Die meganika van beleggingskeuses

Deur Thys van Zyl – hoof van produkontwikkeling by Everest Wealth

Thys van Zyl, hoof van produkontwikkeling by Everest Wealth (Foto verskaf)

Die finansiële wêreld bestaan uit baie ratte wat inmekaarpas. Dit kan moeilik wees om te verstaan hoe al die faktore jou finansies beïnvloed. Ek gaan hier ’n bietjie agtergrond oor die meganika van beleggingskeuses gee. Dit sal jou toerus met ’n woordeskat wat jy kan gebruik om die ekonomiese landskap te verstaan.

Daar is ’n aantal faktore waarna ek verwys wanneer ek ’n kliënt se portefeulje opstel. Dit sluit in: kommoditeite, die wêreldgroeiprojeksies, inflasie en markte (plaaslik en internasionaal).

Wanneer ek van kommoditeite praat, is daar drie belangrike kommoditeite waaraan ek altyd dink: olie, goud en gas. In die afgelope jaar het die prys van olie geleidelik gestyg. In Maart vanjaar het dit ’n hoogtepunt bereik. Dit is veral die styging van die olieprys in Maart wat inflasie opgestoot en daarmee saam slegte nuus teweeggebring het vir die res van die wêreld. Olie het werklik so ’n groot invloed – dit is sekerlik die grootste rat in die ekonomie. Oliepryse het ’n verreikende invloed op produksie, vervoer (insluitend brandstof), invoer- en uitvoerkoste en nywerheidsgroei. Hoe hoër die olieprys, hoe hoër is inflasie omdat produkkoste meer kos. In die meeste gevalle beteken dit maatskappye moet ekstra geld opdok vir die onvoorsiene koste. Plaaslik is dit te sien in ’n maatskappy soos Eskom wat meer diesel moes gebruik oor beurtkrag ingestel is – ’n onvoorsiene uitgawe op die regering se begroting.

Goudpryse het verswak met ongeveer 10% sedert verlede jaar. Dit het ’n negatiewe effek op die rand se wisselkoers. Tog het goudpryse die potensiaal om weer te groei aangesien dit ’n stof is wat altyd waardevol bly. Gaspryse het opgegaan met ongeveer 20% sedert verlede jaar Oktober. In Augustus vanjaar het die gasprys ’n toename van +/- 96% gesien. Dié styging was slegte nuus vir alle ondernemings wat afhanklik is van gas. Die onvoorsiene koste het begrotings vir seker dun gestrek.

Thys van Zyl se huidige “diversifiseringsberg” en beleggingsprioriteite

In geheel het die projeksies vir wêreldgroei afgeneem sedert 2021. Al is die Covid-19-pandemie nie meer ’n hindernis vir ekonomiese aktiwiteite nie, is lande wêreldwyd steeds besig om hul voete te vind. Die wêreldgroeiprojeksie was in 2021 6%, in 2022 3,2% en in 2023 word dit geskat op ongeveer 2,7%. Daar is egter nie rede tot kommer nie omdat daar wel lande is wat baie goeie groei toon soos China en Indië. Die beste manier om wêreldgroei te verstaan is deur na verskillende sones te kyk en gebeure in daardie sones in konteks te verstaan. Dit is veral die Asiatiese sone waarin daar uitstekende groeikanse lê.

Die skuld-teenoor-inkomste-verhouding van ’n land speel ook ’n belangrike rol in die veilige belegging van jou geld. Suid-Afrika en Nigerië is twee van die grootste ekonomieë in Afrika. Terwyl Nigerië se skuld-teenoor-inkomste-verhouding laag is, is Suid-Afrika s’n weer baie hoog. In Junie 2022 was Suid-Afrika se skuld-teenoor-inkomste-verhouding ongeveer 70,1%. Suid-Afrika se skuld gaan ook nie vinnig verminder nie. Die implikasie is dat ’n land soos Nigerië meer aantreklik vir belegging is. Beleggings wat eerder die opbou van infrastruktuur finansier en baie potensiaal vir groei toon, gaan op lang termyn positiewe opbrengste lewer.

Rentekoerse en wisselkoerse het ook ’n beduidende invloed op jou beleggings. Die dollar se invloed is nog steeds belangrik, al het die VSA ’n paar moeilike ekonomiese jare agter die rug. Die vernaamste roteringsbasis in die VSA, die S&P500, het in die afgelope vyf jaar gegroei met ongeveer 8% per jaar. Die rand teenoor dollar het egter verswak oor die afgelope paar jaar. Tog beteken dit dat jy ’n goeie opbrengs op beleggings sou gehad het omdat rentekoerse goed was. Ook in Suid-Afrika het die JSE in die afgelope vyf jaar gegroei, wel op ’n kleiner skaal as in die VSA met +/- 3%, maar steeds op so ’n manier dat dit goeie opbrengste sou lewer.

Die werkloosheidsyfer van ’n land is ook belangrik vir beleggings omdat dit ’n aanduiding gee of ’n ekonomie groei of nie. Ideaal moet die werkloosheidsyfer so laag moontlik in ’n land wees vir beleggings om goed te groei. Twee van die grootste lande in die wêreld, China en Indië, se werkloosheidsyfer is baie laag – selfs te midde van die pandemie en tans tydens die Rusland-Oekraïne-konflik. Vir hierdie lande word daar ook groei in 2023 geskat. Dit beteken dat hierdie lande veiliger keuses vir beleggings bied.

Ek het hier aan ’n paar faktore geraak wat deel uitmaak van die meganika van beleggingskeuses. Beleggings is gekompliseerd, maar gelukkig hoef jy jou nie self te bekommer oor die kompleksiteit nie. Everest Wealth sal vir jou ’n beleggingsportefeulje kan opstel wat al hierdie faktore in ag neem. Ons sal seker maak dat jou beleggings die beste kans op groei het.

Kontak vandag nog vir Thys van Zyl van Everest Wealth om jou finansiële welstand te verseker.

E-pos: [email protected]
Webwerf: www.everestwealth.co.za
Tel: 087 654 8705

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Piet 6 ·

Ek vetrou nie ń maatskappy wat so baie adverteer nie. Jou maatskappy, se naam en diens moet hulle self adverteer, dit moet nie nodig wees om jou maatskappy oral in almal se keelgatte af te druk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.