Gedagte vir die dag: Die hart van ’n dienaar

voete_beker_Stiltetyd.jpg

Foto: jamiegrubb.wordpress.com

Jesus het van die tafel af opgestaan, sy bo-klere uitgetrek, ’n doek gevat en dit om Hom vasgebind. Daarna het Hy water in ‘n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het. (Johannes 13:4-5)

Weereens laat die Meester so baie van ons ons kop in skaamte sak.

’n Waardevolle les wat ek oor die verkondiging van die evangelie geleer het, is dat ’n mens nooit neerbuigend teenoor mense moet praat nie. So dikwels wanneer ’n prediker met ’n bediening begin, is hulle baie nederig, maar hoe meer hulle preek, hoe groter raak die risiko dat hulle arrogant en hoogmoedig raak. In plaas daarvan om God se skape te versorg, begin hulle God se skape veroordeel. Dit is nie wat die Here wil hê ons moet doen nie.

Jesus het gesê as jy die grootste in die koninkryk van God wil wees, moet jy bereid wees om die minste te wees. Hy het dit gewys, nie net deur wat Hy die mense geleer het nie, maar ook deur sy dissipels se voete te was.

Ons moet ons broers en susters dien terwyl ons nog kan. Maak vandag seker dat mense jou, ’n dienaar van God, nie as baasspelerig ervaar nie, maar jou as ’n nederige dienaar sien. Jy sien, die woord “bediening” beteken letterlik “om te dien”. En nederigheid is die teken van ’n groot man en vrou van God. Hoekom? Want Jesus self is nederig.

Bron: ‘n Mosterdsaad deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Duncan ·

Ek hou van predekers wat mense “veroordeel” soos u sê,ek gaan beslis nie kerk toe om te hoor hoe goed ek is nie,nie een van ons is goed ongekukkig,ek wil gevul word met die vrees van God en nie gemaklik voel binne die kerk in my sondes nie,PS ek sê dit in nederigheid

OW ·

@ Duncan.Ek kan nie met jou skrywe saamstem nie.Jy kan nie in nederigheid sê dat jy met die vrees van God vervul wil word nie.Nederigheid is deel van die Heilige Gees en God gee nie vir ons ‘n Gees van vrees nie maar van Liefde en selfbeheersing.Alle mense is sondaars,maar God spreek ons vry uit genade op grond van Jesus Christus se dood.Hy spreek mense vry net op grond van hulle geloof, en dit geld vir alle mense.As jy nie glo nie,is die kanse goed dat die vrees jou sal oorval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.