Só raak ʼn egskeiding jou testament

Argieffoto (Foto: Thomas Breher/Pixabay)

Een uit elke vyf getroude Suid-Afrikaners neem jaarliks die besluit om oor te begin en van hul gade te skei. Soos jy stadig jou lewe herbou ná ʼn egskeiding, moet jy egter nie daarvan vergeet om jou testament op datum te bring om jou nuwe status in ag te neem nie.

Jy moet wysigings by jou testament aanbring binne drie maande ná jou egskeiding, of jy mag net so wel nog getroud wees

Die emosionele tuimeltrein van egskeiding kan uitputtend wees. Die Suid-Afrikaanse howe herken dat dit tyd neem om ʼn egskeiding te verwerk, dus gee die regstelsel jou drie maande om jou testament te verander nadat jy amptelik geskei is. As jy afsterf gedurende die eerste drie maande na jou egskeiding, mag jou eks nie teen jou boedel eis nie.

Maar as drie maande ná jou egskeiding verbygaan sonder dat jy wysigings aangebring het, sal die howe jou wense soos in jou oorspronklike testament in ag neem. As jou eks benoem was, dan sal hy of sy erf.

“Dis ʼn probleem as jy nie wil hê dat jou huis, voertuig of gunsteling-familie-erfstuk aan jou eks moet vererf nie,” sê Alex Simeonides, uitvoerende hoof van Capital Legacy. Verseker eerder dat jy wel wysigings aanbring by jou testament wat die veranderinge in jou persoonlike lewe reflekteer.

Jou testament moet jou nuwe wense reflekteer

Dit is moeilik om te glo dat jou gevoelens teenoor iemand só kan verander. Om ʼn finale egskeidingsbevel te kry deur die howe kan ʼn moeilike proses wees waardeur jou bates verdeel word en daar moet besluite geneem word oor die besonderhede van die toesig oor julle kinders asook besoekreëlings en of een gade aan die ander onderhoud of finansiële ondersteuning moet betaal.

Alhoewel jou testament nie jou egskeidingsbevel kan verander nie, kan dit verseker dat jou rykdom na omgesien sal word wanneer jy nie meer hier is om persoonlik daarna om te sien nie.

“Byvoorbeeld, jou eks kan beheer van jou kinders se erfenis neem tensy jy ordentlike boedelbeplanning doen wat die onkoste van ondersteuning in ag neem en jou kinders se erfenisse in ʼn trust bewaar. Dit kan gedoen word deur wysigings aan te bring in jou testament.”

Tyd om aan te beweeg

Die kans is goed dat jy nou wil aanbeweeg met jou lewe, en die verlede agterlaat. Indien jy besluit om weer te trou, is dit belangrik dat jy wysigings aanbring op jou testament om te verseker dat jou huidige familie, asook jou kinders van ʼn vorige huwelik, versorg sal word as jy tot sterwe kom.

“As jy geen wysigings aanbring op jou testament nadat jy geskei is nie, kan jou eks alles kry wanneer jy afsterwe, tot die nadeel van jou nuwe gade. Jy kan voorsiening maak vir ʼn spesiale erflating in jou nuwe testament om jou finansiële verantwoordelikhede aan jou eks te eer, sonder om jou nuwe familie te benadeel,” verduidelik Simeonides. Dit behoort vir jou spasie te gee om aan te beweeg.

Kyk vorentoe

Om wysigings aan te bring op jou testament behoort nie ure te neem nie, kompleks te wees of duur te wees nie en jy moet dit doen elke keer wanneer daar ʼn lewensveranderende gebeurtenis plaasvind – soos die geboorte van ʼn kind, troue, aankoop of verkoop van eiendom, en natuurlik ná ʼn egskeiding.

Om jou testament elke drie tot vyf jaar op datum te bring is belangrik om te verseker dat dit jou huidige wense en finansiële omstandighede reflekteer.

As jy nie ʼn testament in plek het nie, of vir ʼn geruime tyd nie wysigings op jou testament aangebring het nie, kan jy deur Capital Legacy, een van Suid-Afrika se grootste testamente- en boedelbeplanningverskaffers, hulp kry! Stuur jou besonderhede sodat jy kan seker maak dat jy nie verder hierdie belangrike taak uitstel nie.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.