Maroela se Bruid van die jaar: Wen ’n tweede wittebrood

Piekenierskloof (Foto verskaf)

Dis ʼn groot voorreg om die liefde van jou lewe te ontmoet – en ʼn groter voorreg as julle trou aan mekaar kan beloof. Dis natuurlik heerlik om daarna, net julle twee, ʼn bietjie weg te breek vir ʼn wittebrood.

Hier is goeie nuus: Met Maroela en Dream Hotels and Resorts se Bruid van die jaar-kompetisie, staan jy die kans om ʼn tweede wittebrood vir jou en jou geliefde te wen!

Dream Hotels & Resorts het seker gemaak daar is groot pryse, ter waarde van byna R60 000, op die spel.

Ons het reeds ons Somerbruid, Herfsbruid en Winterbruid aangewys, en nou is ons op soek na ons Lentebruid!

Sodra die Lentebruid aangewys is, sal ons lesers uit dié vier bruide kan stem vir hul gunsteling wat as Bruid van die Jaar vir 2023 aangewys sal word. Hou dus Maroela dop as jy dié opwindende kompetisie wil volg.

Lentebruid

Die Lentebruid wen twee nagte vir twee persone wat deel by Piekenierskloof Mountain Resort (insluitend ontbyt) in Citrusdal in die Wes-Kaap.

Jy kan in aanmerking kom vir ons Lentebruid as jy tussen September 2023 en November 2023 trou. Inskrywings vir ons Lentebruid sluit op 10 Desember 2023.

ʼn Beoordelaarspaneel sal die top-10 saamstel en daarna sal ons lesers die geleentheid kry om vir die top-10 te stem om Maroela se Lentebruid aan te wys.

Dream Hotels and Resorts borg wonderlike pryse vir die wenpaartjies.

 

Skryf nou in

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum om in te skryf as Lentebruid is 10 Desember 2023 om 23:45.
  • Om in aanmerking te kom vir ons Lentebruid, moes julle tussen September 2023 en November 2023 getrou het.
  • Stemmery vir die Lentebruid sal in Desember en stemmery vir die Bruid van die Jaar sal in Januarie 2024 plaasvind. Inligting hieroor sal op Maroela Media bekendgemaak word. Jy kan ook die webbladsy https://maroelamedia.co.za/tag/bruid-van-die-jaar/ dophou.
  • Die stemproses vir die Lentebruid sal na verwagting van 12 Desember 2023 – 7 Januarie 2024 plaasvind. Alle besonderhede sal op Maroela Media beskikbaar gemaak word.
  • Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, stem jy in dat jou foto en naam op Maroela Media se webwerf en sosialemedianetwerke bekendgemaak mag word indien jy as een van die top-10 aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Maroela Media sal kontak maak met die top-10 om seker te maak dat jy weet jy het deurgedring. As jy nie van Maroela Media hoor nie, kan jy aanvaar dat jy ongelukkig nie die top-10 gehaal het nie.
  • Maroela Media kan nie aanspreeklikheid aanvaar as jou inskrywing vir een of ander tegniese rede ons nie betyds bereik nie.
  • Die wenpaartjie moet self die bespreking reël vir die verblyf.
  • Jou vervoer na en van die bestemming en enige ander uitgawes wat jy aangaan is nie by die prys ingesluit nie.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Maroela Media en Dream Hotels & Resorts kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige skade of verlies wat jy mag ly wanneer jy van die akkommodasieprys gebruik maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.