In ‘Binnelanders’ beplan Tracy ʼn geldinsameling waarby Conrad betrokke wil raak, en in ‘Suidooster’ is daar nie ʼn lig in die tonnel vir die Samsodiens nie.
Lees meerAlles vir Maandag 26 Desember 2022
Om jou voorkennis te gaan verken
Volgens Jüng is voorkennis daardie diepe, onbekende voorwete wat families, groepe of volkere het aangaande sekere gebeure. Oos-Afrika is deel van my voorkennis.
Talle babas op Kersdag gebore; sommige ma’s self nog kinders
Honderde babas het Sondag landwyd hul opwagting gemaak. Die departement van gesondheid in die Vrystaat het egter aangedui dat sommige ma’s wat in dié provinsie geboorte gegee het, nog nie eens tieners is nie.
20 operasies in een jaar – en stryd nog nie verby
Hoewel die 20-jarige Louis Opperman se gesondheidstryd nog nie verby is nie en hy Kersdag in die hospitaal moes deurbring, oorweeg hy ʼn beroep in gesondheidsorg. Hy gaan selfs volgende jaar terug skool toe.
Vermoorde polisieman se dienspistool teruggevind
Die pistool is met die inhegtenisneming van vier verdagtes teruggevind.
Resep: Seekos-paella
Geniet die son, see en die Kersseisoen terwyl jy smul aan heerlike seekos-paella saam met jou geliefdes.
Werkgewer én werknemer dra dié tuiskantoorlas
Het jy geweet werkgewers het (steeds) ʼn gesondheid- en veiligheidsverantwoordelikheid teenoor werknemers wat van die huis af werk?
Tiener in see by Gqeberha vermis
“Ondanks die uitgebreide soektog is daar nog geen teken van die tiener nie.”
Minstens 38 sterftes weens bomsikloon in VSA
Suid-Florida se temperature het so laag gedaal dat iguanas gevries en uit bome geval het.
Verdagtes gesoek wat verpleegster op Kersdag vermoor
Die verdagtes het glo by die hospitaal aangekom en gemaak asof hulle ʼn pasiënt wou besoek.
Kaapse waaghals skitter in gewilde Netflix-reeks
“Die hele reeks was ʼn droom wat bewaarheid is.”
Verbruikersake: Bou vir jou ’n positiewe kredietgeskiedenis op
Ina Opperman het gaan uitvind hoe jy te werk moet gaan om jou kredietgeskiedenis te bou.
Man rand glo vrou met panga aan
Voorlopige ondersoek toon dat die man en sy vrou in ’n argument betrokke was, waarna die man glo die vrou met ’n panga aangerand het.
Drie boeties, sussie sterf in Boksburg-ontploffing
ʼn Tienermeisie en haar drie boeties wat omgekom het, het by hul oupa in Boksburg gewoon toe die gastenkwa ontplof het.
Kolwers maar wéér kluts kwyt
Suid-Afrika wen tans wedstryde danksy sy puik boulaanval. In dieselfde asem verloor hulle egter toetse omdat die kolwers net nie die mas opkom nie.
Geniet dié reekse, flieks die vakansie
Maak ’n lekker groot bak springmielies en skuif voor die kassie in om die kykstof wat jy deur die jaar misgeloop het, op te vang.
Man verdrink by Melkbosstrand
Die voorval het op Oukersdag plaasgevind.
18 dood ná Thaise oorlogskip omslaan
Dit volg kort nadat daar reeds ses liggame Saterdag in die see gevind is.
Gastenkwa-bestuurder in hegtenis geneem
Die 32-jarige verdagte is in ʼn private hospitaal opgespoor en in boeie geslaan.
Elektrisiteit was ook skaars in 1938
Dit is juis tydens só geskeduleerde kragonderbreking wat Joy haar kinderjare herroep. In die skemerlig vertel sy van haar byna sorglose grootwordjare, toe elektrisiteit ʼn luuksheid was en die afwesigheid daarvan nie hulle dag tot dag bestaan bepaal het nie.