdroste gemaak!

Thinus Erasmus ·

Kom ons aanvaar dat al spandeer die regering 10 keer meer op die begroting van die SAPD en verdubbel of vervierdubbel hul die aantal lede, dat ons nogsteeds nie die misdaad tendens gaan hokslaan nie. Die rede is dat die probleem nie by die geld of getalle le nie, maar by die fisiese vermoens, die gehalte lede, die gebrekkige opleiding.
En die regstelsel en “”””korrektiewe””””” stelsel het presies dieselfde probleem.
Die feit dat misdaad so toegeneem en die skaal daarvan, maak dit nou onmoontlik vir die huidige oorlaaide stelsels om dit te hanteer.
Indien die staat nie die polisiering, ondersoek en juristiese magte wil privatiseer nie, dan is daar net een oplossing: Kry buitelandse hulp van lande waar misdaad effektief bekamp en suksesvol vervolg word en bou nuwe stelsels van die grond af op!
SA IS GEDOEM EN SAL DIT NOOIT UIT EIE GELEDERE KAN DOEN NIE .

Jordaan ·

En dan natuurlik die feit dat sommige van die misdade met die regering se stilswyende goedkeuring (indien nie aktiewe ondersteuning nie) plaasvind.

Jerry ·

Eerste dinge, eerste! Wetgewing moet gewysig word om beter beskerming te verleen aan Jan Publiek wat optree teen misdadigers wat tans nie die geval is nie. Tweedens moet die minister van polisie die mandaat vir wetstoepassing uitreik aan veiligheidsdienste en GPF’s. Voordat dit nie gedoen is nie kan jy beplan, organiseer en aanpas soos jy wil, al wat dit jou baat is om lede bloot te stel aan arrestasie, vervolging en natuurlik vergelding deur die misdadiger en sy gemeenskap wat tydens jou arrestasie en of hofverskyning al jou detail kry! Jy kan slegs eienaarskap neem van wetstoepassing indien jy die mandaat daarvoor ontvang van die eienaar en in die geval, die minister van polisie. Hou dus op om die Afrikaner bloot te stel aan onkundige en onsinnige inisiatiewe wat die potensiaal het om lewens te verwoes en mense verder in ellende te dompel!

Ian ·

Dit is natuurlik so dat wat nodig is om misdaad die stryd aan te sê, ‘n behoorlike fokus op Vermoeënsgebasseerde misdaadbekamping benodig (Engels – Capabilities-based planning). Daar moet ‘n fokus wees op vermoeëns met die geassosieerde uitkomste daaraan gekoppel. “Meer van dieselfde” is geen uitweg met ons tipes midaad nie. Daarby moet ons ook kyk na nuwe era misdaadbekampingspraktyke, soos om misdaad en sindikate as sisteme te ontleed.

‘n Goeie skeut van Guiliani se “broken windows” benadering wat so goed gewerk het in New York in die negentigs sal ook help, maar daarvoor het jy goed opgeleide beamptes nodig, en ‘n politieke wil. Tot laasgenoemde twee nie plaasvind nie sal ons ongelukkig nooit hierdie stryd wen nie. Inteendeel, die prognose om deur 100 moorde ‘n dag te gaan binne die volgende vyf jaar is inderwaarheid ‘n wesentlike realiteit.

Adriaan ·

Ek is, reg of verkeerd, van mening dat mens se eerste oortreding die moeilikste is. Die 2de is makliker en die 3de nog meer. Met hoë vlakke van werkloosheid is daar mense wat nie veel het om te verloor deur by misdaad betrokke te raak nie. Misdaad raak n lewenswyse en selfs al sou n werkgeleentheid opduik, is dit nie te se dit kan dieselfde “welvaart” bied as misdaad nie. Ons het sonder twyfel beter wetstoepassingstrukture nodig as wat ons huidig het maar dis ook nodig om te probeer verhoed dat mense hulle 1ste oortreding pleeg.

Alta ·

Ek stem saam met jou. Ek dink iets wat kan bydra tot die voorkoming van 1ste oortredings, is as dit nie meer as verskoning vir strafversagting gebruik kan word nie. Straf moet in ooreenstemming met die omvang van die misdaad wees, nie die hoeveelste keer wat die misdaad gepleeg word nie. Mens weet buitendien nie of dit so ‘n persoon se 1ste oortreding is, of net die 1ste een waarvoor hy gevang en vervolg word nie.

AW ·

“Most of the research thus far referred to, supports the averment that the police cannot prevent crime, at least not in a direct or primary capacity. Williams and Wagoner (1996:521) even go as far as stating that “there is sufficient evidence to support the assertion that any reduction of crime must come from outside the police” . (Page 62 & 63)

“The answer lies in a multidimensional and multi-agency approach, involving all stakeholders, from national (government) to logal government level, and including nongovernmental interest groups. (Page 63)

“Irrespective of the police’s position on the issue of crime prevention, it is clear that there is not much the police can do in any direct or primary sense to prevent crime and certainly they should not lead any coordinated effords aimed at preventing crime.” (Page 63 & 64)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

Sê Wie ·

“There is no doubt that Sir Robert Peel deserves credit for the development of the modern concept of police organisations.
However, his pronouncement in 1829 that the primary function of the police is crime prevention – although understandable for the time – created a number of dilemmas for the police.
Although Sir Robert’s contribution to policing is acknowledged, it is this pronouncement (or dictum) of 175 years ago that is challenged in this book
Extensive research has shown that the police do not prevent crime.
The body of knowledge now available in relation to criminology and policing proves that the 1829 dictum can no longer stand.
But, precisely because this dictum is so ingrained in the public mind, is contained in legislation, and is supported by the police themselves, it will be a difficult task to change it.” (Page 140 & 141)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

Wie sé ·

It is the acceptable Norm to Blame the police Left – Right – Centre….. (and at times rightly so…) Yet the Intellectual Reader who are also Subject Matter Experts, Conveniently forgets that for reasons Only Known to Themselves that :

“The criminal justice system is a series of government agencies and institutions whose goal is to identify and catch the law-breakers and to inflict a form of punishment on them. … The primary institutions of the criminal justice systemare the police, prosecution and defense lawyers, the courts and prisons”.
(Criminal justice – Wikipedia)

The Definition is an “ideal concept” Yet it is not in reality practised and enforced within SA!!

Also, for SME’s who on a Daily Basis Critique the police, when you don’t have the Time consider the following:

“The criminal justice system has been intentionally broken for politically motivated reasons……” page 442

Ministry of Crime – an underworld exposed (Mandy Wiener)

Police Supporter ·

For Those whom have No Understanding- Nor an Appreciation of the Workings of the Police, Please read the following books…..and “see” how continious “Restructering” and constant Political Interference has contributed to the police’s “disfunctional ability” to Police South Africa within Primary, Secondary, and Tertiary Crime Prevention and to Fulfill its Constitutional Mandate within Cohesion with the other Role Players within the Criminal Justice System.

A Country At War With Itself – South Africa’s Crisis Of Crime (Antony Altbeker)

The Dirty Work Of Democracy (Anthony Altbeker)

Thin Blue: The Unwritten Rules Of Policing (Jonny Steinberg)

Behind The Badge – The Untold Stories Of South Africa’s Police Service Members (Andrew Faull)

BoekWurm ·

Ministry Of Crime – An Underworld Exposed (Mandy Wiener)

Heist! – South Africa’s Cash-In-Transit Epidemic Uncovered (Anneliese Burgess)

Pikkewyn ·

Bring die dood straf terug en haal al die onwettige immigrante in ons land uit en tree streng op by die grense van ons land dan sal dit ook al beter gaan in ons land maar die regering en ons president is min gepla daaroor

RG ·

Misdaad en Sekuriteit is beide multi biljoen industrieë. Die sekuriteits industrie sou nie kon floreer sonder misdaad nie. Dis ‘n uiters giftige situasie. ‘n Moontlike oplossing sou wees dat ‘n klemverskuiwing plaasvind waar die sekuriteits industrie meer gefokus is om as private inteligensie diens op te tree om misdaad by die kern uit te roei waar dit ontstaan en voor dit plaasvind deur opsporing van misdaad netwerke en sindikate en sodoende steeds ‘n inkomste verdien.

Jerry ·

The root problem of crime in SA is two fold. First it is poverty and second it is politicians who, for political populist gain, incite violence and crime by calling upon the poor to take back from the rich what the rich has stolen from the poor. As a result, the poor, commit to crime. It is up to the Law Enforcement Agencies to prevent these crimes by prosecuting the politicians. This however, is not done due to prosecuters supporting the ideology and views of the politicians. It is left to the mandated Law Enforcers to prevent the reocurring of crime by investigating current committed crimes and making arrests of offenders for prosecution. The majority of Law Enforcers, however share in the ideology, views and bribes of the politicians and prosecuters. They therefor become reluctant to conduct proper investigations and make arrests. The Law Enforcers therefor investigate the actions of the rich victims to determine if they have acted within the prescribts of the law. The prevention of these crimes now solely rest with those who have become “sitting ducks” as the law that is suppose to protect them, arrests and prosecutes them, once they commit to law enforcement! By law, they can only prevent these crimes by acting out of self defence when being attacked, or by reporting suspicious persons and activities to the Law Enforcers and then hope that they will respond in time to prevent a crime from happening! Wetstoepassing ondersteun tans misdaad teen die rykes!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.