SA’ner in Oekraïne: ‘Geloof hou my hier’

Twee weke na hulle huwelik het ʼn jong Afrikaanse egpaar, Michele en Ockert Potgieter, na Oekraïne vertrek, maar nie op hulle wittebrood nie. Die egpaar het hulle roeping nagestreef om as evangeliste ná die val van kommunisme die Woord te gaan verkondig.

Met twee tasse op ʼn trein en boonop vasgevang in ʼn ysige winter, was die Potgieters op pad na ʼn lewe waarvoor God hulle bestem het. In Oekraïne aangekom is hulle met teenkanting, wantroue en agterdog begroet. Die egpaar is jare lank selfs deur die berugte KGB vervolg wat hulle van moontlik spioenasie verdink het.

Tydens een voorval is Michele en Ockert met vuurwapens teen hulle koppe gedreig en uit die dorp geteister. Deur onwrikbare geloof en volgehoue gebede het die egpaar hierdie struikelblokke oorkom en so die mure van ongeloof en bygelowe afgebreek.

Met die onstuitbare geloof van ʼn Abraham en Maria Magdalena kon die Potgieters ʼn kerk met die naam Die Lig van die Wêreld stig. Hulle doel was om vir die mense van Reni in die oblast (gebied) naby Odessa hoop en geloof in Christus te bied.

Hoewel Ockert intussen dood is, is Michelle steeds besig met evangelisasiewerk in Reni, Oekraïne.

Johan Allers, aanbieder van die radiogram AllesAfrikaans, het met Michele oor haar en Ockert se wedervarings in Oekraïne gesels.

Allers sê hierdie insiggewende onderhoud weerspieël hoe wonderwerke deur ʼn rotsvaste geloof plaasvind.

Luister hier na die volledige gesprek op AllesAfrikaans se YouTube-kanaal:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico ·

Dankie Maroela Media vir hierdie uitsonderlike artikel – hoop daar kom meer uit die kraal van AllesAfrikaans. Goeie onderhoud deur Johan Allers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.