Gedagte vir die dag:  Afhanklik van God

Vrou_strand_stiltetyd_lees-Bybel_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Julle geloof is ’n offer in diens van God. (Filippense 2:17)

Die geloof van die Filippense is ’n offer in diens van God, skryf Paulus. Selfs al sou dit gebeur dat sy bloed as drankoffer uitgegiet word, sal hy steeds bly wees daaroor. Sy dood kan hulle help om God nog beter te dien.

Geloof is nie altyd maklik nie, omdat dit van jou vra om jou eie onvermoë te besef en jou afhanklikheid van God te bely. Eers wanneer jy besef dat jy niks uit jou eie kan doen nie, het jy dié soort geloof wat God van sy kinders verlang.

Geloof beteken om volledig terug te staan sodat God vir jou kan instaan. ~ Johan Smit

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.