Wen kontant met jou vakansiefoto

(Foto’s via Pixabay)

Januarie voel soms soos die langste maand van die jaar – dit voel of die dag nooit weer gaan aanbreek wanneer jou salaris inbetaal word nie.

Hier is jou kans om ʼn bietjie ekstra kontant vir Januarie te wen!

Deel jou vakansiefoto met ons en kom in aanmerking vir ʼn kontantprys van R2 000!

Dit moet egter nie sommer net ʼn gewone gesinsfoto wees nie: ons wil julle in aksie sien! Dit moenie net ʼn geposeerde foto wees nie. Ons wil graag foto’s sien wat humoristies is, ʼn foto wat ʼn oomblik van avontuur vasvang, of een of ander spesiale, kosbare of lekker oomblik op vakansie – iewers weg van die huis of by die huis.

Neem gerus jou foto’s deur die loop van die vakansie en onthou om jou foto voor 14 Januarie 2024 vir ons in te stuur!

Maroela Media sal ‘n keur van die foto’s op die webwerf en sosiale media deel.

Skryf nou in

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy toestemming dat ons jou foto op ons webwerf en sosiale media mag deel.
  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 14 Januarie 2024 om 23:45.
  • Die wenner sal in die week van 15 Januarie 2024 op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die wenner moet ʼn Suid-Afrikaanse bankrekening hê waarin die kontant gedeponeer kan word.
  • Maroela Media sal die wenner telefonies en per e-pos kontak om die bankrekeningbesonderhede te bekom.
  • Die wenner se naam sal lukraak uit die inskrywings getrek word.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Indien jy nie enigiets van Maroela Media hoor nie, kan jy aanvaar dat jy nie die wenner was nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.