Hier is Maroela se Herfsbruid 2023

(Foto: Tala Collection-wildreservaat, Dream Hotels and Resorts)

Dis ʼn groot voorreg om die liefde van jou lewe te ontmoet – en ʼn groter voorreg as julle trou aan mekaar kan beloof. Dis natuurlik heerlik om daarna, net julle twee, ʼn bietjie weg te breek vir ʼn wittebrood.

Met Maroela en Dream Hotels and Resorts se Bruid van die jaar-kompetisie is dit heerlik om ʼn tweede wittebrood weg te gee aan ons Herfsbruid.

Maroela Media gaan met elke seisoen ʼn seisoenebruid aankondig en aan die einde van die jaar gaan ons lesers ook die geleentheid kry om die Bruid van die Jaar aan te wys.

Ons het reeds ons Somerbruid aangewys.

Paartjies wat tussen Maart 2023 en Mei 2023 getrou het, het vir die Herfsbruid in aanmerking gekom. Uit honderde inskrywings moes ʼn beoordelaarspaneel behoorlik kopkrap en ons lesers kon uit die die top-10 Herfsbruide hul gunsteling aanwys. Die Herfsbruid dring ook uiteindelik deur na die finale ronde as Maroela se Bruid van die Jaar.

Deur die loop van die jaar gaan ons ook ʼn Winterbruid (troues in Junie – Augustus 2023) en Lentebruid (September – November 2023) aanwys. Hou dus Maroela dop as jy wil seker maak jy skryf vir dié opwindende kompetisie in!

Ons Herfsbruid

Twané Lutman, Maroela Media se Herfsbruid 2023

Baie geluk aan Twané Lutman van Krugersdorp, wat verreweg die meeste stemme in dié kompetisie gekry het! Twané is ʼn graad RR-onderwyseres en haar man Dylan is ʼn rekenmeester.

Die twee het mekaar vier jaar gelede ontmoet toe Twané as ʼn assistent-onderwyseres by ʼn laerskool begin werk het. Dylan was haar vriendin se broer en hulle is aan mekaar voorgestel.

Dit is toe dat hulle ontdek hulle ken mekaar al eintlik jare lank – al het hulle nooit vantevore ontmoet nie. Hulle was in dieselfde laer- en hoërskool.

Wat wen die Herfsbruid?

Twané en Dylan wen twee nagte vir twee persone wat deel by die Tala Collection-wildreservaat (insluitend ontbyt) in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.

Baie geluk!

Maroela se Bruid van die Jaar-kompetisie

Dream Hotels & Resorts het seker gemaak daar is groot pryse, ter waarde van byna R60 000, op die spel. Ons gaan elke seisoen ʼn seisoenebruid aankondig en aan die einde van die jaar gaan ons lesers die geleentheid kry om die Bruid van die Jaar aan te wys

Ons gaan deur die loop van die jaar ook ʼn Winterbruid (troues in Junie – Augustus 2023) en Lentebruid (September – November 2023) aanwys. Hou dus Maroela dop as jy wil seker maak jy skryf vir dié opwindende kompetisie in!

Jy staan met die stemmery vir elke seisoenebruid telkens kans om ʼn wonderlike prys te wen – bly dus ingeskakel!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.