Gedagte vir die dag: Alles wat jy nodig het

viool_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek sal hulle God wees. (Jeremia 31:33)

Hierin lê alles wat jy nodig het. Jy wil iets hê wat bevredig; is hierdie nie genoeg nie? As jy hierdie belofte in ’n beker kon skink, sou jy dan nie saam met Dawid kon sê: “My beker loop oor” nie (Psalm 23:5, Bybel in Afrikaans 1933/1953)? As God jou God is, het jy dan nie alles nie? Wie kan die volle kapasiteit van ons wense meet? Maar die onmeetbare rykdom van God strek verder as dit. Is jy nie vervuld wanneer God joune is nie?

Met God het jy musiek goed genoeg vir die hemel, want Hy is die Skepper van die hemel. Al die musiek van die mooiste instrumente kan nie vergelyk met die melodie van sy soete beloftes nie. Woon in die lig van die Here en laat jou siel betower word deur sy liefde. Leef volgens jou voorregte en verbly jou met onuitspreeklike vreugde.

Bron:  Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.