Hande in hare met huisverkoopskoste?

Elad Smadja (Foto: Verskaf)

Huiseienaars wat dit oorweeg om ʼn eiendom te verkoop, is dikwels geskok om uit te vind dat die gemiddelde uitgawes verbonde aan dié verkoopstransaksie meer as R150 000 kan beloop. Op die koop toe het verkopers dikwels nie toegang tot die nodige kapitaal om die verkoopsbal aan die rol te sit nie.

Volgens Elad Smadja, hoof van eiendomsoorbruggingsfinansiering by Taurus Capital, neem dit maande om verkope te verwerk en eienaarskap by die aktekantoor oor te dra, waartydens verkopers nie toegang tot die geld uit die verkoop van die eiendom het nie.

“Pleks daarvan om die verkoper se finansiële las te verlig, kan uitgawes oorweldigend word en bykomende spanning veroorsaak,” sê hy.

Neem dié kostes in ag

  • Verbandkansellasie: Verbandkansellasiekoste word deur die bank se prokureur bestuur en sluit verbandkansellasiefooie en pro rata-rente in.
  • Tariewe, belasting en heffings: Verkopers is verantwoordelik vir die betaling van munisipale tariewe, belasting en heffings tot en met die eiendom se registrasiedatum.
  • Voldoeningsertifikate: Die verkoper moet sertifikate vir elektriese en loodgieterinspeksies bekom. Die koste van dié sertifikate wissel tussen R500 en R1 000 elk, en kan aansienlik meer beloop as probleme tydens inspeksies ontbloot word, aangesien dit voor die verkoop van die eiendom reggestel moet word.
  • Herstelwerk en instandhouding: Om jou eiendom vir potensiële kopers aanloklik te maak, is herstelwerk en instandhouding dikwels nodig. Verkoopstransaksies is ook soms onderhewig aan sekere opknappingswerk wat jou heelwat uit die sak kan jaag.
  • Verhuisingskoste: Verhuisingskoste sluit uitgawes in wat verband hou met verpakking, die koste van ʼn verhuisingsmaatskappy, berging en moontlike tydelike verblyf as jou nuwe eiendom nie onmiddellik beskikbaar is nie.

(Foto: iStock)

“Dit neem gewoonlik ongeveer drie maande voor ʼn verkoopstransaksie voltooi word, wat meer spanning by ʼn emosionele en finansieel vermoeiende situasie voeg. Intussen is die verkoper se geld opgesluit in die eiendom,” sê Smadja.

“Oorbruggingsfinansiering los dié korttermynkontantvloeiprobleem op deur verkopers toegang te gee tot kapitaal in die vorm van ’n kontantvoorskot wanneer hulle dit nodig het, hetsy vir die betaling van die kostes soos bo genoem of vir die betaling van ʼn deposito op ʼn nuwe eiendom.

“Taurus Property Bridging bied aan verkopers ʼn vooruitbetaling van tot 80% van die verkoopsopbrengs terwyl die registrasieproses aan die gang is, en dit word binne 24 uur verwerk,” sê Smadja.

Nie ’n standaardlening nie

Ná goedkeuring ontvang die verkoper ʼn kontantvoorskot wat bereken word uit die totale bedrag uit die verkoop van die eiendom, minus verbandkansellasiekoste, agentkommissie, en so meer.

“Baie inligting wat met eiendomsverkope verband hou, is op kopers gemik, maar verkopers moet deeglik bewus wees van die risiko’s en gereedskap wat hulle veilig kan gebruik om kontantvloei-uitdagings die hoof te bied,” sê Smadja.

Taurus het reeds duisende huisverkopers gehelp en tot dusver meer as R200 miljoen voorgeskiet.

“Jy hoef nie gereelde betalings te maak soos met ʼn gewone lening nie. Sodra die verkoopstransaksie finaal beklink is, word die finale balans deur die verkoper se prokureur vereffen.

(Foto: iStock)

“Die kontantvoorskotbedrag kom uit die opbrengs van die verkoopstransaksie, en jy betaal slegs die kontantvoorskot plus ʼn vasgestelde heffing terug. Die heffing is vooraf vasgestel sodat die verkoper nie met saamgestelde rente sit as die transaksie vertraag word nie. Aansoeke word boonop beoordeel op grond van die eiendom en nie die verkoper se kredietgradering nie,” sê Smadja.

  • As jy ʼn geldige aanbod vir jou eiendom ontvang het en op registrasie wag, besoek www.tauruscapital.co.za vir meer inligting.

(Foto: iStock)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.