Om ‘ja’ of ‘nee’ te gestem het

stem

Grafika: PaliGraficas/Pixabay.com

Laat ek die dapper ding doen deur sommer met die intrapslag te erken ek was destyds ’n ja-stemmer.

Met dié klippie uit die skoen, kan ek nou so ewewigtig as moontlik kyk na die destydse keuse tussen ’n ja-stem en ’n nee-stem. Die bespreking van die boek, The Rise and Demise of the Afrikaners deur prof. Hermann Giliomee, wat hy self behartig het, werp lig op die vraag of daar na die bepaalde referendum ’n tweede referendum sou wees. Die eerste referendum het effektief die wit kiesers se toestemming gevra of daar met die onderhandelinge voortgegaan sou word of nie, en die tweede sou die kiesers vra of hulle met die resultaat daarvan saamstem of nie.

Dis ook hoe ek dit gehad het, en daarom my ja-stem. ’n Droogmakery by die onderhandelings sou immers die poses in sy spore stuit.

Giliomee maak ’n redelike groot gewag van die kwessie of die destydse president FW de Klerk en die onderhandelaars ooit ’n mandaat vir meerderheidsregering gehad het. Hy stel dit duidelik dat dié mandaat nie bestaan het nie, en dat dit wat die kiesers betref, oor ’n bedeling met groeps- of minderheidsregte sou wees, en magsdeling.

Nadat die referendum ’n taamlik oortuigende “ja” opgelewer het, was daar skielik geen sprake van ’n tweede referendum of ander manier om die kiesers se goedkeuring te verkry nie.

Kiesers soos ek wat beslis “nee” in die tweede referendum sou stem, is dus in die steek gelaat. Boonop (en Giliomee wys dit ook uit) het die meeste ja-stemmers “ja” gestem uit vrees vir ’n gewelddadige reaksie, sou daar ’n nee-stem geseëvier het. Baie gebruik steeds hierdie rede wanneer hul ja-stem by nee-stemmers onder skoot kom.

Wat myself betref, het ek nou uiteindelik iets konkreets om myself teen nee-stemmers te verweer, deur te kan bewys dat ek bevark is.

Of kan ek? Referendums in Suid-Afrika is van vroeg af deur politici misbruik. Met die referendum oor Republiekwording kon kiesers stem tussen ’n behoud van die status quo, of ’n republiek binne die statebond. ’n Republiek is egter buite die statebond uitgeroep.

Met die 1983-referendum was dit weer so. Kiesers moes kies tussen ’n behoud van die status quo, of die instelling van die driekamerparlement. Lede van die opposisie het kiesers gemaan die regering gaan die uitslag gebruik om te vertolk as ja-stem vir ook ander hervormings. Die regeringslui het skerp gereageer en dit ontken. Dit gaan net oor die driekamerparlement of nie.

Die eerste reaksie wat ek ná die referendum van die regeringskant gehoor het, is dat die regering nou ʼn mandaat vit hervorming het. Min of meer het dieselfde met die Kodesa-referendum gebeur.

Op ʼn vreemde manier was ek by die Kodesa-onderhandelings betrokke. Ek is aangewys om die Vrystaatse administrateur se insette vir Kodesa op te stel.

Ek het wel baie belanggestel, en het oor ’n honneurs in politieke wetenskap beskik, maar was waarnemende adjunkdirekteur by gemeenskapsontwikkeling, terwyl die provinsie oor sy eie subdirektoraat institusionele ontwikkeling beskik het.

Ek het ʼn sterk vermoede daar is op my besluit omdat ek oor ’n tuisrekenaar beskik het, en die administrateur se insette spoedeisend was. Die rekenaar was nog ’n ou IBM sonder hardeskyf en ’n Dot Matrix-drukkertjie. Baie min amptenare, veral vakkundiges, het destyds amptelike rekenaars gekry.

Die instruksies het per koevert van die Kaap gekom. Die instruksies, soos om ’n kiesstelsel aan te beveel en motiveer, het amper woordeliks gekom uit ’n verslag van die staatkundige komitee van die presidentsraad met die titel “Besluitnemings- en konflikbesluitmeganismes en -tegnieke in staatkundige stelsels (PR 1/1990)”.

Die antwoord opstel was ’n deurnagproses, met genoeg tyd gelaat vir die stuk om gedruk te word. ’n Mens moes maar met oop ore slaap, want die drukker kon vashaak, en ’n gemors maak. Solank ’n mens die ge-tirr-tirr van die drukker hoor, het alles nog gevlot.

Bygesê, ek het disleksie, dus was dit nie foutvry opgestel nie, maar wanneer dit nog deur iemand anders ook geproeflees moes word, was nie duidelik nie. Kort nadat ek dit aan die administrateur oorhandig het, moes dit by Kemptonpark wees.

My gevoel was deurgaans dat die stukke ongelees in ’n snippermandjie beland het.

Uit pres. FW de Klerk se versekerings nog lank daarna, soos die wigte en teenwigte, het ek die gevoel gekry hy was lank nog onder die indruk dat die regeringsopdragte met evaluasies en aanbevelings, wel oorweeg is en neerslag in die finale produk gekry het.

Maar het FW self ooit erken dat sy onderhandelaars ore aangesit is, of om verskoning gevra dat verbrou is? Die rekening is blykbaar wel gegee, maar nie op so ’n wyse dat dit die groot klok gehaal het nie.

In Maroela Media se nuuskommentaar van 22 Januarie 2018 word hierdie kwessie bespreek.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Vrydenker Watookal Vlakvark ·

En presies wie almal, by hul name, was die konstitusionele reg kundiges (nie die kundiges in politieke wetenskap nie) van al die partye wat die Grondwet formeel geformuleer het? En welke buitelandse konstitisionele reg kundiges, by hul name, is deur die partye betrek? En kon die SA regslui nie die slagysters en tekortkomige in die geformuleerde Grondwet raaksien nie? En waarom was ‘n finale geformuleerde Grondwet nie aan die kiesers in ‘n referendum (vir of teen die Grondwet) voorgelê nie? Die hele onderhandelingsproses was ‘n oorhaastige morsige besigheid en betaal ons nou duur klasgelde. En dan is daar nog mense wat glo ons Grondwet is die beste in die wêreld! Alles in die kop! Stel jou voor 11 amptelike tale!

Frik Lotz ·

Die NP onderhandelaars is beslis ore aangesit deur die ANC. Vandag weet ons die nee-stem was die regte keuse. Ekself het met trots nee gestem.

Steven ·

Nou is dit te laat…
Ons waarskuwings en selfs smeek by die meederheid Afrikaners het op dowe ore geval.
Ons is selfs as verraaiers en sover as ketters uitgejou, ons is in ons gemeenskappe en in die werk geminag.
Vandag is ons almal in dieselfe bootjie, wanneer hierdie kaarte huis intuimel gaan dit geen verskil maak of jy Ja of Nee gestem het nie, die uitslag gaan pyn wees. Die Afrikaner was toe te eiewys en slim het sy baas gevang.

Chris Ws ·

As ek vandag weer ‘n kans gegee sou word om ja of nee te stem sal ek WEER NEE stem.En dit meen gladnie dat ek die destydse NP regering ondersteun het nie.In teendeel die NP was feitlik net so korrup soos wat die anc is.
Te veel mense het destyds gestem vir die party wat sy/haar pa voor gestem het sonder om die oogklappe afte haal en self te kyk wat is wat.DIT was ons blankes se ondergang.

Henning ·

SA het ‘n republiek buite die statebond geword omdat ons daartoe verplig was. Dr. Verwoerd het ons lidmaatskap om republiek binne die statebond te word, terug getrek omdat dit diudelik was dat SA uit die statebond geskors sou word na republiek wording. Hier was dus geen sprake van nie nakoming van die referendum-beloftes nie.

Akademi Buktu ·

Hy het met sy vertrek terug na SA toe nog by die vliegtuig omgedraai en gesê: “You have won the day, but you have lost the cause!”

Rasper ·

Maar wat is dan die pad vorentoe? My voorstel sou wees om aan te gaan met Afriforum se voorstel om kultureel en “in jou eie kop” vry te wees, net daar waar jy is. Dit spreek baie probleme aan wat nie gehanteer of aangespreek kan word as ‘n mens bv. nou more ‘n Volkstaat uitroep nie. Maar dit spreek regtig nie die Afrikaner se langtermyn oorlewing aan in Suid-Afrika nie. Ek is seker die slim mense by Afriforum weet dit. Hulle het ook die getalle. Die langtermyn plan moet egter wees dat daar binne ‘n bepaalde grondgebied ‘n Afrikaner tuisland moet wees. Ons loop op te veel eiers as dit kom by dit. Ons probeer ook te veel mense tevrede stel. Daar is planne en mense wat bereid is om te help. Maar ek dink, soos die skrywer se voorstelle, word dit maar net ge-“file” in die snippermandjie. En eendag, as almal in Australie en Kanada woon, en die res van ons vir mekaar in die aftree-oord beloer, dan sou die debat nie meer wees oor Ja of Nee stem nie. Maar of ons moes harder baklei het vir onafhanklikheid of nie.

Logika ·

En hierin die kruks van die saak.

Dagdroom en gaan op verbeeldingstogte, soos Walter Mitty… of betaal die hoë prys van werklike vryheid en verloor dalk alles in die proses.

Rasper ·

@Logika. My logika sê vir my dat ons wel met niks gaan sit in die langtermyn. Daar gaan individue wees met baie geld. Noem hulle maar die “Watson’s”. Maar as volk en as Afrikaner middelklas, sal daar in die volgende twee tot drie dekades, niks oorbly, as ons nie langtermyn dink nie. En dit is nie net ek wat so dink nie. Daar gaan letterlik duisende mense, jaarliks uit die land wat dit besef. Hulle dink langtermyn. Wat van my kinders? Wat van die dag as ek oud is? As skuld, ouderdom of ‘n ma of pa na wie jy moet kyk, nie daar was nie, het die meeste more op die vliegtuig geklim. Wanneer mense moet kies tussen ‘n draaglike bestaan in SA of die onbekende oorsee kies hulle die opsie van oorsee. Nie omdat hulle weet dit is beter nie, maar omdat dit vir hulle in die langtermyn beter lyk as wat dit hier gaan lyk. Ons kort daardie langtermyn droom, al is dit maar ‘n dagdroom. Op hierdie oomblik kan ons as Afrikaner nie meer droom nie. En dit is die kruks van die saak.

Kobus ·

Ten gronde van die Ja-stem wat die volk gemaak het was ons gebrek aan geloof en vertroue op ons God. Ons het van Hom afgedwaal en Sy Woord nie meer geken nie.
Ons het vergeet “…Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.” Psalm 127:5 1953-vertaling TEENOOR die 1983 vertaling “…Sulke mense het niks te vrees as hulle met die vyand in die stadspoort onderhandel nie.”
As kind van die Allerhoogste onderhandel jy nie met die vyand nie, jy spreek eenvoudig net dit wat God gespreek het – of dit nou vir die wereld aanvaarbaar is of nie.

Jerry ·

Ja of nee is water onderdeur die brug. Die benarde posisie waarin die Afrikaner homself bevind is die Afrikaner self voor verantwoordelik omrede die meerderheid Afrikaners ja en te min, nee gestem het. Niks gaan dit verander nie. Hoe stem enige regdenkende mens vir n leier wat leier geraak het deur die vorige leier in die rug te steek. Hoe ondersteun enige regdenkende mens leiers wat n volkstaat gedagte voorhou as n geelwortel om lede te werf en dit dan te verander na selfbeskikking sonder n eie volkstaat! Die spreekwoord lui, dat as jy dom is dan moet jy eet en betaal! Die ANC staat, misdadigers, en Afrikaner organisasies maak geld uit die Afrikaner uit. Die ANC en misdaad kom hulle belofte na om die Afrikaner te verarm. Afrikaner organisasies kan nie hulle beloftes vir n volkstaat nakom nie en ook nie om die ANC en misdaad te stop nie, maar hulle kan net soos die ANC n sakeryk vir die elite bou. Wat is fout met onse mense om op sulke mense te vertrou? Die dag wat die Afrikaner besef dat die Afrikaner nie sulke leiers en organisasies nodig het nie, vanaf daardie dag sal die Afrikaner beter daaraantoe wees! Tot dan toe, sal die Afrikaner sy foute bly herhaal!

DewaldS ·

Ek sit nou hier en wonder of jy die gewone Jerry is. Want dan gaan ek vandag die eerste keer 110% saam met Jerry stem.

Johan ·

Nee bly nee by my. En ek sal weer Nee stem . Al die ja stemme kry maar vir julle .ek wonder hoeveel van die Ja stemme se mense is al vermoor en verkrag

Afrikaner ·

Baie dankie Herman vir ‘n baie duidelike maklik leesbare uiteensetting. Nou kan daar geen misverrstand wees nie. Ek plaas ook hierdie skakel waar mens onderaan die kommentare waar prof Hermann Giliomee ook breedvoerig aangehaal is en waar die debat verwoed gevoer is, kan lees. Kom ons vertrou alle ja en nee stemmers lees jou artikel ook ook sommer die debat by hierdie skakel.

https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/steve-my-ja-stem-was-verraad/

Arak ·

Ek dink die een deel van die gebeure wat niemand aanspreek nie, is die impak van vrymesselary in ons vorige regering. Hoeveel van die NP regering was nie vrymesselaars/broederbonders nie, en hoe het dit hulle nie beïnvloed dat hulle hul eie mense uitverkoop het nie.

Charles ·

Kort en kragtig:(en in my opinie)dus is die huidige dispensasie/regime van regmatigheid en/of legitimiteit gestroop a.g.v.prosedurele gebreke;en is die Suid-Afrikaanse staat soos hy nou daaruitsien onregmatig EN KAN ONS ONS(“WIJ”, “WIJ”-besoeker aan trekker pioniervrou in 1800’s “Mevrou:hoeveel onse is daar in ‘n pond “.Die vrou word BLOEDROOI in die gesig!)DAARTEEN VERWEER by internasionale organisasies?

Afrikaners kan ‘n volkstaat uitroep-as ons kan bewys ons word op struktureel gewelddadige wyse onderdruk-maar word ons werklik onderdruk? Kla ons nie net te veel nie? Of het ons bloot ‘n lat vir onsself gepluk,en is ons besig om onsself daarmee te kasty? Wat gebeur by Stellenbosch en Potch? Praat die studente met trots Afrikaans inaggenome dat hulle ons geskiedenis en die geskiedenis van ons taal BEHOORLIK ken, en nie geindoktrineer is om teen hulself oikofobie te pleeg nie?Wat is die situasie op grondvlak? Hoe lyk Potch,hoe lyk en VOEL Stellenbosch?(Vergeet nou maar van UP)

Ons het VELE vyande in hierdie vaderland van ons,wat rondloop soos brullende leeus en hul haatlikheid veral toespits op daardie verhewe en pragtige simbool van ons “onswees”- menswees, nl.ons taal Afrikaans.
Breek hulle dit,ons enigste bolwerk en skynbaar ons enigste WERKLIKE samebindende en saamsnoerende karakteristiek,IS DIT VERBY MET ONS EN HULLE WEET DIT, DAAROM DIE HEWIGE AANSLAG DAARTEEN.
God bewaar ons tot 2038,wanneer dit 200 jaar sal wees sedert ons geword het wat ons is.

Piet ·

MM moenie bakhand staan en bedel vir julleself asook Herman nie as julle nie bereid is om ELKE kommentaar deur te laat nie. Dit kom neer op die hond byt die hand wat hom voed. Julle kry vir elke kliek op julle webwerf n paar sent, so ons is julle kliente wat bydrae tot julle inkomste. Dis oneties!

Cherokee ·

Piet, eers wou ek jou skrywe erken as die skrywe van die dag maar nou het ek besluit om dit die skrywe van die week te maak. Dit verdien egter ‘n selfs beter toekenning.

Herman Toerien ·

@ Piet. Daar is sekere dinge wat teen die wet is, soos haatspraak en die aanhitsing tot geweld, en dit kan Maroela in die sop laat beland. Die sensuur neem baie mannekrag en tyd op, ten spyte daarvan dat Maroela riglyne verskaf het. Ek kan nie namens Maroela praat nie – daar het al immers van my eie “pennevrug” in die slag gebly. Feit is, bydraes en kommentare vol vitrioel en beledigings teenoor ander lesers walg baie lesers en dryf hulle weg. Adverteerders wil ook nie met walglikheid geassosieer word nie, en bly weg. As ek sou ophou skryf oor onderpe wat elke keer ‘n klomp walglike reaksies die lig laat sien, dan word lesers wat dit sou wou lees, daarvan beroof, en dan het ons ‘n ander sensuur. Wat die fondsinsameling betref, was dit moontlik om die regte soort chemo te kry, en is daar reeds ‘n groot verbetering. Baie dankie vir almal se omgee. Die komende Dinsdag en Woensdag kry ek die laaste toediening van die huidige soort chemo, en ‘n beenmurgbiopsie sal meer lig werp.

Piet ·

@Herman, dankie vir jou terugvoer, ek waardeer dit. Ek verstaan heeltemaal wat jy se, maar die kommentare wat nie geplaas is nie het geen van jou bg voorbeelde bevat nie. Baie ander lesers kla oor dieselfde. Dalk het dit te doen met wie die sensuur polisiepersoon op daai oomblik is.

Sterkte met jou siekte en behandeling. Ek glo dit sal met jou goedgaan.

Henry ·

Piet, jy is weereens in die kol.
Maklik om te beweer dat skrywes verwyder is, wat beledigend sou wees, of nie aan die voorskrifte sou voldoen nie. Niemand kan tog ‘n opinie oor die verwyderde poging lug nie. Dis mossie meer te siene nie.
hehehe
Myne en talle kennisse se ervaring is egter dat standpunte wat nie met die betrokke berigskrywer se mening ooreenstem nie, gewoonlik verwyder word.
Hoe ookal, ons het laaaaankal vrede met die ou storietjie gemaak.
Ons verwyderdes leef darem nog.
Die geskiedenis is vrot van ouens wat voortydig die emmer geskop het oorlat en omlat hulle nie met die “alwetendes” wou/kon saam gestem het nie.
En bowendien…
aquila non capit muscas
– mos –
;-)

Ja-nee ·

Die “ou Suid-Afrika” was nie volhoubaar nie. Ons was ekonomies op ons kniee met staatskuld (nog erger as nou want ons kon nie meer leen nie) en glo julle vir een oomblik die massas sou dit maar gedwee aanvaar het as apartheidsbeleide (selfs in meer gematigde vorm) bly voortbestaan het?
Dit verbaas my telkens hoe saggeaard (slapgat?) Suid-Afrikaners is dat hier nog nie ‘n burgeroorlog was nie. Ek weet egter nie hoe lank dit so sou gebly het as die Nee stem gewen het nie.
Ek is nie skaam om te erken dat ek Ja gestem het nie. Daar was nie ‘n ander keuse nie, en wat alles skeefgeloop het intussen kan julle nie op FW de Klerk blameer nie.
Ek is ook nie skaam om te erken dat ek verkies het om in SA te bly nie. Ons leef soos konings hier. Ek hoor nou die dag die stelling dat Afrikaners in hulle Fortuners rondry en kla oor die slaggate. Dis so waar.
Lekker naweek almal. Geniet die heerlike klimaat, natuurskoon, goedkoop bier (in vergelyking met die “Westerse wereld”) en sommer ‘n lekker braai ook. In Afrikaans.
Vrede!

Felix ·

Jy het nie ‘n idee waarvan jy praat nie. Jy lees net oppervlakkig en kies wat jou pas. Jy met jou Furtuner. Jy het die realiteit verpas.

Hendrik ·

Goed gestel. As ons “Ja-stemmers” een groot fout gemaak het, was dit om te glo dat die swart meerderheid hulle by die ooreenkoms sou hou. Vandag sien ons hoe ons minderheidsregte vertrap word – nie omdat daar nie voor beding en onderhandel is nie, maar omdat die ander kant die ooreenkoms ignoreer en hul mantel na die wind draai om mag te behou. Maar ‘n nee-stem sou ‘n volskaalse burgeroorlog tot gevolg gehad het, afgesien van die morele probleme om swartmense se stemreg te ontneem.

Felix ·

Ek het ‘n idee Ja-nee sit daar in die buiteland. (Terloops, hy hoor dit en hy hoor dat die Afrikaners in hul Fortuners rondry.)

Akademi Buktu ·

Ja-nee, diegene wat jou so kritiseer kan gerus P.J. Pretorius, voormalige lid van die Intelligensiediens, se boek VOLKSVERRAAD lees. Dit is gratis as aflaaibare pdf op die Internet verkrygbaar.

Afrikaner ·

Akademi B: Voksverraad en Volkshoop. En ek wed jou Ja-nee het dit nie gelees nie.

Afrikaner ·

Herman ek haal jou hier bo aan: “Uit pres. FW de Klerk se versekerings nog lank daarna, soos die wigte en teenwigte, het ek die gevoel gekry hy was lank nog onder die indruk dat die regeringsopdragte met evaluasies en aanbevelings, wel oorweeg is en neerslag in die finale produk gekry het.”

Dit is vir my soos met Cyril Ramaphosa wat vir mens wil laat glo dat hy as Adjunkpresident onder Zuma was nie bewus van wat om hom in die kabinet aangaan nie. Dus wil FW ook vir ons vertel perdevye is nie perdevye nie.

Afrikaner ·

Aanhaling uit Hermann Giliomee se boek:
Die oggend van 18 November 1993 het die NP-kabinet byeengekom om te hoor wat die uitslag van die beslissende samesprekings tussen De Klerk en Mandela die vorige nag was.
De Klerk het die ministers ingelig dat hy Mandela se eis om meerderheidsbesluitneming in die kabinet aanvaar het, toe het hy die vergadering vir ’n kort rukkie verdaag sodat die kabinetslede oor die saak kon dink.
Dr. Tertius Delport, toe minister van plaaslike regering, onthou hoe geskok hy oor die aankondiging was.
“Ek het besef dit is finaal, die koeël is deur die kerk. Ons het toegegee. Ek het vir dr. Dawie de Villiers, my provinsiale leier, gesê: ‘Ek kan dit nie aanvaar nie, ek gaan bedank.’
“Dawie het gesê: ‘Jy sal dit vir F.W. moet sê.’ Ek het toe na F.W. se kantoor gestap en aan sy deur geklop.
“Toe hy oopmaak, het ek hom aan sy baadjielapelle gegryp en uitgeroep: ‘Wat het jy aangevang? Jy het die land weggegee. Jy het kinders laat onderhandel. Wat ons nou het, is nie magsdeling nie; dit is konvensionele meerderheidsregering. Ons het alle mag verloor.’ ”
Delport was so ontsteld dat hy gehuil het. De Klerk het hom eers probeer kalmeer en toe gevra: “Wat gaan jy doen?”
Delport het geantwoord dat hy van plan was om genoeg kollegas bymekaar te kry. “Saam met die Konserwatiewe Party se koukus sal jy nie meer ’n meerderheid hê nie.”
Dan, het De Klerk gesê, sal daar ’n burgeroorlog wees.

Afrikaner ·

Hier is nog ‘n uittreksel uit die boek:
Joe Slovo van die SAKP, latere minister van behuising, het later vertel: “Ons het die
stryd om ’n uitvoerende gesag met meerderheidsbesluitneming gewen, iets wat ons nooit gedink het ons sal regkry nie. Nie een van ons het selfs ’n week tevore gedink ons kon dit wen nie.”
De Klerk gee ’n ander weergawe in sy memoires. Hy was van die begin af ten gunste van die konsensus-model, het hy geskryf, want dit sou vir die kabinetslede makliker gewees het om konfrontasie of ’n stemmery te vermy as hulle konsensus moes soek.
Dit was egter nie wat in die referendumveldtog ‘n jaar tevore uitgestippel is nie.
Op 18 November 1993 is desperaat rondgeskarrel om op die nippertjie nog finale ooreenkomste te formuleer.

Afrikaner ·

Mostert na die maal, maar wat sou gebeur het as FW wel destyds sy belofte aan die volk gestand gedoen het en ons hom met die tweede referendum teruggestuur het om ‘n beter skikking te onderhandel?

Cherokee ·

Afrikaner, ek het ‘n baie kort repliek op jou skrywe.

Tydens ‘n KP-vergadering in Blyvooruitzight Ontspanningsaal kort voor die referendum, het ek as Voorsitter van ‘n tak van die HNP, heel heethoofdig op die platform geklim saam met die KP-kandidaat Ferdi Hartzenberg.
Oom Ferdi, ek neig te dink jy boer êrens in die Noord-Weste van die land, maar mag natuurlik verkeerd wees omdat jou kòme en gàne my glad nie interesseer nie. Tòg behoort jy dit te onthou.

Ek het die KP-kandidaat trompop geloop met ‘n beskuldiging wat hom laat besluit het om aandag eerder aan ànder vrae te skenk. Myne was nie ‘n vraag maar ‘n stelling. Ek het gesê die KP is ‘n breinbaba van die Nasionalistiese Party (lees Pik Botha & kie) gestig om die konserwatiewe stem te verdeel. Dit was uiters geslaagd want relatief kort na die ontstaan van die HNP het Andries Treurnicht die KP gestig met ‘n identiese konstitusie maar hulle het ons opponeer in elke verkiesing, behalwe met die referendum waar die KP ook Nee gestem het.

Toe ek jare later die boek ‘Volksverraad’ lees, het ek bevestiging gekry vir my voortydige aanname.

Afrikaner ·

Dankie Cherokee, dit neem egter nog nie die feit weg dat FW die volk uit ‘n tweede beloofde referendum ‘gesit’ het nie. (Prof, Hermann Giliomee stel dit in sy boek hy kon daardie aantyging nog sterker gestel het, baie.)

Afrikaner ·

Ek is net dankbaar dat FW kan vandag nog die waarheid onder oë kry.

Vir wat dit werd is.

Cherokee ·

En èk is dankbaar dat diegene wat my geskel het as ‘n herzogiet (terwyl sòmmige van húlle (die klemtekens dien ‘n doel) tog daarna teen die Nasionale Party gestem het (maar stèèds teen konserwatisme) en hul kruisies vir die KP getrek het.

Onkundigheid in polikikisme neig in ‘n feit te wees deur mense war stem oor wat die buurman voorstel.

Hennie ·

Ek het ja gestem en vandag weet ek, ek het die verkeerde ding gedoen. Ons burgeroorlog is net uitgestel. FW de Klerk, Roelf Meyer, Pik Botha ens. Ek is skaam ek het vir julle gestem !!!!

John ·

Dit wil blyk dat De Klerk reeds voor hy president geword het, van voornemens was om hierdie drastiese stap te neem… eintlik die twee De Klerk-broers. Soos die ANC nou, het die NP-kiesers die politieke besluite in die hande van ‘n paar manne gelaat oa Pik Botha wat met sy gereelde shows die volk betower het. Die blankes het verkeerde leiers gekies en hulle mag oorgegee. Waar het Roelf Meyer uitgeval… skielik ‘n wizard of oz?

Hennie ·

Ek is skaam vandag om te sê ek het vir FW, Pik, Roelf en die mense geglo. Het hulle burgeroorlog gekeer ? – Nee ek dink net uitgestel. Op die oomblik val alles uitmekaar. Dis ‘n kwessie van tyd !! Almal is keelvol vir die gemors waarin ons land nou is.

Felix ·

Laaste brief van Jopie Fourie:

Getrouwe Afrikaners, vrienden en vriendinnen, bij de tijd dat gij dit schrijven ontvangt dan is Jopie bij zijn Hemelse Vader.

Om vijf uur vertrek ik van hier op de reis naar de eeuwigheid met de getrouwe Leidsman en Vriend Jezus. Ik heb u vele allen te bedanken voor de boom die geplant is en met mijn bloed benat wordt. ‘T zal opgroeien tot een groten boom en het zal heerlijke vruchten voortbrengen. Wees getrouw aan uw volk aan uw tradities, aan uw Godsdienst en aan uw God.

De Heere zal u leidenen u den weg wijzen waarheen gij moet gaan. Schrijf op mijn grafsteen deze woorden: Voor God en Vaderland. Ik ben nog jong en mijn leven is zoet. Maar dank god Hij heeft mij los gemaakt. Ik heb niets dat mij hindert, geen haat, geen liefde. God zal voor mijn geliefde zorgen, God komt de wraak toe. Getrouwe vrienden en vriendinnen weest overtuigd dat ik uw sijmpathie gebeden waardeer. Het spijt mij dat ik u allen niet de hand kan drukken maar God heeft anders gewild en Hij heeft mij kraght gegeven om mij aan zijn wil te onderwerpen. Dat is mijn laaste letters die ik schrijven zal en mijn vermaning is. Wees getrouw tot den dood. Wees getrouw aan uw tradities, aan uw volk, aan uw taal. God zij met u allen tot wij wederzien.

Jopie

Jy ken my ·

Cherokee, baie, baie pink saam met jou ‘n traan, vir baie bring hierdie tye onvrede in die hart.

Maar dit maak ons menswees reg, trippelvoudig.

Jy ken my as natuurmens, sommer net verlore mens ·

Die laaste dag?

Die son se strale gooi lang skaduwees oor die veld, ons verkyk ons aan die mopanies links van die pad wat in herfskleure vlam met skakerings groen tussenin, die bome en struike se diep oorlangse groewe donker stamme en takke, die gelerige bamboeskleur van die lang grasse in die veld soos die flou laatmiddagson daarop val.

Die grasse beur na alle kante, op plekke is dit dig vervleg.

So in die ry beloer ons ‘n immergroen tregtervormige plant wat tot ‘n meter en ‘n half hoog kan raak, dit groei daar op plekke langs die pad, ook staan hier en daar sulke plate tussen die mopanies.

Die plant het smal vaalgroen haaragtige blare, skerp reuk soos katbos en ons verneem dit staan in bekend as sebra sweetbos, maar word ook bitterbos, stink bitterbos, of stinkbossie genoem.

John ·

…. eintlik baie pleisted afgetrek van ou swere… Miskien kan gekyk word na die volgehoue rol van die OSF(Open Society Foundation) van George Soros wat in 1979 reeds hier in Kaapstad geaktiveer is om glo demokrasie en bevryding te bewerkstellig en nou die 25 jaar van sy suksesvolle omverwerping van ‘n ordelike bestel vier. Dieselfde Soros is nou regoor die wèreld aan die woel en geld-gooi om hierdie Nuwe Wèreld Orde te laat gedy… die ANC en spesifiek CR se groot vriend… en vyand van Trump en Israel…

Gert Bothma ·

Iemand het voorheen opgemerk dat die vraag tweeledig was: Eerstens-Moet onderhandeling voortgaan? Tweedens-Soos wat FW en bende dit doen? En die antwoord was Ja en Nee. Waarmee ek saamstem. Ek was nooit bewus van ‘n moontlike 2e referendum nie. In elk geval, die FW-bende het reeds hul “30 silwer sikkels” van die joods- angelsaksiese geldmag ontvang, waarvan die deursnee burger nie bewus was nie. Dus het hulle alles in die stryd gewerp om ‘n “ja” stem te kry.
Ek onthou dat tydens ‘n nuusberig op SAUK aangekondig is dat Noorweë beweer dat hulle handelsbande met RSA sal verbreek as die nee stem wen. Wat was die reaksie van die deursnee oningeligte Afrikaner: Oeee, ons gaan verarm! Oeee ons sal nie meer ons sportgodjies op Loftes kan aanbid nie! Oeee, ons sal nie meer brannewyn en coke kan bekostig nie ! DIE FEIT WAS: NOORWEë HET NOOIT VOORHEEN HANDELSBANDE MET SUID AFRIKA GEHAD NIE !

Boer van Zyl ·

Iemand het voorheen opgemerk dat die vraag tweeledig was: Eerstens-Moet onderhandeling voortgaan? Tweedens-Soos wat FW en bende dit doen? En die antwoord was Ja en Nee. Waarmee ek saamstem. Ek was nooit bewus van ‘n moontlike 2e referendum nie. In elk geval, die FW-bende het reeds hul “30 silwer sikkels” van die joods- angelsaksiese geldmag ontvang, waarvan die deursnee burger nie bewus was nie. Dus het FW en kie alles in die stryd gewerp om ‘n “ja” stem te kry.
Ek onthou dat tydens ‘n nuusberig op SAUK aangekondig is dat Noorweë beweer dat hulle handelsbande met RSA sal verbreek as die nee stem wen. Wat was die reaksie van die deursnee oningeligte Afrikaner: Oeee, ons gaan verarm! Oeee ons sal nie meer ons sportgodjies op Loftes kan aanbid nie! Oeee, ons sal nie meer brannewyn en coke kan bekostig nie ! DIE FEIT WAS: NOORWEë HET NOOIT VOORHEEN HANDELSBANDE MET SUID AFRIKA GEHAD NIE !

Gert ·

Ek glo vas as hulle eenvoudig minderheidsregte soos bv vetoreg as ononderhandelbaar gestel het, sou die ander spul uiteindelik ingegee het, want ons het al die mag gehad: Weermag, politieke mag, geldmag. Hoekom FW ingegee het sal net hy weet, maar dit was absoluut die doodsvonnis van die Afrikaner.

JAN ·

Liewe Herman
Smaak my dat omtrent al die skrywers hier het minder as 10 % van hul lewe oor. Ons kan nie meer bekostig om dieselfde foute te beleef nie.
Daar is net nie genoeg tyd oor nie, Ons is meer bevoorreg as Jopie Fourie ja..
In ons tyd het ons beleef hoe dat die Nongwasi Pers /Media die Kerk se plek gevat het as nuwe Kultus Dogma bygeloof religie. Ja Vorster se Kerkkaping. Uiters suksesvol in die mees gesofistikeerde geestelike oorlog ooit. Om ‘n volk te oortuiig van selfmoord. self kastyding ens Google Baalkuktus.
As ons glo en daarvoor vra sal God Sy engele stuur om ons te red – in die vreemdste gedaantes. Hulle sal verskyn uit die niet.
Selfs uit die Massa Media uit hmm?
Seenwense vir julle almal .

JAN ·

Kerkkaping?
Pous John Vorster het 46 jaar gelede gesorg dat HNP s se kinders nie in die NGK gedoop word nie.!!! Met ons gebeur. Absoluut diabolies.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.