Akademia stel eenstopplek vir loopbaanadvies bekend

Hoe gemaak met vakkeuses? (Foto: iStock)

Onsekerheid oor die keuse van ʼn studierigting, loopbaanmoontlikhede en beroepskeuses is ʼn realiteit vir talle skoliere, studente en werkendes.

Daarom het die Afrikaanse private hoëronderwys instelling Akademia onlangs Loopbaanlens bekendgestel, wat ʼn aanlyn eenstopplek vir loopbaanadvies is. Met Loopbaanlens poog Akademia om die onsekerheid met die hulp van verskeie hulpbronne uit die weg te ruim.

Volgens Mareli Swanepoel, bestuurder van projekte by Akademia, is die doel van Loopbaanlens om ʼn platform te bied waar leerders meer kan uitvind oor vakkeuses, studiemoontlikhede en loopbaankeuses.

“Akademia wil skoliere en studente toerus met die nodige inligting en gereedskap om van jongs af die regte vakkeuses, studiekeuses en uiteindelik loopbaankeuses te kan maak sodat hulle uiteindelik die werkplek ingelig en afgerond kan betree.”

Sy noem verder dat dit deel van Akademia se opvoedingsideaal is om studente ʼn geheelbeeld van loopbane te gee en daarom wil die instelling waarde toevoeg tot voornemende en huidige studente se loopbaankeuses.

Loopbaanlens bied die volgende hulpmiddels om jongmense te help om uiteindelik die regte loopbaankeuses te kan maak:

skool-vakkeuses-loopbaan

(Foto: YeriLee/Pixabay.com)

Lizán Maree, bestuurder van studentewerwing by Akademia, noem dat Loopbaanlens op drie fases van ʼn jongmens se loopbaanbesluitnemingsproses fokus, naamlik vakkeuses vir gr. 9-leerders, studiekeuses vir gr. 11’s en 12’s, en loopbaankeuses vir studente.

“Die keuses is egter geïntegreer – dit is nie moontlik vir ʼn gr. 9 om vakke te kies as hulle nie ʼn idee het in watter loopbaan hulle belangstel nie – en daarom word al hierdie inligting op een platform aangebied.”

Sy noem verder dat Loopbaanlens ook ʼn goeie platform is vir volwassenes wat van beroep wil verander of selfs vir ouers wat saam met hul kinders navorsing oor beroepe wil doen.

Hendrina Basson, studentewerwer van Akademia, het in ʼn stadium agtergekom dat die geleenthede met die oog op die toekoms so gereeld verander dat vooruitsigte soms misgekyk kan word. “Ons het toe begin dink aan ʼn platform waar persone die geleenthede van die toekoms deur ʼn lens kan bestudeer om dit deel van hul eie toekoms te maak.”

Maree vertel verder dat hulle by die studentewerwing-afdeling gereeld jongmense sien wat óf geen loopbaanleiding ontvang nie, óf oorweldig voel deur al die keuses daar buite.

“Daarom poog Loopbaanlens om jongmense toe te rus met genoegsame en relevante kennis om ingeligte keuses oor hul vakke, studie en loopbaan te kan maak.”

Maree raai jongmense ook aan om kundiges soos psigometriste en studentewerwers te raadpleeg, maar dat die platform aan jongmense die geleentheid bied om op hul eie tyd navorsing te kan doen oor aspekte van die loopbane wat hul interesseer.

  • Indien jy onsekerheid ervaar oor vakkeuses, studiemoontlikhede of beroepskeuses, besoek vandag nog Loopbaanlens hier. Loopbaanlens – jou eenstopplek vir loopbaanadvies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.