[promosie-artikel]
Dis blitsvinnige leer – Afrikaans – aanlyn – gratis – dis blits-leer!
Blits-leer is S-Leer leer se gratis kennisverspreiding-videoreeks en die eerste van sy soort in Afrikaans! Die doelwit is om kreatiewe idees, inhoud en kennis in die vorm van kort en kragtige 10 min video’s aan kykers aanlyn beskikbaar te stel. Die video’s prikkel belangstelling en stimuleer denke in relevante, interessante en toepaslike onderwerpe deur sprekers wat passievol en ingelig oor hulle vakgebiede is.
Kykers kan uitsien na ʼn verskeidenheid temas soos ouerskap, fopnuus, praktiese noodhulp, slange en reptiele as troeteldiere en nog vele meer. Sprekers sluit bekendes soos Jannie Putter, Susan Lombaard en Jaco Strydom in. S-Leer leer beoog om die video’s twee keer per maand op Maroela Media, die Solidariteit Wêreld, die S-Leer Facebook-blad, webblad en YouTube-kanaal te versprei.
Sprekers is vry om hulself of hul onderneming of instansie tydens die video-opname te noem en te bemark en die video’s daarna op hulle eie sosiale media netwerk te versprei.
Die video’s word professioneel by Forum Films geskiet en vervaardig.
Wie is S-Leer:
S-Leer is ʼn Afrikaanse voortgesette leer-opleidingsentrum van die Solidariteit Beweging. Die fokus is nie net op voortgesette professionele ontwikkeling (VPO) nie, maar ook op individuele, persoonlike en loopbaanontwikkeling deur seminare, kort kursusse, gespreksgeleenthede en e-leer waar relevante temas bespreek en aangebied word. Die oogmerk is om professionele persone in hul loopbaan te ondersteun en te ontwikkel om suksesvol in hul werkplekke te funksioneer en goeie loopbaanvooruitsigte te kan hê.
Hier is die bekendstelling van S-Leer: