Gedagte vir die dag: Een Rut op ’n keer is oorgenoeg vir die Heer

hartseer-vrou-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Waar u doodgaan, sal ek ook doodgaan en daar begrawe word. Mag die Here dit so laat gebeur. Net die dood sal ons skei. (Rut 1:17)

Ons lees in die boek Rut van Rut wat saam met haar skoonma, Naomi, uit Moab terugkeer na Israel nadat beide se man gesterf het. Dit is ’n gevaarlike ding vir Rut om te doen. Deuteronomium 23:3 sê geen Moabiet mag deel wees van die vergadering van Israel tot in die tiende geslag nie. Rut het geweet Israeliete skud op seremoniële wyse die stof van hulle voete af as hulle uit nie-Joodse gebiede soos Moab in Israel aankom. Nou daag sy as Moabiet in Israel op. Sy is die menslike stof wat nie so maklik in Israel afgeskud kan word nie, want Naomi se God is nou ook haar God. Rut se afkoms, taal en kultuur tel teen haar, maar haar geloof het hierdie hoë berg stukkie vir stukkie geskuif. Sy het Boas se hart gewen. Uiteindelik het Rut en Boas getrou. Koning Dawid is later uit hulle nageslag gebore. Die beste nuus van alles: Ook Jesus kom uit hulle nageslag na sy mensheid.

Rut se verhaal wys hoe een mens reuse hindernisse kan oorkom. Die Here het nie aldag skares nodig om dinge om te draai nie; een Rut op ’n slag is oorgenoeg.

’n Veilige VestingBron: ‘n Veilige Vesting deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here hoe wonderbaar die werke van U hande maak ons oe en ons ore oop…….U is soveel meer as waarvoor ons U krediet gee…..die Skepper van alle dinge…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.