Gedagte vir die dag:  Dit is daar!  

koring_somer_son_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ons het ons burgerskap in die hemel. (Filippense 3:20) 

Die hemel is nie hier nie, dit is daar. As ons alles wat ons wou gehad het hier ontvang het, sou ons hart hierdie wêreld begeer het in plaas van die volgende. God lei ons voortdurend op en weg van hierdie wêreld af, roep ons na Homself en sy steeds onsigbare koninkryk waar ons sekerlik sal vind waarna ons al so lank smag. ~ Elisabeth Elliot

“Moenie te gou praat nie. Moenie oorhaastig iets aan God belowe nie. Onthou: God is in die hemel en jy is op die aarde. Laat jou woorde min wees.” ~ Prediker 5:1

Ons wat weergebore is, sien uit daarna om na ons nuwe tuiste in die hemel te gaan en om die ewigheid saam met U deur te bring, Vader. Help ons om te doen wat U ons vra om hier op die aarde te doen, en laat dit met die regte gesindheid wees terwyl ons vir die dag wag wanneer ons na die hemelse stad sal gaan. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kornel ·

Amen, so waar.
Die DAG is naby, mense sal moet omkeer en terug beweeg na Jesus toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.