Lentebruid 2023: Geluk aan ons stem-en-wen-wenner

Een gelukkige Maroela-leser, wat aan die stemmery vir die Lentebruid deelgeneem het, het in aanmerking gekom vir ʼn spesiale geskenkpak van Caribbeantan ter waarde van byna R900-00.

Baie geluk aan Zané Janse van Rensburg van Centurion wat as wenner van die Caribbeantan-geskenkpak aangewys is.

Dié geskenkpak sluit in Milk & Honey – Hydrating Body Butter (200 ml), aanwendingshandskoen, Darkening Drops – Self Tan Additive (50 ml), Cinnamon & Coconut Skin Smoothing Exfolia (450 ml), Bronzing Mousse – Gradual Self Tan (B) (150 ml), Tinted Body Bronzer Shimmer Cream – Wash Off (200 ml), Tanning Spritzer – Instant Self Tan (200 ml), Tan In A Can Aerosol – Gradual Self Tan (200 ml), en Tan In A Can Aerosol – Instant Self Tan (200 ml).

Lize-Marie van Zyl van Potchefstroom is as ons Lentebruid vir 2023 aangewys.

Die Caribbeantan-geskenkpak op die spel

Wat is Caribbeantan?

Dis somer en tyd om jou vel bietjie te verbruin! En nee, ons bedoel nie jy moet ure in die son lê en jouself aan skadelike UV-strale blootstel nie.

Die geheim? Suid-Afrika se nommer 1-selfverbruiner: Caribbeantan.

Wat is Caribbeantan?

Dié reeks bekostigbare selfverbruiner-versorgingsprodukte bied ʼn vlekkelose verbruining wat lank sal hou en nie enige strepe op jou vel maak nie.

Caribbeantan is geformuleer met slegs die veiligste bestanddele en geen diere is mishandel in die vervaardiging van dié produk nie. Dit is maklik om te gebruik en voed jou vel.

Sê totsiens aan dooie vel

Raak ontslae van droë gedehidreerde wintervel met die Caribbeantan Cinnamon & Coconut Skin Smoothing Exfolia. Hierdie afskilferaar bevat natuurlike suiker-afskilferaars wat die vel doeltreffend poets. Jojoba-olie bevogtig dadelik die vel. Die kaneelgeur wat jy ruik verbeter bloedsirkulasie. Gebruik as instandhouding vir jou vel minstens ses ure voor jy selfverbruining aanwend vir ʼn gladde, eweredige velverbruining.

Begin ʼn week vooraf reeds met bevogtiging

As jou vel baie droog en skilferagtig is ná lang ure binnenshuis, stel ons voor dat jy minstens ʼn week voor jy selfverbruiningsprodukte gebruik, daagliks jou vel bevogtig. Caribbeantan se Milk & Honey Hydrating Body Butter is nie-olierig en ideaal vir daaglikse aanwending. Dit is geformuleer met ekstrakte van bosbessiesaad en vitamine wat kollageenvervaardiging ʼn hupstoot sal gee. Op die dag wat jy selfverbruining aanwend, bevogtig jy slegs die droogste dele van jou liggaam soos elmboë, knieë en enkels.

Wend jou selfverbruiningsproduk aan

Nou dat jou vel goed voorberei is, is jy gereed om met jou selfverbruiningsproses te begin. Caribbeantan se reeks selfverbruiningsprodukte is ontwerp vir maklike aanwending gebaseer op jou verwagte doelwitte – slegs natuurlik verbruinde vel wat glad en gehidreer is! Jy kan ook Caribbeantan se geleidelike verbruiners soos die Bronzing Mousse and Tan In A Can oorweeg indien jy jou verbruining geleidelik wil opbou. Hierdie deursigtige selfverbruiners ontwikkel geleidelik ná een tot twee ure en is lig en nie taai nie. Dit is ideaal vir oornag-aanwending.

Kitsverbruining is beskikbaar met produkte soos Tanning Spritzer en die kits Tan In A Can. Dit bevat dieselfde voedsame bestanddele soos die geleidelike verbruiners en ʼn onmiddellike bruin kleur wat jou in ʼn brons skoonheid sal transformeer.

Hou jou verbruining in stand

Met Caribbeantan se natuurlike flatervrye resultate, gaan jy jou verbruining so lank as moontlik in stand wil hou. Vertraag die vel se natuurlike afskilferproses deur jou vel bevogtig te hou met Milk & Honey Hydrating Body Butter. Gebruik dit daagliks om jou verbruining in stand te hou en jou vel soepel te hou.

Behou jou somerglans

Kry jou songekusde vel in die gerief van jou huis met Caribbeantan se Tinted Body Bronzer Shimmer Cream. Mikro-sprinkels versier jou selfverbruining en voeg ʼn natuurlike glans by. Dit sal beslis die koppe laat draai! Die Body Bronzer Shimmer Cream is verryk met antioksidante en vitamine om jou vel glad en bevogtig te hou. Gebruik die produk om jou verbruining in stand te hou of jou natuurlike kleur te versterk. Onthou om ʼn aanwendingshandskoen te gebruik om seker te maak jy vlek nie jou hande nie.

Verbruining is maklik met Caribbeantan

Caribbeantan se reeks selfverbruiningsmiddels en versorgingsprodukte help jou om jou verbruiningsdoelwitte maklik te bereik. Van geleidelike tot kitsverbruiningsmiddels, lewer Caribbeantan vinnige, doeltreffende en natuurlik pragtige resultate.

Die produkte is beskikbaar by Clicks, Dis-Chem, SkinMiles, Superbalist, Takealot, Woolworths of aanlyn by www.caribbeantan.online en www.houseofcosmetics.co.za.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.