Gedagte vir die dag:  Almal in die Vaderhuis     

Stiltetyd-25-.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister en hulle sal een kudde wees met een herder. (Joh 10:16)        

Die Here sê in die laaste dae sal Hy sy Heilige Gees kragtiger as ooit uitstort. Ek sien jong mans en vroue wat die Here maar ’n paar maande ken en tog groot dinge vir Hom doen. Noord van ons land, in Sentraal-Afrika, sien ek jong mans wat nie eens in ’n Bybelskool was nie, wat die Here maar drie maande ken, maar wat aan die hoof van kerke met tienduisende lidmate staan. Ek verbly my daaroor. Ek hoop jy is ook bly daaroor.

Kan jy in jou verbeelding die plaaspad agter my sien? Kan jy die verlore seuns en dogters sien huis toe kom? Ek vra dat God jou hart sag sal maak wanneer jy hulle sien vorentoe stap om hulle lewens aan Jesus Christus te gee en dat jy hulle sal aanmoedig en verwelkom, net soos die pa wie se seun huis toe gekom het. Hy het uitgeroep: “My seun was verlore, maar nou het ons hom teruggekry! Hy was dood, maar hy leef weer!” Kom ons wees saam bly wanneer God die verlore skape huis toe bring voordat die eindtyd aanbreek.

Jesus is op pad. Jy moet gereed wees. Doen wat jou hand ook al vind om te doen, want die tyd is amper op. Mag God jou ryklik seën omdat jy Hom getrou dien. Mag jy jou altyd verbly in die wete: “Here, ek behoort aan U. Ek is tuis.”

Here, ek was verlore, maar nou is ek terug by U. Ek was blind, maar nou kan ek sien. Ek behoort aan U. Ek is tuis!

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Saartjie ·

Daardie jong mans wat aan die hoof van die geweldige groot kerke staan, is net daarop uit om geld te maak … prosperity theology gedy in arm lande!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.