Géén rassisme is ‘reg’ nie

demokrasie

Argieffoto.

In talle multi-etniese lande – en dit sluit Suid-Afrika in – word nou al jare gedebatteer oor die vraag of omgekeerde diskriminasie ’n legitieme begrip is. In ons eie land kan ek twee voorbeelde uit die laaste dae se media pluk.

In die jongste Sunday Times is Nkotozo Qwabe, woordvoerder van #FeesMustFall, in ’n onderhoud gevra of sy beweging anti-wit rassisties geword het.

“Wat is anti-wit rassisme?” was sy teenvraag.

Die ondervraer se antwoord was: “Wanneer jy op Facebook skryf oor ’n wit student van wie jy wens dat jy ‘die wit apartheid- oftewel setlaar- oftewel koloniale toe-eiening uit die bliksem (bastard) geneuk (whipped) het’.”

Qwabe se antwoord was kortweg: “Daar kan nooit rassisme teen witmense wees nie.”

Dis nie net swartes wat so dink nie. Die nuusagentskap News24 berig dat die kunstenaar Dean Hutton (wat as “wit” beskryf word) omgekeerde rassisme betitel het as “’n fantasie van witmense wat gretig (keen) is om die soort verdrukking te ervaar wat hulle teen die inheemse mense van dié land toegepas het”.

Hutton het ’n uitstalling van sy kuns onder die Engelse titel F*ck White People by die Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad saamgestel.

Veral in Amerika word dié soort oortuiging entoesiasties onder radikale swartes gedeel. Dis nogal interessant om die mense se gedagtegang te volg en te ontleed.

In die taamlik radikaal linkse internet-tydskrif The Daily Dot (ironies genoeg, een van die “alternatiewe nuusmedia” waaroor talle mense, ook in Suid-Afrika, gaande is) skryf ene S.E. Smith – sy word beskryf as “’n skrywer, agitator en kommentator” – dat ’n mens aan twee vereistes moet voldoen om rassisties te wees.

“Die eerste is voorreg (privilege): ’n Strukturele, institusionele en maatskaplike bevoorregting.” Die tweede, volgens dié (wit) skrywer, is mag (power): “Die vermoë, gerugsteun deur die samelewing, om ’n sterk maatskaplike invloed te hê, met groter ruimte wanneer dit kom by wat jy doen, waar en hoe.”

Swartes beskik oor nóg voorreg nóg mag. En dus kán hulle eenvoudig nie rassiste wees nie, is dié standpunt.

Sommige voorstanders van dié idee is wel bereid om dit enigsins te nuanseer. So skryf Zeba Blay, wat beskryf word as ’n “rolprent-en-kultuurskrywer” (swart, blykens haar foto): “Dit kom eintlik alles op semantiek neer. In ’n sekere stadium het die egte betekenis van ‘rassisme’ vermeng geraak met ander aspekte van rassisme – vooroordeel, bekrompenheid, onwetendheid, ensovoorts. Dis waar: Witmense kan vooroordeel van swartmense en ander nie-wittes ervaar. Swartmense kan onwetend agterlike idees oor witmense hê, soos ook oor ander nie-wit rasse. Niemand probeer dit ontken nie. Maar rassisme is baie komplekser.”

Dan verduidelik sy: “In sy hart is rassisme ’n stelsel waar ’n oorheersende ras van die verdrukking van ander leef – of hulle dit goedkeur of nie. Ons leef nie in ’n gemeenskap waar elke rassegroep ewe veel mag, status en geleentheid het nie.”

Waarmee sy dus saamstem is die idee dat rassisme slegs kan voorkom by mense wat voorregte en mag het – wittes dus, nooit swartes nie.

’n Mens sou nog tientalle ander soortgelyke menings kon aanhaal, maar ek meen dis genoeg dat die lesers snap waaroor dit gaan.

Blay is natuurlik reg dat dit oor semantiek gaan, maar dan op ’n ander manier as wat sy dink. As jy die argument wil wen, is die antwoord eenvoudig: Herdefinieer begrippe soos dit jou pas, en bou jou logika dan op dié nuwe definisie. Dis maklik. Só kan jy elke argument onder die son wen.

Dis soos Hompie Kedompie (Humpty Dumpty) in Lewis Carroll se Alice in Wonderland verduidelik: “As ek ’n woord gebruik, beteken dit net wat ek dit wil laat beteken – niks meer of minder nie.”

Natuurlik is daar ’n verskil tussen vooroordeel en rassisme. Die verskil lê in die intensiteit van die gevoel.

Vooroordeel is swakker as rassisme. ’n Voorbeeld: Voordat die Japanners Pearl Harbor in Desember 1941 aangeval het, het die Amerikaners gemeen die Japanners het slegte oë en tande, hulle is klein en liggaamlik swak, en dat hulle dus slegte vegters is.

Dít is vooroordeel. Die Amerikaners het lelik op hul neus gekyk.

Rassisme, daarenteen, is die oortuiging dat een ras (of eintlik ook volk) – gewoonlik jou eie – biologies of kultureel inherent meerderwaardig as ’n ander is. Die Nazi’s se gevoel dat die Jode inherent immoreel en misdadig is, en dat die Slawiese volke dom en agterlik is – dít is rassisme.

Dikwels, maar nie altyd nie, gaan dit gepaard met ’n oortuiging dat die minderwaardige ras dus óf nie gelyke regte mag geniet nie óf selfs uitgemoor moet word.

’n Tussenvorm tussen die twee is vreemdelingehaat, iets wat oor die hele wêreld kop uitsteek. Dit gaan verder as vooroordeel, is nie noodwendig rassisme nie, maar kan maklik daartoe lei.

Dis iets wat ons eie swartes in Suid-Afrika ook ten toon stel in die sporadiese geweld teen swart immigrante elders uit Afrika.

Hoe ook al, ek verkies die definisie van rassisme wat ek hierbo genoem het. Dis naamlik ’n neutrale, bruikbare definisie, pleks van die polities nuttige een wat bloot vernuftig saamgestel is om jouself meer ideologiese ruimte te gee en jou verantwoordelikheid vir moreel bedenklike standpunte te verminder.

Natúúrlik kan swartes rassiste wees. Julius Malema is een. Nkotozo Qwabe is nog een. Albei haat witmense met ’n passie. Hul idees gaan verder as vooroordeel; dis strukturele anti-wit rassisme.

Maar goed, waar laat dit óns nou? Ons kan die redenasie nie bloot laat by die stelling in die vorige paragraaf nie; ons moet dit verder vat.

’n Belangrike volgende vraag is: Hoekom is ons teen Malema en Qwabe se rassisme? Is dit bloot omdat ons nou aan die ontvangkant is? As dit die enigste rede is, is ons oneerlik met onsself en met die swartes.

Ons behóórt hul rassisme af te keur om dieselfde rede as waarom ons wittes se anti-swart rassisme afwys: Omdat dit moreel bedenklik is, teen ons Christelike geloof indruis, en omdat dit polities dom is.

Nie almal sal vir die morele en Christelike argument val nie; nie al die lesers is immers gelowig nie. Maar die meeste, meen ek, sal gevoelig wees vir die pragmatiese politieke oorweging.

Dit gaan eenvoudig om jou eie geloofwaardigheid. Hoe kan jy Malema en Qwabe se rassisme aan die kaak stel, maar wit rassiste se oortredings ignoreer of goedpraat?

Natuurlik gaan dit om ewewig. Rassisme is verkéérd. Punt, uit. Of dit nou oor Penny Sparrow of die here Malema en Qwabe gaan.

Dit gaan ten diepste om die beginsel. En jy kan nie beginsels verwater nie.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Leopold Scholtz

Meer oor die skrywer: Leopold Scholtz

Leopold Scholtz is 'n onafhanklike politieke kommentator en historikus. Hy is al sedert 1972 as joernalis en historikus werksaam.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

20 Kommentare

Jan ·

Jy is 100% reg, ook in jou laaste twee sinne. Wat my egter persoonlik aan betref, as dit van sekere van ons ons inheemse swart burgers af kom, is dit soos water van die rug, dan voel ek ‘n veer, hulle kan net sowel met ‘n muur praat.

Jane ·

Geen rassisme is reg nie maar ongelukkig word ALLE wit oortredings in SA oor ‘n rassekam geskeer en NET die WITTES daarvoor aangekla en vervolg. Rassisme vanuit parlementere geledere en van enige anderskleurige se pen of mond, selfs die uiterste haatspraak en dreigemente om wittes te vermoor word glad nie aangevat nie, terwyl ‘n blanke se uitspraak oor mense wat hulle wangedra en ‘n etniese groep daaraan gekoppel het groot opslae gemaak het, en sy ook vervolg en ‘n groot boete opgelê is terwyl al die dreigemente van hoe wittes GEHAAT en geslag en opgekap en vir honde gevoer gaan word deur swartes GEEN aandag trek by menseregtegroepe, menseregte kommissie, die ANC of DA nie. NET wit rassisme word vervolg en NET wit rassisme is verkeerd, terwyl dit in ‘n baie laer graad voorkom (ek noem dit omdat daar nooit regte haat en doodsdreigemente gepaard gaan nie) teenoor die DOODSDREIGEMENTE teen blankes omdat anderskleuriges hulle so HAAT. HOE WERK DIT? Ons eie Presdident se hy sal nooit weer die regering in WIT HANDE gee nie. dit opsigself is die grootste vorm van RASSISME wat van ‘n President van ‘n land kan kom wat alle bevolkingsgroepe se belange op die hart moet dra. Wat as Trump nou se hy sal NOOIT weer die Presidensie afgee aan ‘n SWART kandidaat nie? Toe kom nou?

Theresa ·

Dankie. Jy sê als wat ek graag wou insake die blatante aanval op wittes die afgelope ruk baie blatant en arrogant. Daar is nie iets daaromtrent te stry nie – dis ware haatspraak en haatoptrede: Veral swak uit die monde van leiers.

Griet ·

en die onregverdigheid daarvan blaas die vure aan… In Standardbank kyk die swart vrou by navrae bo-oor my kop as sy met my praat, ek kan die haat in haar houding sien. Ek is vriendelik en beleefd, maar sy is kortaf en onbehulpsaam. OK, ek wil nou aangaan, maar kan nie al die gevalle onthou nie, maar ek sien al hoe meer van die mense kyk nie direk na my gesig nie – hulle kyk by my verby – dis hoe hulle my probeer verklein in hulle oë. Hulle slaag nie daarin nie, ek voel ‘pretty much’ ‘n veer. Maar dit maak my bekommerd: ek bly vriendelik, hulle haat word groter en ek doen niks verkeerd nie.

TDW ·

@griet
Ek het presies dieselfde begin voel, by die betaalpunt van Spar, die tuinwerker, die mense wat werk vra op die straathoek. So baie keer, dat als binne my skreeu ‘die tyd is naby’. Op genocide watch se webwerf is ons al hoeka ver gevorderd. Ons moet regmaak. Ons moet bid.

Johann ·

As mens nou die horlosie kon terug draai, kon De Reiger, De Drommedaris en De Goede Hoop, nie maar toenterjare die Kaap misgevaar het nie, dan het baie van ons dalk nou op Madagaskar gesit, lekker rustig met ‘n ysie in die hand, of dalk elders noord in ‘n eie land.

Theresa ·

Salig… En dan was Madagskar ‘n groot suksesvolle plekkie met soveel fantastiese visie, innoverende denkers en puik onderrig in als – van kleinsaf tot oudwees. Wens ek kon my eie eiland koop. Die grootste toelatingsvereiste sal wees: Geen kritisering van die denkers en doeners nie. So, dit behoort al reeds kaf van koring te skei.

lw ·

Hoe gaan ons hierdie kwessie oplos dat swart politieke leiers en swart persone in magsposisies aangekla word oor hul steurende rassistiese uitsprake? Daar is slegs enkele wit mense wat swartes vermoor het, tog word die wittes wreed vermoor op plase en in huisrowe. Kan die Internasionale Strafhof of ander instansie nie genader word nie? Ons kan dit nie net los nie – want die wittes word op alle vlakke as n sondebok uitgekryt al is hul onskuldig – dit kan al hoe feller word soos wat politieke punte gescore word vir magsposisies.

Henry ·

Ongelukkig is ek volgens die skrywer se definisie van rassisme, ‘n rassis in murg en been.

Ek het vir donkiejare die voorreg gehad om in verskeie dele van ons planeet te woon en te werk. In die proses voluit kontak gesoek en geniet om met die plaaslike bevolking te verkeer en het in sommige gevalle selfs hul taal aangeleer.

So het ek tot die slotsom geraak dat die meerderheid Afrikaners meer hardwerkend en eerlike siele is – met wie die spreekwoordelike pad gestap kan word – as die meerderheid siele wat ek in Afrika, Midde Ooste en Europa van digby leer ken het.

Dit beteken egter nie dat ek Afrikaners en bygevolg myself biologies en kultureel as meerderwaardig beskou nie. Inteendeel.

Ek is oortuig dat die dekadeslange beproewinge, terugslae en verliese ons sodanig gelouter het dat ons op sovele verskillende wyses en maniere, veel meer en makliker aanpasbaar is as meeste siele wat hierdie planeet met ons deel.

Is maar hoe dit is en Viva Afrikaans!!!

Susan ·

Daar is wit rassiste, en daar is swart rassiste. Punt! Alles word opgeblaas as ‘n swart persoon te na gekom word, terwyl geen haan weer daarna kraai as dieselfde situasie net omgekeerd was nie. Ek dink bitter min wit mense is régtig rasisties agv die KLEUR van iemand anders se vel. Rassisme kom na vore wanneer mense afbrand en afbreek, roof en moor en dreig met moord en daar niks aan gedoen word nie. Dan kom mense in opstand en skeer sommer almal oor dieselfde kam. Ek het nog nie ‘n wit skare sien toyi- toyi en amok maak nie. (Ek mag dalk verkeerd wees.) En deesdae is daar baie arm blankes. Maar hulle wend hulle nie tot geweld nie. Rassisme gaan vir my beslis NIE OOR VEL KLEUR NIE, maar oor barbaarse optrede.

Reinhardt ·

Ek is van die opinie dat witmense nie omgee oor rasisme teen ons nie. As n swart persoon n hemp dra wat my hele ras sleg sê, dan is dit nou maar so. Mooi vir hom. Goue sterretjie. Hy hoef nie van my en my mense te hou nie. Dis sy opinie.

Maar wat ons wel oor omgee is dubbele standaarde. Kan ek dieselfde t-hemp dra wat swart mense sleg sê? Natuurlik nie. Dit is hoekom ons n bohaai hieroor maak. Nie omdat hy witmense sleg sê nie, maar omdat ons nie dieselfde kan doen nie.

chrisp ·

Ek moet ‘n rassis wees. Die atletiek wereld en veral op die baan word oorheers deur swart atlete al vir dekades lank hulle moet dus beologies beter wees as die res. So is die witman weer sterker op ander velde al vir dekades lank. Goed ek aanvaar nou die etiket van rassisme met die wete dat dit ook die waarheid is.

Ek het ook geen probleem(eintlik bid ek daarvoor),dat hulle al die apartheids wette op ons toepas nie.
Gee ons net soos in apartheid ons eie grond(twee erkende Boere republieke) betaal ons jaarliks enorme bedrae om onafhanklik te word,gee my ‘n pasboek as ek in die land van die bevryder wil kom werk.Hulle kan selfs al die sinnelose wette ook instel soos aparte geriewe my dwing om Zulu te leer op skool as ek in hulle land wil kom werk en bly. Ek vra baie mooi asb doen dit.Maar hulle sal nie want die verskil in die lande sal binne vyf jaar so ooglopend wees dat die wereld van liberalisme sal verstik en stotter in hul onverduideliking van ‘n verduidelikbare feit wat nie in hul droomwereld bestaan nie..

Henry ·

Wat ‘n wonderlike voorstel.
Ek sal selfs bereid wees om slegs een van die ou Republieke as nuwe Tuisland te aanvaar. Pasboek, Ontugwet en die hele lot!

Semel ·

Volgens die logika soos hierbo beskryf, is die anti-semitisme van die Nazi’s ook nie rasisties nie, net omdat die Jode nie voorheen onderdruk was nie.

Frans C ·

Die hele rassisme debat is al holrug gery. Want jy sien as jy iemand ‘n rassis noem,erken jy daarmee die bestaan van ras. En dit is juis die probleem.Die ANC regering ontken die bestaan van rasse omdat hulle eenvoudig sê alle menserasse is biologies dieselfde.

Maar die redenasie maak egter nie sin nie, want hoewel alle aapsoorte biologies dieselfde is, is ‘ n gorilla (familie grootape)nie ‘n sjimpansee (familie mensape) nie en ook nie ‘n oerang oetan (nog ‘n mensaap) dieselfde nie . Hulle word uitgeken aan hul uiterlike kenmerke.Hulle is basies almal ape, maar niemand by sy volle verstand ,sal hul almal gelyk wil maak of vermeng nie, of in een hok opsluit nie.

Nou waarom dan dit met verskillende menserasse doen? En dit is waar die probleem lê, in ‘n sekulêre (wêreldsiening)samelewing word alles eenvoudig gelyk gemaak,alle mense is eenders, inteenstelling met die Bybelse siening van ‘n groot volke verskeidenheid wat onder God se bestuur tot stand gekom het.Psalm 47 word saam met die Bybel eenkant gesmyt en ‘n liberale siening met geesdrif omarm.

Rassisme kan dus slegs rassisme wees as een ras reken dat hy oor sulke hoedanighede beskik wat dit verhef oor ander rasse. Die res wat buite dit val, is gewoonweg ,jaloesie, afgunstigheid ens en niks meer nie Het iemand al rassisme onder ape opgemerk , of neuk hul soos mense met mekaar nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.