Verbruikersake: Bou vir jou ’n positiewe kredietgeskiedenis op

(Foto: Pixabay)

Veral jongmense wat nou vir die eerste keer gaan werk, gaan ook gemeet word aan hul kredietgeskiedenis. Maar hoe op aarde kry jy ʼn kredietgeskiedenis as jy nog nooit skuld gehad het nie? Ina Opperman het gaan uitvind hoe jy te werk moet gaan om jou kredietgeskiedenis te bou.

Die eerste raad wat ouer mense gewoonlik aan nuwelinge uitdeel is om te sorg dat hulle nie bo hul vermoëns leef nie en verantwoordelik moet omgaan met krediet. Om liewer nie op skuld te leef nie.

Jy kan egter nie ʼn motor of ʼn huis koop sonder om vir krediet aansoek te doen nie, maar wanneer jy aansoek doen, word dit telkens afgewys omdat jy nie ʼn kredietgeskiedenis het nie. Jy word amper gestraf omdat jy nie skuld het nie.

“Ons word dikwels grootgemaak met die boodskap dat alle krediet sleg is, maar dit is nie waar nie. Wanneer krediet verantwoordelik gebruik word vir dinge wat jou waarde verhoog, kan dit jou bemagtig om jou doelwitte te bereik en met selfvertroue te leef,” sê Ayanda Ndimande, hoof van sake-ontwikkeling by Sanlam Retail Credit.

Sy sê ‘slegte skuld’ verwys na enige onnodige skuld wat nie jou welvaart op die langtermyn verhoog nie, soos ʼn winkelrekening of ʼn persoonlike lening om vir ʼn vakansie te betaal. Studentelenings, huislenings en voertuigfinansiering, aan die ander kant, is weer voorbeelde van ‘goeie skuld’. ʼn Persoonlike lening kan egter ook goed wees as jy dit byvoorbeeld gebruik vir huisverbeterings wat jou huis se waarde verhoog.

Wie kan ʼn huis of motor kontant koop?

Die meeste mense het krediet nodig om ʼn huis of motor te koop en wanneer jy dan vir krediet aansoek doen, word jou krediettelling nagegaan. Jou krediettelling word gebaseer op die aantal kredietrekeninge wat jy het, jou betalingsgeskiedenis en ander faktore wat vir uitleners wys hoe betroubaar jy is om rekeninge betyds te betaal.

“ʼn Swak krediettelling of geen kredietgeskiedenis kan veroorsaak dat jy nie kwalifiseer vir ʼn lening nie of dat jy net vir ʼn laer bedrag goedgekeur word. ʼn Swak krediettelling kan ook lei tot hoër rentekoerse en jou dus op die langtermyn meer kos.”

Hoe moet jy dus begin bou aan jou kredietgeskiedenis? Ndimande sê die verantwoordelike gebruik van ʼn kredietkaart is ʼn goeie begin vir jong professionele mense. “Dit klink dalk vreemd om voor te stel dat ʼn mens begin om ʼn kredietgeskiedenis te bou deur ʼn kredietkaart te gebruik wat hoë rente vra, maar as jy verbind is om getrou elke maand te betaal, gee dit jou meer buigsaamheid as ʼn winkelrekening of selfoonrekening.”

Sy sê as jy jou kredietkaart verantwoordelik gebruik, sal dit jou aansien by jou bank verhoog vir groter kredietaankope, soos ʼn huis of motor. Ndimande stel voor dat jy selfs jou eie geld in die kaart inbetaal voordat jy dit gebruik en dan net gebruik wat jy inbetaal het.

“Dit sal jou die voordeel gee van ʼn kredietkaart sonder dat jy skuld moet maak of rente betaal op skuld, maar dit sal steeds jou krediettelling verhoog.”

Sy stel voor dat jy ʼn rekening of kredietkaart kry met ʼn bepaalde limiet wat jy kan bekostig. Indien die bank ʼn hoër limiet aanbied, moet dit liewer nie aanvaar nie, sodat jy nie in die versoeking beland nie. Gebruik die rekening versigtig en betaal op tyd.

Jou kredietgedrag bepaal jou kredietgeskiedenis

“Onthou dat dit alles oor jou gedrag oor ʼn tyd gaan om ʼn goeie kredietgeskiedenis op te bou. Dit is nie iets wat jy eensklaps kan doen nie. Die onderhoud van ʼn goeie kredietgeskiedenis moet deel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.