Bekostigbare aftrede in ’n Bosveld-atmosfeer

Veilige aftreelandgoed wat gemoedsrus bied (Foto verskaf)

Aftrede in ʼn Bosveld-omgewing is menige senior burger se droom. Om egter ʼn geskikte aftreeplek in die Bosveld te vind wat naby goeie mediese dienste is, wat behoorlike ondersteuning- en versorgingsdienste op die terrein beskikbaar het, wat in ʼn omgewing met goeie infrastruktuur geleë is en wat boonop nog bekostigbaar ook is, is nie so maklik nie!

Central Developments het weer die spyker op die kop geslaan met die bekendstelling van Bergvallei Aftreelandgoed in die heerlike Bosveld-klimaat van Montana in Pretoria. Hierdie nuwe landgoed is die veertiende in Central Developments se reeks suksesvolle aftree-ontwikkelings wat fokus op ʼn gesonde, aktiewe leefstyl met die bykomende gemoedsrus van behoorlike versorgingsfasiliteite.

Bergvallei Aftreelandgoed grens aan ʼn 18 hektaar-natuurpark met ʼn standhoudende waterstroom waar die sang van Bosveldvoëls en ʼn rooibok of twee jou gou sal laat glo dat jy ver buite die stad in die Bosveld woon. Hierdie omgewing se gematigde Bosveld-klimaat is waarskynlik die grootste rede waarom honderde afgetredenes hulself oor die afgelope jare in verskeie aftreeoorde in die area kom vestig het. Bergvallei is al die derde aftreelandgoed wat dié bekende ontwikkelaar in hierdie omgewing ontwikkel.

Ruim moderne vloerplanne om van te kies (Foto verskaf)

Volgens Chané Wessels, verkoopsbestuurder by Bergvallei Aftreelandgoed, vorder verkope uit die staanspoor flink met ʼn groot deel van fase een wat reeds uitverkoop is. Sy meen dat dit veral die bekostigbaarheid van hierdie aftreehuise en -woonstelle én die beurtkragoplossings is wat kopers na dié nuwe ontwikkeling lok. Soos in die geval van al Central Developments se vorige aftreelandgoedere, stel hulle hier ook van meet af aan volledige versorging- en ondersteuningsdienste op die terrein beskikbaar. ʼn Uitgebreide leefstylsentrum van ± 3 100 vierkante meter met ʼn 24 bed-sorgeenheid, mediese spreekkamer, restaurant en koffiewinkel, groot Bosveld-kuierstoepe, ʼn haarsalon, biblioteek, ontspanningsaal en sentrale sitkamer, word reeds in die eerste fase voltooi en in gebruik geneem. Voornemende inwoners kan dus met ʼn geruste hart weet dat alle ondersteuningsdienste reeds aan die einde van die eerste fase beskikbaar sal wees.

Bergvallei Aftreelandgoed bied aan voornemende inwoners ʼn keuse van wooneenhede uit niks minder nie as 28 verskillende vloerplanne.

Splinternuwe wooneenhede met volle eiendomsreg en effektiewe beurtkragoplossings reeds geïnstalleer, is beskikbaar vanaf so min as R795 000.

Die skouhuise is daagliks tussen 09:00 en 17:00 op skou en belangstellendes kan skakel vir aanwysings en om ʼn afspraak te maak.

Die eerste fase word tans teen bekendstellingspryse verkoop en omdat belangstellendes direk van die ontwikkelaar koop, betaal hulle geen agentekommissie of  oordragkostes nie. Hoewel inwoners bo 50 moet wees, is kopers van enige ouderdom welkom om te koop. Vir diegene wat nou al wil begin voorberei vir hul aftrede en solank ʼn aftree-eenheid wil koop vir latere gebruik, is daar intussen uitstekende langtermynhuurders beskikbaar.

Maak nou gebruik van hierdie unieke geleentheid. Skakel 0600 481 273 vir ʼn afspraak of besoek www.retirenow.co.za vir meer inligting.

Konstruksie vorder baie goed en die skoudorp is daagliks oop vir besigtings (Foto verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.