Westerse hoenders kom huis toe

‘n Pro-Palestynse betoging in die VSA op 18 Oktober 2023. (Foto: Ali Khaligh / Middle East Images / Middle East Images via AFP)

In 1809 het die Britse digter Robert Southey in sy gedig “The Curse of Kehama” ʼn stelling gemaak wat sedertdien toenemend ʼn politieke konnotasie gekry het. Southey se stelling “Vervloekings is soos jong hoenders; hulle kom altyd huis toe om te slaap” word reeds vir meer as twee eeue lank gebruik om te verwys na politieke of ander verkeerde dade waarvan die gevolge uiteindelik wel uitspeel.

Die uitdrukking van hoenders wat sonder twyfel in die aand sal terugkeer om te slaap, word die afgelope paar dae weer toenemend in Westerse lande gebruik, veral na aanleiding van reusagtige pro-Palestynse betogings wat ook toenemend gewelddadig is, maar wat veral bevestig dat immigrasie oor jare tot ʼn massiewe onassimileerbare Moslem-bevolking in die meeste Westerse lande gelei het.

Saterdag het byna driehonderd duisend mense in die Amerikaanse hoofstad Washington DC aan ʼn pro-Palestynse betoging deelgeneem. Betogers het regdeur die Amerikaanse hoofstad Amerikaanse vlae met Palestynse vlae vervang, terwyl slagspreuke geuiter is wat die uitwissing van alle Jode en die versoek vir ʼn “intifada” of burgerlike opstand, ingesluit het. ʼn Honderd duisend betogers het voor die Withuis saamgedrom, die reusestaalheining om die Withuis probeer afbreek en toe die standbeeld van die voormalige Amerikaanse president Andrew Jackson probeer afbreek. Nog tientalle ander standbeelde is ook beskadig.

Saterdag se betoging was, net soos betogings die afgelope paar weke in talle ander Amerikaanse stede, maar ook in stede in Brittanje, Nederland, België, Frankryk, Italië, Swede en Duitsland, nie bloot pro-Palestynse betogings wat oor ʼn besorgdheid oor Palestyne tydens die huidige oorlog in die Gasa-strook of selfs die lewensomstandighede van Palestyne in die algemeen gegaan het nie. Die betogings is meestal ook pro-Hamas-betogings met die vlag van dié terreurgroep wat saam met vlae van ander terreurgroepe soos Al-Kaïda en die Islamitiese Staat by al die betogings gebruik word.

In Duitsland het dié land se visekanselier, Robert Habeck, ʼn lid van die linkse Groenparty, verlede week in ʼn videotoespraak aan lede van sy party gesê dat Hamas vernietig moet word omdat dit die proses van vrede in die Midde-Ooste vernietig. Habeck het in dieselfde video sy kommer uitgespreek oor die hernude opkoms van anti-Semitisme in Duitsland, met spesifieke verwysing na reusagtige pro-Hamas-betogings wat die afgelope tyd in Berlyn plaasgevind het. Habeck is selfs bereid om Hamas-simpatiseerders na hulle lande van oorsprong te deporteer.

In Brittanje het dié land se adjunk-premier, Oliver Dowden, Sondag sy ernstige kommer uitgespreek oor ʼn enorme pro-Palestynse betoging wat vir eerskomende Saterdag in Londen beplan word. Dit sal saamval met Wapenstilstandsdag waarop die einde van die Eerste Wêreldoorlog herdenk word. Die afgelope Saterdag is vier polisiemanne in Londen beseer toe pro-Palestynse betogings handuit geruk het.

Die VSA en byna elke land in Wes-Europa het deesdae snelgroeiende Moslem-immigrantebevolkings wat reeds tussen 10% en 20% van hierdie lande se bevolkings uitmaak. Dit is baie duidelik dat hierdie immigrantebevolkings geen behoefte het om te assimileer nie. Hulle skep bloot in Westerse lande parallelle samelewings wat dan ekonomiese voordeel uit die rykdom en ekonomiese omvang van die gasheerland put.

Dit raak al hoe duideliker dat jarelange byna onbeheerde immigrasie tot ʼn krisis in Westerse lande lei. Die optrede van immigrantebevolkings en toekomstige botsings en konflik mag dalk net die Weste se spreekwoordelike hoenders wees wat tuiskom om te slaap.

Hierdie nuuskommentaar is deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Etniese groepe in Noord Amerika en Europa gaan eventueel terugslaan en hul lande terugneem, met katastrofiese gevolge.

Richard ·

Ek dink daardie tyd het gekom en gegaan . Europa – veral Wes Europa het alreeds in verskeie dele spontane segregasie tussen mense op grond van kultuur en veral geloof.
Sommige stede het al die sogenaamde “no-go zones” waar etniese Europeërs dit nie meer waag nie.

Konflik sal daar wees, maar dit sal gepaardgaan met enklawes wat basies “oorgegee” moet word aan Moslem meerderhede. – Brussels is nie ver daarvan af nie., met meer as ‘n kwart al reeds Moslem.

Die Westerse beskawing is aan die doodbloei – ongelukkig.

Republikein in die Wes Kaap ·

Richard, daar kan weer ‘n Hilter na vore tree wat nasionalisme aanwakker. Maar hierdie keer sal hele westerse wêreld hom/haar volg.

Manie ·

Dis tyd dat die wêreld gesuiwer word, daar is hopeloos te veel mengelmoese.

annie ·

As mense jou plaas oorneem en in jou huis intrek nadat jy verwilder is en jou nie wil toelaat om weer jou eiendom te betrek nie, is dit steeds nie die nuwe intrekkers s’n nie en gaan dit mettertyd oor na jou nageslag. Dit is wat met die Jode gebeur het en nou wil die Moslems ea Arabiese groepe hulself wysmaak dat dit so kan werk. Net omdat vreemdes nie die geskiedenis ken nie en met die intrekker wil saamstem word dit steeds nie die waarheid nie.

Sokrates ·

Taliban, Hisbolla, Hamas, Isis, Al-Shabaab, Al Kaida, Hoethi, ens………wie dink dat hierdie Islamitiese ekstrimistiese groepe belangstel in beskaafde ronde tafel gesprekkies en demokratiese politieke oplossings vir enige lande se probleme, is verby naiëf. Daar is maar een agenda, en dit is die uitwissing van Israel en die Islamisering van die Weste. Maar die Weste slaap, wyl die huis oop en bloot geplunder word…. hulle eie woke gebreinspoelde burgers die “useful idiots” in hierdie grootste krisis vd westerse beskawing.

Heinrich ·

Sekondeer Sokrates, uitstekend gestel. Hierdie is ‘n uitstekende voorbeeld van die ‘sukses’ van heterogene en inklusiewe gemeenskappe. In al die eeue voor die laaste dekade of twee het soveel mense hulle lewens gegee om hulle lande te beskerm, totdat die homogeniteit van ‘n land deur die ‘verligtes’ as ‘n euwel afgemaak is en hulle hul land weg gegee het in die naam van ‘inklusiwiteit’. Die lefties het gekies om verby die radikale kant van die indringers te kyk en siedaar, hulle land is oorgeneem sonder enige weerstand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.