Feestyd-doendinge: Markdag in die Vrystaat

Mooi tuisgemaakte Kersversierings is te koop by die Volksblad-fees.

Van koeksisters, juwele, speelgoed en mooi lap tot biltong, tuisgemaakte konfyt, heuningkoeke en hope atmosfeer. Suid-Afrika spog met heerlike naweekmarkte en dit is ook dalk net die regte plek om ’n unieke Kersfeesgeskenk te gaan uitsnuffel. Koop hierdie Kersfees handgemaakte produkte op jou Vrystaatse voorstoep.

 

Volksblad se aand- kos-en-kunsmark

Volksblad se immergewilde mark vir oud en jonk se feesdatum vir vanjaar is 7 Desember en word by die mooi Botaniese Tuine aangebied. Kom maak ’n draai vir eiesoortige handgemaakte produkte, tuisgebak en varsgebak, pret en plesier, musiek en boetiekbier.

  • Waar: Bloemfontein se Botaniese Tuine
  • Wanneer: 7 Desember 17:00 – 22:00

 

Hartelus se Kersmark

Mooi sterre soos dié is te koop by Parys se Hartelus-Kersmark.

Koop, kuier, eet, wandel, ontspan by Parys se Hartelus Kersmark langs die rivier. Kom kies uit ’n verskeidenheid lekkernye, eersteklas wegneemetes en  mooigoed wat jy nie in die winkels sal kry nie. Of kom hou saam piekniek aan die oewer van die Vaalrivier.

  • Waar: Egweni, Van Collerstraat, Parys
  • Wanneer: 15 Desember van 9:00 tot 15:00

 

Markdag op Clarens

Op Clarens se markte kan jy onder meer heerlike eetgoed koop.

Die Clarens Country Market op die prentjiemooi Clarens is elke Saterdag in volle swang gedurende die feesseisoen, waar plaaslike entrepreneurs hulle produkte (wat handgemaakte Kersgeskenke insluit) uitstal. Daar word ook ’n vlooimark op die dorp se Main Square op 15 en 21 Desember aangebied.

  • Waar:
    Clarens Country Market: Kerkstraat 312, Clarens
    Vlooimark: Main Square in Clarens
  • Wanneer:
    Clarens Country Market: Saterdae 9:00 – 12:00
    Vlooimark: 15 en 21 Desember

 

Lees meer oor markte op ander plekke in die land:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.