Lees Psalm 27
Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy godheid te belewe en daaroor na te dink. (Psalm 27:1)
Soos soveel van die psalms verwoord ook hierdie geliefde en die digter se liede vir die Here se huis, En vermoedelik word daar met “huis” meer bedoel as bloot ‘n struktuur met mure en ‘n dak. Dit is enige ruimte waar die Here se teenwoordigheid gevier word.
Dit maak ʼn kerkgebou “die Here se huis”. Ook ‘n eetkamertafel waar Hy vir die kos gedank word. En ‘n siekekamer waar om uitkoms gesmeek word. En ’nn leë plaasdam.
Die Here word nie ingehok of uitgesluit nie. Gelowiges vind Hom nie net tussen nege- en tienuur op ‘n Sondagoggend tussen kerkbanke nie. Hy kruip ook nie iewers in ’n donker hoekie weg en wag om op oortreders toe te slaan nie. Hy hoef nie ‘n geselskap “binnegenooi” te word nie. Niemand hoef na Hom op soek te gaan nie, en niemand hoef te wonder of hul gebede Hom ooit bereik nie. Hy is waar Hy is – en dit is waar sy kinders leef en beweeg, waar hulle skuiling en troos en sy aangesig soek.
Hy is alles behalwe “die man daarbo”. Hy is Immanuel, God by ons.
Daarom, sê hierdie psalmdigter, sal die Here hom onder sy sorg neem, selfs “al sou my vader en my moeder my verlaat”.
Here. U is my Vader en my Moeder, my Beskermer en my Versorger, van kindsbeen af tot nou toe. By U is ek tuis, hier waar ek kan sing en speel en in vrede oor u goedheid nadink. En kan vra: Wat wil U hê moet ek doen?
Dankie Vader vir U alomteenwoordige liefde.