Word deel van 500kPerDay-inisiatief

Van links na regs: Mel Rock Lizzo (Arendsvlei) en Melanie du Bois saam met die Earthly Toothpaste-span. (Foto: Verskaf)

Earthly Tandepasta, ʼn omgewingsvriendelike vervaardiger wat tandepasta in tabletvorm maak, het aangekondig dat R2 van elke Earthly-produk wat verkoop word aan die 500kPerDay-inisiatief geskenk word. Die produkte is in Shoprite Checkers, asook aanlyn by verskaffers, te koop.

Outside the Bowl Africa is ʼn niewinsgewende maatskappy wat hoëgehalte- voedsame maaltye vervaardig en saamstel om kinders te voed. Hulle doel met die 500kPerDay-veldtog is om elke dag 500 000 maaltye te lewer en so ʼn merkwaardige verskil te maak in die lewe van minderbevoorregte kinders. Deur hande te vat met plaaslike Suid-Afrikaanse ondernemings soos Earthly Tandepasta staan die maatskappy nader aan sy doel.

Bekendes soos Early B, DJ Ready D, Jak de Priester, Joshua na die Reën, Chané Grobler, Calvin Reef, Mel du Bois, Mel Rock Lizzo, Irvin van der Merwe, Dean Smith, Magriet Groenewald en die TikTok-ster Iam_Roberto_ het intussen ook onderneem om dié inisiatief te ondersteun.

Earthly Tandepasta se bydrae tot hierdie inisiatief strek verder as die R2-skenking. Omdat die organisasie glo dat mondhigiëne elke mens se menslike reg is, was hulle missie nog altyd om gratis toegang daartoe aan minderbevoorregte gemeenskappe oor die hele Suid-Afrika en sub-Sahara-gebiede te bied.

Met Earthly se unieke tandepasta-tablette bied hulle nou die geleentheid om ʼn gesonde en alternatiewe tandepasta in herwinbare vorm aan mense te verskaf, terwyl hulle ook omgewingsvriendelik en verantwoordelik is.

Buiten die R2-skenking vir elke Earthly Tandepasta-produk wat verkoop word, sluit die organisasie ook twee Earthly Tandepasta-tablette in elke kospakkie in wat deur die 500kPerDay-voedselketting versprei word en gee sodoende aan minderbevoorregte kinders die reg op gratis mondhigiëne.

Lede van die publiek word aangemoedig om hierdie inisiatief te ondersteun deur enige van die nuwe Earthly Tandepasta-produkte te koop. Hierdeur dra mense nie net direk tot die 500kPerDay-inisiatief by nie, maar help ook om minderbevoorregte kinders die reg op gratis mondhigiëne te gee en die omgewing skoon te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter9 ·

Wil eers weet wie bestuur hierdie NWO?
Maak seker want 12 mnde later ry die Bestuur met nuwe karre en kry die wat ondersteun moes word 20 sent uit elke Rand.

Boeretroos ·

Pieter gaan kyk gerus na die webwerwe en vereenselwig jou met die bestuurslede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.