Zindzi Mandela en die internasionale beeld van Suid-Afrika

Zindzi Mandela (Foto: Twitter)

Verlede Vrydag het die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Denemarke, me. Zindzi Mandela, verskeie rassistiese en verdelende Twitter-boodskappe die wêreld ingestuur. Volgens mediaberigte wat daarna gevolg het, het dit ook kru taal ingesluit.

In reaksie hierop het AfriForum die nuwe minister van internasionale betrekkinge en samewerking, dr. Naledi Pandor, versoek dat sy na Suid-Afrika herroep en afgedank moet word. Daar is talle redes hiervoor.

Daar is die onaanvaarbare inhoud van haar boodskappe. Regstappe is in die onlangse verlede teen ander Suid-Afrikaners vir soortgelyke verdelende boodskappe geneem en sy is nie bo die reg verhewe nie.

Daar is die trant van die boodskappe. ’n Diplomaat moet … wel … diplomaties wees. Hy of sy kan hom of haar nie tot vernederende en kru taal wend oor kwessies waaroor hy of sy persoonlik sterk voel nie, wat ook al die rede daarvoor mag wees.

Dan is daar die feit dat sy bewys het sy is nie in staat om haar verantwoordelikheid as ambassadeur te begryp en diensooreenkomstig op te tree nie. Jy kan eenvoudig nie wegkruip agter die verskoning dat so ’n boodskap in jou persoonlike hoedanigheid gestuur is nie, want die oomblik waneer jy so ’n openbare amp aanvaar, word enige openbare uitlating deel van die beeld van jou land en al sy mense wat jy in daardie posisie uitdra.

Diplomate, en veral ambassadeurs, moet eintlik die “glas halfvol-” en die “goue randjie om die wolk”- mense wees. Hulle moet buitelandse sake- en politieke vennote oortuig hulle land is dié diamant tussen die klippe wat beleggings, handelsooreenkomste en enige ander voordelige ooreenkomste meer as hulle mededingers verdien. Hulle moet baie beslis nie die beeld van ʼn verdeelde, haatdraende land met geen respek vir basiese regte soos eiendomsreg uitdra nie.

Ook omdat die uitlatings kom van iemand in haar posisie, dra dit gesag by lesers. Dit skep die indruk van ’n uiters onstabiele gemeenskap van haatdraende wraaksoekers. Daarteenoor is daar die bevindings van navorsingseenhede soos die Instituut vir Rasseverhoudinge wat aandui dat verhoudings tussen gemeenskappe op grondvlak in die land veel meer ontspanne is as wat dié soort uitlatings ’n mens wil laat glo. Die meeste buitelandse reisigers, beleggers of sakelui gaan nie moeite doen om vas te stel wie is reg – die ambassadeur of die dinktenks – nie. Hulle gaan eenvoudig ander lande bekyk wat minder ingewikkelde verhoudingsbeelde uitdra.

Politici en diplomate het Suid-Afrika se buitelandse beeld die afgelope jare baie skade berokken. Amptelike standpuntinname jeens gebeure in Mianmar, die DRK en Venezuela laat yslike vraagtekens by die internasionale gemeenskap oor die regering se verbintenis tot die bevordering van menseregte hang.

Dan is daar buitelandse verteenwoordigers se persoonlike skandes. In 2018 het ek al geskryf oor senior diplomate wat skuldig bevind is aan of aangekla is weens bewerings van seksuele teistering, strafbare manslag, dronkbestuur, aanranding, die verswyging van ʼn misdaadagtergrond, voorsiening van vals inligting oor kwalifikasies, asook die oortreding van belastingplig en arbeidswetgewing.

Oor die politieke skade wat die staatskapingsaga aangerig het en steeds aanrig, hoef ek nie uit te wy nie.

Dit is wel so dat die gemiddelde buitelander wat weinig in politiek belangstel, dalk nie juis kennis neem hiervan nie. Waarvan hulle wel weet, is die rampspoedige hantering van visumaansoeke wat binne enkele jare ons toerismebedryf al miljoene of selfs miljarde rande gekos het.

Daarmee saam gaan die reputasie wat Suid-Afrika toenemend weens misdaad, maar ook voorvalle van xenofobie as onveilige bestemming verkry. Al hoe meer lande reik reiswaarskuwings aan voornemende besoekers aan Suid-Afrika uit. Die natuurskoon, fauna en flora, goeie weer en mooi strande van Suid-Afrika is besonders, maar vele ander lande het soortgelyke unieke ervarings wat hulle kan aanbied, sonder dat die toeris daar ekstra versigtig hoef te wees.

Vele van die bestemmings het ook blitsvinnige visumaansoekprosesse, of vereis nie eens visums nie, dus vra dit veel minder moeite en koste van die gemiddelde toeris om daarheen te reis.

Onder hierdie omstandighede is die uitdaging vir diplomate groter. Hulle moet op eiers kan loop sonder dat doppe eers liggies bars. Hulle moet baie beslis nie Twitter-boodskappe uitstuur soos wat Zindzi Mandela gedoen het nie. Sy het ’n verleentheid vir almal in die land veroorsaak en beslis bygedra tot die gebrek aan beleggings, handelsooreenkomste en toerisme wat elkeen van ons raak.

As sy nie bereid was om neutraal te staan teenoor alle Suid-Afrikaners nie, moes sy ’n ander loopbaankeuse gemaak het. Jy kan nie gelyktydig politieke aktivis en diplomaat wees nie. As aktivis kon sy kwessies wat haar kwel, soos ongelykhede in die gemeenskap en beskuldigings oor die verlede op ’n aktivistiese manier benader. As diplomaat was sy in ’n unieke posisie om oplossings daarvoor langs ander kanale te probeer vind.

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking. (Foto: Twitter)

Denemarke is een van die mees welvarende en geletterde gemeenskappe in die wêreld. Dit bied voorbeelde van beste praktyke in die ekonomie en opvoedkundige stelsels waarmee gemeenskappe in Suid-Afrika bemagtig kan word om maatskaplike ongelykhede te oorbrug. Dit behoort haar fokus te wees, in plaas van die onaanvaarbare sondebokskepping van wit inwoners van die land wat sy verteenwoordig.

Die afgelope naweek kyk ek na ’n onderhoud met die politikus, akademikus en voormalige diplomaat, Kishore Mahbubani. Hy skryf Singapoer se groei van Derde Wêreld- na Eerste Wêreldland toe aan drie dinge, naamlik meritokrasie (die aanstel van die beste mens in elke pos), pragmatiese verhoudingsbou en eerlikheid.

Hierdie benadering sou ook Suid-Afrikaanse diplomate se reputasie kon herstel: die aanstel van slegs uitnemende diplomate in senior poste in plaas van kaderontplooiing; dat hulle hul verantwoordelikhede oordeelkundig en onbevooroordeeld hanteer; en dan natuurlik dat hulle eerlikheid beoefen om skandes, soos wat bo genoem word, te voorkom.

Die twiets van Zindzi Mandela is ’n waterskeidingsoomblik waarin die nuwe minister van internasionale betrekkinge en samewerking kan aandui dat dít die resep is wat voortaan gevolg gaan word óf (soos haar voorgangers) die stof wat opgeskop is, onder die mat vee en aanploeter op die rampspoedige pad van die afgelope jare.

Dit sal ook bepaal hoe AfriForum, buitelandse regerings en ander belanghebbendes die situasie verder hanteer.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Alana Bailey

Alana Bailey is lid van die Afrikaanse Taalraad en adjunk uitvoerende hoof van AfriForum (verantwoordelik vir internasionale skakeling, taal en kultuur).

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Elizabeth ·

Indien minister Pandor nie me Mandela terugroep en afdank nie, behoort ons as beledigdes Denemarkte te vra om haar uit te sit. Dis seker maar die droom van ‘n dromer, maar dit sal haar ten minste in die verleentheid stel in die ryk samelewing waar sy haar so ten volle uitleef te midde van mense soos dié wat sy verafsku …

D Meyer ·

Ek is reeds as lid van die publiek, landbouer/boer/grondeienaar in RSA, voormalige gesant na die Koninklike Veterinere & Landbou Universiteit in Frederiksberg Kopenhagen in gesprek met die Deense Ambassade in Suid Afrika. Ek het n versoek gerig dat Denemarke behoedsaam moet wees en n morele verpligting het om nie n platvorm te skep waarvandaan rassiste in gesagsposisies haatspraak teenoor minderhede moet uiter nie. Die Ambassade het ontvangs van my eerste brief erken en bepaalde voorstelle gemaak. Die brief is reeds opgevolg met n tweede brief. Ek kan u meedeel dat dit blyk dat die Deense Ambassade relatief ongemaklik is oor die situasie, maar dat dit ook duidelik blyk dat hulle nie te veel rimpelings by die Suid Afrikaanse regering wil veroorsaak nie. Ek het dit nie daar gelaat nie en die Ambassade meegedeel dat ek nie sal nie huiwer om inligting wat gekommunikeer word met die Deense Ambassade aan vrye media derdepartye te ontbloot, sou ek nie die satisfaksie wat ek verwag,kry nie.

Anoniem ·

D Meyer, ek haal my hoed vir jou af. Jy kla nie net soos baie ander nie, jy doen.

Baie, baie dankie vir jou moeite.

@ D Meyer ....Ai ·

Ek waardeer wat jy doen en se vir jou opreg dankie.. Ons kan of niks se of niks doen of ons kan wel iets doen soos jy en n verskil probeer maak al is die kanse klein om n positiewe resultaat te behaal..

Lee ·

Ek haal my hoed vir jou af om direk met Denemarke te kommunikeer. Pleks ou Steve dit eerder gedoen het ipv terug te tweet en sodoende wil homself moeilikheid gemaak het.

Koos ·

Dankie D Meyer. As ons moet wag dat ons regering iets moet doen, sal ons kinders en kleinkinders nog steeds nie resultate sien nie

Tog te jammer ·

Hoop nie jy het nog familie hier nie want duidelik het jy geen hart vir hulle nie.
Bly jy het land verlaat. Ons het jou tipe nie hier nodig.

Pieter olivier ·

Zindzi Mandela verpersoonlik die onvolwassenheid en minderwaardigheidskompleks waaraan baie sg leiers veral uit die swart geledere ly. Sy wil graag iets wees maar het nie die persoonlikheid van ‘n winter muskiet nie. Sy doen die nalatenskap van Nelson Mandela oneer aan. Sy probeer om ‘n tweede Winnie te wees.

Andreas ·

Sy ry op die rug van ‘n kameel. Sukses en die uitleef van ander kwaliteite word by verre hard voor gewerk soos baie van ons oor kan getuig, vir ander val dit in die skoot omdat jy ‘n kader is, of jy is maar in die ‘regte’ familie gebore.

Oom Koos ·

Jammer.Die Deense regering het die grond aanbid waarop oorle Nelson Mandela geloop het. Hulle sal net mooi niks doen om sy dogter oor haar rassistiese opmerkings aan te spreek nie.

Corma ·

Wonder wat se kwalifikasies het sy gehad om in die pos aangestel te word!!? Sy sal tien-teen-een teruggeroep word en ‘n kabinetspos aangebied word, daarvoor kwalifiseer sy, ongetwyfeld!!

Mieliestronk ·

Moet mooi dink oor Mandela
Die appel val nie ver van die boom af nie

Jeremia ·

Sowaar, nogal vanuit Denemarke al die galbrakery!
Verbeel my so heel vaagweg dis ‘n Eerstewêreldland met ‘n eeue-oue geskiedenis wat duidelik is oor wie die land eintlik opgebou én aan die gang gehou word.

Swartwolf ·

Offspring van bomplanter en necklace artist. Waarom sou mens beter verwag ?

Ai. ·

Swartwolf so het ek ok gedink! Ek gee jou n thumbs up! Aartjie na vaartjie…Beide was moordenaars!

En nou? ·

Hahaha. Dankie vir die lag, ek wonder wat sou Stompie te se gehad het!

onnie ·

Dit is seker ook maar moeilik om daar te sit en te wonder waar jou volgende bonus vandaan gaan kom- soos dinge nou staan met die begroting wat nie klop nie en die soustrein wat so onseremonieel tot stilstand geknars het. Haar uitlatings is seker stresverwant

W Horn ·

D.Meyer, Dankie jy doen dit op die regte manier. Dit help nie ons praat net op Maroela Media Forum nie, ons moet die buiteland betrokke kry. Gebruik alle moontlike buitelandse
kanale om druk uit te oefen.

Erika ·

Sy vergeet dit is ons belastinggeld wat haar betaal!
Dank haar af en laat sy hier tussen haar EFF aanhangers kom werk…

Chris.E ·

Ek weet nie hoekom ons met diesulkes in ‘n geveg wil betrokke raak nie. Ek het beslis beter dinge om te doen as om met ‘n onbeduidende persoon in ‘n is/issie bekgeveg betrokke te raak. Die ou spreekwoord. Meng jou met semels.

San ·

Lyk vir my inelkgeval of sy net daar in die verte lekker” shop “ met die belastingbetaler se geld.

Swartwolf ·

Om diplomaties te wees verg ‘n sekere kognitiewe vermoe en intelligensie.

Spike ·

Swak selfbeeld veroorsaak dat jy nie ñ goeie beelddraer is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.