Gedagte vir die dag: Dink met dank – my aftrede (3)

voetpad-brug-pixabay-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

U het talle benoude ervaringe oor my gebring, maar elke keer weer my lewe gered, my elke keer weer weggeruk uit die mag van die dood. (Psalm 71:20, Bybel in Afrikaans 1983/1992)

Ná aftrede kom daar soms groot besluite. Behalwe dit wat ek gaan doen, is dit veral besluite oor waar ek gaan bly. Dink sommer nou al vooruit. Dink jy dit sal beter wees vir julle om te bly waar julle is, of beter om te skuif? Die droomskuif vir baie mense is iewers na ’n lekker plek toe, by die see of op ’n wildsplaas. Later kom die moontlikheid van ’n aftreeoord wat fisiese versorging kan gee.

Meestal wíl ons glad nie hieroor dink voordat dit ongelukkig dringend noodsaaklik word nie, en dan dink mense meestal net aan die finansiële faset daarvan. Maar ons móét hieroor dink. Dink dus nou aan die emosionele behoeftes. Waar is my familie en vriende, en in watter omgewing voel ek tuis? En aan die fisiese: Waar gaan ons onvermydelike versorging die beste wees? Pasop vir die grootste fout, naamlik niksdoen. Gebruik dus vroegtydig dit wat die Here jou gegee het: verstand, advies en afhanklike gebed. Met wie moet jy dus nou dringend gesels, oor jou eie besluite of oor hulle s’n?

Psalm 71:20 vertel van vertroue – soos in die verlede, so ook nou.

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marcello ·

Ja. ek moet sê: Dit is nogal ‘n s”cary” ding om aan te dink, veral as jy finansiël moet oorleef. Want alles gaan op, en jou pensioen styg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.