Gedagte vir die dag: Dag en nag

sonsopkoms_Uganda_stiltetyd_Marco-Brits.jpg

Foto: Marco Brits (Apoka Safari Lodge, Uganda)

Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag. (Genesis 1:5)

Was dit selfs van die begin af waar? Het lig en donkerte tyd reeds op die eerste dag geskei? Dan is dit geen wonder nie dat my lewe ook wissel tussen die sonskyn van voorspoed en die donkerte van teenspoed. Die hitte van die middag sal nie altyd in my siel skyn nie. Ek moet verwag om by tye te rou oor die verlies van vreugdes en te soek na my geliefde in die donker nag.

Loof die Here vir die son van vreugde wanneer dit helder skyn en vir die duisternis van die nag wanneer dit neerdaal. Verheerlik die Here. Glo dan dat die nag net so nuttig is as die dag.

Die dou van genade val swaar in die nag van smart. Die sterre van belofte skyn glorieryk in die donkerte van smart.

Bron:  Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.