Hier is Maroela se Herfsbruid!

Nibela Lake Lodge (Foto verskaf)

Dis ʼn groot voorreg om die liefde van jou lewe te ontmoet – en ʼn groter voorreg as julle trou aan mekaar kan beloof. Dis natuurlik heerlik om daarna, net julle twee, ʼn bietjie weg te breek vir ʼn wittebrood.

Met Maroela en Dream Hotels and Resorts se Bruid van die jaar-kompetisie is dit heerlik om ʼn tweede wittebrood weg te gee aan ons Herfsbruid.

Maroela Media gaan met elke seisoen ʼn seisoenebruid aankondig en aan die einde van die jaar gaan ons lesers ook die geleentheid kry om die Bruid van die Jaar aan te wys. Ons het reeds ʼn Somerbruid aangewys.

Paartjies wat tussen Maart 2022 en Mei 2022 getrou het, het vir die Herfsbruid in aanmerking gekom. Uit honderde inskrywings moes ʼn beoordelaarspaneel behoorlik kopkrap en ons lesers kon uit die top-10 Herfsbruide hul gunsteling aanwys. Die Herfsbruid dring ook uiteindelik deur na die finale ronde as Maroela se Bruid van die Jaar.

Ons Herfsbruid

Baie geluk aan Adell van Wyk van Standerton wat verreweg die meeste stemme in dié kompetisie gekry het!

Adell en haar man Renier wen twee nagte vir twee persone wat deel by die Nibela Lake Lodge in St Lucia in die noorde van KwaZulu-Natal (insluitend aandete en ontbyt) met die komplimente van Dream Hotels and Resorts.

Baie geluk!

Maroela se Bruid van die Jaar-kompetisie

Dream Hotels & Resorts het seker gemaak daar is groot pryse, ter waarde van byna R60 000, op die spel. Ons gaan elke seisoen ʼn seisoenebruid aankondig en aan die einde van die jaar gaan ons lesers die geleentheid kry om die Bruid van die Jaar aan te wys

Ons gaan deur die loop van die jaar ook nog ʼn Winterbruid (troues in Junie – Augustus 2022) en Lentebruid (September – November 2022) aanwys. Hou dus Maroela dop as jy wil seker maak jy skryf vir dié opwindende kompetisie in!

Jy staan met die stemmery vir elke seisoenebruid ook die kans om weer in aanmerking te kom vir ʼn Tupperware-geskenkpak – bly dus ingeskakel!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.